Windhoek: Ons Erfenis, deur Christine Marais

Windhoek: Ons Erfenis, deur Christine Marais. Uitgewer: Gamsberg Macmillan. Tweede uitgawe. Swakopmund, Namibia (1986/1999). ISBN 0868482609 / ISBN 0-86848-260-9

Windhoek: Ons Erfenis, deur Christine Marais. Uitgewer: Gamsberg Macmillan. Tweede uitgawe. Swakopmund, Namibia (1986/1999). ISBN 0868482609 / ISBN 0-86848-260-9

Uit die boek Windhoek: Ons Erfenis, deur Christine Marais, wys hierdie beelde die Gevangenis, die Heynitzburg, die Schwerinsburg (Sperlingslust) en die land hius Ludwigslust.

Uit die boek Windhoek: Ons Erfenis, deur Christine Marais, wys hierdie beelde die Gevangenis, die Heynitzburg, die Schwerinsburg (Sperlingslust) en die land hius Ludwigslust.

Die volgende teks uit die boek 'Windhoek: Ons Erfenis' beskryf die Gatheman-huis, die August Stauch-huis en die Christuskerk in die hoofstad van Namibië, Windhoek. Hierdie en ander juwele van die Duitse koloniale argitektuur het Christine Marais geteken en geillustrier.

Christine Marais  

Die Alte Feste

Die ontwerp van die Alte Feste, deur Curt von François self gedoen, het voorsiening gemaak vir 'n kaserne-binneplein met hoë mure en manskapskamers aan die binnekant, asook vier uitstaande hoektorings. Na die hoeksteenlegging op 18 Oktober 1890 het 14 Schutztruppler onder meestermesselaar Tünschel se leiding onmiddellik aan die werk gespring. Toe luitenant Franz J. von Bülow die Feste in 1891 gesien het, was die bouwerk nog aan die gang. Hy het die strategiese ligging geprys, maar die gebou as voorlopig beskou, a.g.v. die wind en stof wat deur die skietgate gekom het. Die bouadministrasie het in 1901 die hele wesfront hernieu, 'n stoep van die een toring na die ander gebou en die skietgate deur vensters vervang. Die Feste was nooit betrokke by krygshandelinge nie. Die latere geskiedenis het sy veelsydigheid bewys. Dit is in 1915 as hoofkwartier van die Unietroepe gebruik, in 1935 as koshuis vir die Windhoek-hoërskool gebruik, in 1957 tot 'n Nasionale Gedenkwaardigheid verklaar, en in 1962 deur die historiese afdeling van die Windhoekse Staatsmuseum in gebruik geneem.

Gathemann-huis

Die gebou is in 1913 vir mnr. Heinrich Gathemann, burgemeester van Klein Windhoek en lid van die Landesrat, as 'n woon- en sakegebou opgerig. Die grondverdieping het 'n hekdeurgang en, soos vandag nog, winkels met groot vertoonvensters gehad. Kleurryke skerms het hulle teen die son beskerm en die fassade mooier tot sy reg laat kom as die deurlopende skadudak. Die woonverdieping daarbo het 'n keurige argitektoniese eífek; die deur suile aangeduide loggia-openinge beklemtoon die simmetrie en grootte van die gebou. In hoeverre die argitek daarin geslaag het om "die besondere veelvoud van die dak-landskap" (Peters) uit te bring, het vir sy tydgenote 'n ope vraag gebly. In elk geval verleen hierdie gebou saam met die twee naburiges, albei deur Wilhelm Sander ontwerp, 'n geslote straatbeeld, waarvan 'n mens die voortsetting in 'n suidelike rigting, indien dit nog moontlik is, sou verwelkom.

Die Christuskerk

In die vroeë jare van sy bestaan moes die Evangelies-Lutherse gemeente met 'n bidsaal volstaan. Die bou van 'n eie kerk is aanvanklik a.g.v. die kwessie van 'n plek en later deur die opstande vertraag. Die regeringsboumeester G. Redecker is versoek om die ontwerp in te dien, en in 1907 is die hoeksteen van die Christuskerk gelê. Die sandsteen wat vir die fondament en mure nodig was, is in die nabyheid gebreek en d.m.v. 'n veld-spoorlyn aangery. Die rustieke mure, suileportaal en gewelf maak die gebou tipies van die nieu-romantiese tyd. Die gewelfde sygewels en boogvensters is vorme van die destydse "Jugendstil" en die spits Gotiese toringhelm stem ooreen met die gebruiklike verwagtingsbeeld van 'n kerk. Redecker het daarin geslaag om die "metamorfose van verskeie style tot 'n skilderagtige bouliggaam" (W. Peters) te verenig. Die koste, wat 360 000 mark beloop het, het die kwotasie oorskry, maar die gemeente het hulp uit alle oorde ontvang; so ook het die orrel, die klokke en die gekleurde glasvensters van Duitsland gekom. Op 16 Oktober 1910 is die kerk onder groot deelname as vredesdenkmaal ingewy. Práses Olpp van die Rynse Sending het die feesrede gehou.

August Stauch-huis

Hierdie huis is in 1908 vir 'n regeringsamptenaar gebou, wat verkies het om in 'n eie huis i.p.v. 'n regeringshuis te woon. Otto Busch, wat ook verskeie ander villas in die laer dele ontwerp het, het die plan vir hierdie smaakvolle landhuis geteken, wat so natuurlik en ongedwonge by die omgewing inskakel. Vanaf die hoogte van Schanzenberg bied dit 'n pragtige uitsig in alle windrigtings. Die voortreflike ligging het August Stauch, bekend i.v.m. die ontdekking van diamante langs die spoorlyn na Luderitzbucht, laat besluit om die huis te koop. 'n Later vergroting van die huis met 'n goed aangepaste piramidedak is ontwerp deur die argitek Max Gartze.

Dit is 'n uittreksel uit die boek Windhoek: Ons Erfenis, deur Christine Marais.

Titel: Windhoek. Ons Erfenis
Illustrasies: Christine Marais
Uitgewer: Gamsberg Macmillan
Tweede uitgawe. Swakopmund, Namibia (1986/1999)
ISBN 0868482609 / ISBN 0-86848-260-9
Hardeband, 24 x 33 cm, 80 bladsye, 36 kleur printing, 1 kaart, teks in Afrikaans, Duits en Engels

Marais, Christine im Namibiana-Buchangebot

Swakopmund. Eine kleine Chronik (Erstauflage 1982)

Swakopmund. Eine kleine Chronik (Erstauflage 1982)

Swakopmund. Eine kleine Chronik, Erstauflage von 1982 zum 90. Gründungstag Swakopmunds.

Namib Flora: Swakopmund to the Giant Welwitschia via Goanikontes

Namib Flora: Swakopmund to the Giant Welwitschia via Goanikontes

Namib Flora: Swakopmund to the Giant Welwitschia via Goanikontes is aimed at making your trip to Namibia more interesting.

Luderitz: Unser Erbe

Luderitz: Unser Erbe

Dieser Kunstband stellt das bauliche Erbe der Stadt Luderitz in wunderschönen Illustrationen zahlreicher historischer Gebäude und Panoramen vor.

Windhoek. Ons Erfenis

Windhoek. Ons Erfenis

Windhoek: Ons Erfenis is 'n moie versameling van argitektoniese illustrasies van die hand van die kunstenaar Christine Marais.

Windhoek: Our Heritage

Windhoek: Our Heritage

In the early 1980's Namibian artist Christine Marais created her much loved impressions of the architectural heritage of Windhoek.

Windhoek: Unser Erbe

Windhoek: Unser Erbe

Der Kunstband 'Windhoek: Unser Erbe' der namibischen Künsterlin Christine Marais ist ein wunderbarer Beitrag zur Architekturgeschichte der Haupstadt Namibias.

Swakopmund: Ons Erfenis

Swakopmund: Ons Erfenis

Moie versameling van illustrasies en beskrywings van die erfenis van Swakopmund, sy historiese duitse geboue.

Swakopmund: Our Heritage

Swakopmund: Our Heritage

A fine collection of ink, water-colour and pastel drawings reflects and describes the old German colonial buildings, the heritage of Swakopmund.

Swakopmund: Unser Erbe

Swakopmund: Unser Erbe

Schöne Sammlung von Tinten-, Aquarell- und Pastellzeichnungen und Beschreibungen des Erbes Swakopmunds, der deutschen Architektur und historischen Gebäude.

Erlebnis Etoscha

Erlebnis Etoscha

"Erlebnis Etoscha" ist eines der schönsten illustrierten Naturkundebücher über Tiere, Planzen und Orte des Etoscha Nationalparks.

Swakopmund gestern und heute

Swakopmund gestern und heute

Swakopmund gestern und heute ist eine reizend illustrierte Studie der historischen Mitte der Seestadt am Atlantik.

Landshapes. The Geomorphology of Namibia

Landshapes. The Geomorphology of Namibia

Beautifully explains the geomorphology and the natural shapes of the Namibian landshapes, with paintings, diagrams and text.

Namib Flora. Von Swakopmund zur grossen Welwitschia über Goanikontes

Namib Flora. Von Swakopmund zur grossen Welwitschia über Goanikontes

Dieser botanische Klassiker stellt die Flora der Namib in den Regionen Swakopmund und Goanikontes vor.

Birding in Namibia

Birding in Namibia

Beautifully illustrated birding guide to selected and well described sites in Namibia.

Damaraland Flora. Spitzkoppe, Brandberg, Twyfelfontein. English version

Damaraland Flora. Spitzkoppe, Brandberg, Twyfelfontein. English version

Damaraland includes the area of the Spitzkoppe, the Brandberg and Twyfelfontein, which inhabit a very special flora.

Passage through Time. The Fossils of Namibia

Passage through Time. The Fossils of Namibia

Fossils and palaeontological research in Namibia

Damaraland Flora. Spitzkoppe, Brandberg, Twyfelfontein

Damaraland Flora. Spitzkoppe, Brandberg, Twyfelfontein

Im Damaraland befinden sich die Gebiete der Spitzkoppe, des Brandbergs und Twyfelfonteins, deren Flora hier ausführlich beschrieben ist.

Namibias bunte Vogelwelt

Namibias bunte Vogelwelt

Wunderbar illustrierter ornitologischer Kunstband über die Vogelschutzgebiete und die bunte Vogelwelt Namibias.

Waterberg Flora. Wanderwege im Touristenlager

Waterberg Flora. Wanderwege im Touristenlager

Botanischer Namibia-Führer über die Wanderwege zur Flora des Waterbergs im Umfeld des Touristenlagers.