Halala Afrikaans

In Halala Afrikaans word ’n bondige oorsig gegee van waar Afrikaans vandaan kom, wie hom praat, skryf, gebruik en misbruik.
Hugo, Daniel
24035_
978-1-86919-292-1
nicht mehr lieferbar
neu
15,50 € *

Titel: Halala Afrikaans
Skrywer: Daniel Hugo
Uitgewer: Protea Boekhuis
Pretoria, 2009
ISBN 9781869192921 / ISBN 978-1-86919-292-1
Sagteband, 15x22 cm, 176 bladsye, Afrikaans

Beskrywing:

Afrikaans is die grootste nie-rassige prestasie in ons Suiderland sover. Gesamentlik geskep deur mense van drie vastelande – Afrika, Asië en Europa. En daarom is dit nie die besit van eensydige politieke partye nie, maar behoort dit aan almal wat dit praat, skryf en liefhet. En daarom ook is my taal my beste wapen teen rassisme. Jan Rabie, 1992

Hierdie uitspraak van die Afrikaanse Outeur Jan Rabie dien as die uitgangspunt van hierdie opwindende nuwe boek oor Afrikaans. Afrikaans is oor die afgelope drie eeue al baie dinge genoem: die jongste Germaanse taal én Afrikataal, kombuistaal én parlementstaal, witmanstaal én hotnotstaal, onderdrukkerstaal én bevrydingstaal, Christentaal én Moslemtaal, elitistiese taal én omgangstaal, plat taal én poëtiese taal.

In hierdie “storie van Afrikaans” word ’n bondige oorsig gegee van waar Afrikaans vandaan kom, wie hom praat, skryf, gebruik en misbruik. In tye van voorspoed én van teenspoed het Afrikaans bewys dat hy ’n lewenskragtige, skeppende en bowenal nuttige taal is. Bekendes en kundiges van Afrikaans soos Nicol Stassen, Dr. Anton Prinsloo, Jaco Jacobs, Dr. Gawie Bothma, Dr. Andries “Roof” Bezuidenhout, Braam Muller, Prof. Annette de Wet en Danielle Heyns het bydraes gelewer tot hierdie werk.

Weitere Empfehlungen zu Halala Afrikaans