Alfabet van die Voëls

Alfabet van die Voëls is wyd leesbaar met prikkelende stories, ideeryk met nuwe ruimtes, gebeure en karakters.
Naudé, S. J.
26015
978-1-4152-0145-9
sofort lieferbar
neu
19,95 € *

Titel: Alfabet van die Voëls
Skryver: S.J. Naudé
Typ: Roman
Uitgewer: Umuzi; Random House Struik
Kaapstad, Suid Afrika 2011
ISBN 9781415201459; ISBN 978-1-4152-0145-9
Sagteband, 14 x 22 cm, 240 bladsye

Oor: Alfabet van die Voëls

"Die verbysterende verskeidenheid verhale in SJ Naudé se merkwaardige bundel Alfabet van die voëls tel onder die bestes in Afrikaans, gebou op terugkerende motiewe en gegewens soos musiek; vertrek en reis; sprokies en mites; siekte, aftakeling, sterwe en dood; stede; ’n soek na herkomste en oorspronge; vergeet en onthou; instink en rede; dit wat beskryf of gesê is teenoor dit wat vir altyd onuitgespreek of onbeskryfbaar bly; of die plek en gedaantes van die liefde in menslike verhoudings … dit alles vorm op ’n manier ’n herbesoek aan Willem van der Berg se Reisigers na nêrens (1946) in die post-apokaliptiese toonaard van die 21ste eeu. Vir enige leser wat wil bybly by wat op die voorpunt van die Afrikaanse literatuur gebeur, is hierdie bundel werklik onmisbaar", skryf André P Brink.