Gee my ’n Mán! Die beginjare van die Kalahari-gemsbokpark

Gee my ’n Mán! is die story van die beginjare van die Kalahari-gemsbokpark en Veldwagter Joep le Riche.
Kloppers, Hannes
23516_
9781869193522
nicht mehr lieferbar
neu
15,50 € *

Outeur: Hannes Kloppers
Uitgewer: Protea Boekhuis
Pretoria, 2010
ISBN: 9781869193522
Sagteband, 14x21 cm, 280 bladsye, Afrikaans


Beskrywing:

Veldwagter Joep le Riche en die Kalahari-gemsbokpark was baie jare lank sinoniem.

Kort ná hierdie gebied as wildtuin geproklameer is, word dit Joep en die park se eerste bruin veldwagter, Gert Mouton, se taak om die ongenaakbare dog pragtige droë streek te tem.

Joep se avonture en nagmerries stel ’n wêreld aan die leser bekend waar veldwagters en hul konstabels nog kilometers op die rûe van skommelende kamele aflê, leeus moet trotseer en astrante wilddiewe behoorlik laat les opsê.

Die skrywer betrek ook die oorlog van die legendariese Hendrik Witbooi teen Suidwes-Afrika se Duitse bewind en vertel van diegene wat op Gilarmi A. Farini se spoor gaan soek het na die Verlore Stad van die Kalahari.

Humor en swaarkry gaan hand aan hand in hierdie boeiende en insiggewende vertelling. Hannes Kloppers was ’n veldwagter in die Krugerwildtuin en ook die outeur van Veldwagter!