Annerlike Afrikaans. Woordeboek van Afrikaanse kontreitaal

Annerlike Afrikaans - Woordeboek van Afrikaanse kontreitaal bring meer as 700 kontreie na die mense toe om te geniet en te vergelyk.
24037_
9781869192655
nicht mehr lieferbar
neu
29,95 € *

Titel: Annerlike Afrikaans
Subtitel: Woordeboek van Afrikaanse kontreitaal
Skryver: Anton F. Prinsloo
Uitgewer: Protea Boekhuis
Pretoria, 2009
ISBN: 9781869192655
Sagteband, 15x22 cm, 536 bladsye, Afrikaans


Beskrywing:

Taalkundiges sal openbarende taalverskynsels vind in hierdie kontreiwoordeboek van dr. Anton Prinsloo. Dit is egter veel meer as ’n woordeboek want dit sal ure se leesgenot verskaf aan lesers wat belangstel in daardie woorde en uitdrukkings wat deur baie jare heen deel geword het van ’n kontrei se eiegoed. Met hierdie boeiende werk bring hy die taal van meer as 700 kontreie na die mense toe om te geniet en te vergelyk, aan te vul en lewend te hou.

Lesers wat nie ’n annerlike kontrei se taal kan slat nie, hoef dus nie daaroor kop te vreet nie. Hierdie omvattende woordeboek plaas die gewoonlike Afrikaans uit die kontreie op skrif vir inkommers en vir ingesetenes wat wil klont oor kontreitaal. Dié eienaardig mooie woordeboek ontgin annerlike Afrikaans op so ’n manier dat geen leser meer uitgesluit hoef te wees van diegene wat eenspaaierig handel nie want alles wat hierin opgeteken is, is koek van een deeg. Dit kouboe die taal vir oueres wat daarmee vertroud is en vir jongeres is dit brandhout om vir die oudag bymekaar te maak.

Weitere Empfehlungen zu Annerlike Afrikaans. Woordeboek van Afrikaanse kontreitaal