Beeld van die SWA Gebiedsmag

Die doel van Beeld van die SWA Gebiedsmag is om die ontstaansgeskiedenis en ontwikkeling van die SWA Gebiedsmag te skets.
Snyman, P.H.R.
beeld-van-die-swa-gebiedsmag
0-621-12642-X
nicht mehr lieferbar
gebraucht
89,00 € *

Titel: Beeld van die SWA Gebiedsmag
Skrywer: P. H. R. Snyman
Uitgewer: Openbare Betrekkinge, SA Weermag
Pretoria, Suid Afrika, 1989
ISBN 062112642X / ISBN 0-621-12642-X
ISBN 13: 9780621126426
Oorspronklike hardeband en stofomslag, 21 x 30 cm, 104 bladsye, baie s/w fotos, Afrikaans teks

Toestand:

Goeie tostand. Goed gebind, skoon binne.
Skars.

Oor: Beeld van die SWA Gebiedsmag

Die uiteindelike demobilisering van die SWA Gebiedsmag op 27 Mei 1989 was nie net 'n sleutelelement in die toepassing van die onderhandelde skikplan vir die onafhanklikwording van SWA/Namibië nie, maar ook die afsluiting van 'n belangrike era in dié streek se militêre geskiedenis. Tog was die SWA Gebiedsmag nie eens 'n faktor nie toe die VVO skaars 'n dekade gelede Resolusie 435, die grondslag vir die huidige onafhanklikheidsplan, aangeneem het. Met die implementering van die skikplan op 1 April 1989 het SWA/Namibië oor 'n formidabele verdedigingsmag met 8 voltydse vegbataljons, verskeie spesialis-, opleidings- en logistieke eenhede, 'n burgermagbrigade en 'n imponerende areamagstelsel beskik, groter as dié van 40 ander Afrika-State.

Operasioneel het die SWA Gebiedsmag hom deeglik laat geld, soos bewys is deur die wyse waarop Suidwes se eie vegters SWAPO se infiltrasie op 1 April 1989 die hoof gebied het: die meeste soldate was reeds tuis en hul wapens agter slot en grendel toe die oproep kom dat hulle weer nodig was om hul land en mense te beskerm. Die laaste taak is suksesvol en met onderskeiding afgehandel sodat die vredesproses teen middel Mei weer op spoor kon kom. Hierdie Beeld van die SWA Gebiedsmag is die eerste poging om die merkwaardige verhaal van die ontstaan en groei van die Gebiedsmag in boekvorm vas te lê: op 'n tydstip waar dié aangeleentheid vir 'n groot deel van SWA se mense nog na aan die hart lê, en waar ieder en elk dit sal verwelkom. Die boek 'Beeld van die SWA Gebiedsmag' word ook ryklik geïllustreer.

Sonder om afbreuk te doen aan die Gebiedsmag se historiese wortels, wat terugstrek na 1922 toe inwoners van SWA/Namibië vrywillig saam met die Unieverdedigingsmag opgetrek het om die Bondelswarts-rebellie te vervolg agter onderdruk en die Tweede Wêreldoorlog toe die SWA Infanteriebataljon op die been gebring is, word die rol van die grenskonflik met die South West Africa People's Organisation in die totstandkoming van die SWA Gebiedsmag in besonderhede uitgelig. Hoofstukke word ook gewy aan die hoofkwartier- en ondersteuningselemente, die reserwemag, die voltydse mag en sosiaal-ekonomiese steun wat deur die SWA Gebiedsmag en SA Weermag verleen is. Nogtans is die volledige verhal van die Gebiedsmag nog nie vertel nie, maar riglyne word ongetwyfeld neergelê vir toekomstige navorsers en skrywf wat dié interessante tydvak wil deurgrond, net soos wat die Gebiedsmag die fondamente vir 'n onafhanklike Namibiese Weermag daargestel het.

Inhoud: Beeld van die SWA Gebiedsmag

VOORWOORD
INLEIDING

DEEL I: AGTERGROND
Ontstaan en eskalasie van die konflik in Suidwes-Afrika/Namibië
Van Cassinga tot die Lomba
DEEL II: DIE SWA GEBIEDSMAG
Hoofkwartiere en Ondersteuningselemente
Die Reserwemag
Spesialis- en Opleidingseenhede
Die Voltydse Hulpdienseenhede
Sosiaal-ekonomiese bydrae
TEN SLOTTE
VERKORTE BRONNELYS