Patrisiërs & prinse. Die Europese samelewing en die stigting van 'n kolonie aan die Kaap 1919-1715

Patrisiërs & prinse is die eerste deel van 'n vyfdelige reeks oor vroeë blanke vestiging aan die Kaap.
23030_
9781869191573
nicht mehr lieferbar
neu
35,00 € *

Titel: Patrisiërs & prinse
Subtitel: Die Europese samelewing en die stigting van 'n kolonie aan die Kaap 1919-1715
Skryver: Karel Schoeman
Uitgewer: Protea Boekhuis
Pretoria, 2008
ISBN: 9781869191573
Hardeband, 18x25 cm, 436 bladsye, Afrikaans


Beskrywing:

Patrisiërs & prinse is die eerste deel van 'n vyfdelige reeks oor vroeë blanke vestiging aan die Kaap. In dié deel beskryf Karel Schoeman die sewentiende-eeuse Europese wêreld waarin Jan van Riebeeck en sy tydgenote grootgeword het. Hierdie wêreld vorm die agtergrond van die verversingspos wat die VOC in 1652 by Kaap die Goeie Hoop sou stig.

In die eerste twee hoofstukke en in hoofstuk 4 word die opkoms en hoogbloei van die Nederlandse Republiek bespreek. Die Frankryk van Lodewyk XIV kry in hoofstuk 3 aandag, met klem op die toenemende oorheersing van Europa deur die Franse kultuur. Besonder boeiend is die dele wat gewy word aan die opkoms van die hoë burgerstand in Nederland en die versamelaarsdrif wat deur dié stand se welvaart en die kontak met Nederland se kolonies moontlik gemaak is.

In die laaste twee hoofstukke wys Schoeman daarop dat Europa in die sewentiende eeu nog besonder naby aan die Middeleeue gestaan het en bespreek hy die soms skokkend primitiewe lewenswyse wat maar geleidelik nader aan die moderne beweeg het.

Weitere Empfehlungen zu Patrisiërs & prinse. Die Europese samelewing en die stigting van 'n kolonie aan die Kaap 1919-1715