Titel: Boereverneukers
Ondertitel: Afrikaanse swendelaars, swierbolle en swerkaters
Skryver: Izak du Plessis
Uitgewer: Penguin Random House South Africa
Penguin Niefiksie
Kaapstad, Suid Afrika 2017
ISBN 9781776092185 / ISBN 978-1-77-609218-5
Sagteband, 15 x 24 cm, 201 bladsye
Boereverneuker, -s, kwaksalwer, bedrieër; ook spottend vir prokureur gebruik. Hulle is sjarmant, galant, elegant, belese, berese, gelowig, bedagsaam, selfversekerd, hiperintelligent... en jy kan nie help om van hulie te hou nie. Maar eintlik is hulle glibberige gladdebekke wat jou in 'n ommesientjie platsak gaan laat. Want hulle lieg, bedrieg, gee voor. Hulle verdraai, verdoesel, verduister, verwoes. En as jy jou oë uitvee, is jy nie net jou geld kwyt nie, maar ook jou reputasie en status, terwyl die gladdebek lankal soos mis voor die móreson verdwyn het. Sommige van hulle is so goed dat hulle selfs bewonder word ten spyte van hul verfoeilike skelmstreke. Boereverneukers vertel die stories van Afrikaanses wat van die grootste skelmstreke gepleeg het.
Van die karakters is minder bekend, maar ander het byna mitiese status in die Afrikaanse psige verwerf, soos die kubuskoning Adriaan Nieuwoudt, die pynmasjienman Gervan Lubbe, die kamma-pediater André Esterhuizen, die Hertzogville-profeet David Francis en die beesbaron Arnold Smit. Selfs die ikoon van die Afrikanerdom, president Paul Kruger, het vir hom 'n plekkie in die annale van Boereverneukers geskrop. Dalk help hierdie stories jou om vir jouself te lag, aan te gaan met jou lewe en voortaan versigtiger te wees as jy dalk al die slagoffer van 'n boereverneuker was.
Inleiding
Scotty Smith, die Robin Hood van die Kalahari
Paul Kruger, #paulmustfall,
Cecil Barnard, Bvekenya
Fritz Joubert Duquesne, die Swart Luiperd
Pierre Basson, 'n gebore skurk
Ruitertjie Ruiters, die leeu van die Langkloof
Derek Whitehead en Willem Antonie van der Merwe, die groot Trustbank-rooftog
Adriaan Nieuwoudt, die kubuskoning
André Esterhuizen, die swendeldokter
Martin Radloff, die Houdini van die misdaadwêreld
Gervan Lubbe, die kaal keiser
David Francis, die profeet van Hertzogville
Arno Smit, die beesbaron
Ralph Haynes, die Godfather van die Wes-Rand
Bronnelys