Werfsonde, deur Kleinboer

Werfsonde, deur Kleinboer. Random House Struik Umuzi. Kaapstad, Suid Afrika 2012. ISBN 9781415202043 / ISBN 978-1-4152-0204-3

Werfsonde, deur Kleinboer. Random House Struik Umuzi. Kaapstad, Suid Afrika 2012. ISBN 9781415202043 / ISBN 978-1-4152-0204-3

Kleinboer sy roman Werfsonde is 'n unieke storie, maar dit is in die taal en in die beskrywing van die klein oomblikke, die klein detail, wat die groter prentjie van ’n groot skrywer na vore kom.

Kleinboer  

[...] In die oggend is my bloedsuiker laag en is ek nog te droomverlore om te gesels. Daar is 'n wolk gedagtes in en om my kop waaraan ek alleen aandag wil gee. (Francois van Fokofpolisiekar sou 'n "fokof!" van my gekry het as hy soggens vir my kom sing het "Kan jy my skroewe vir my vasdraai?" Of ek sou sy skroewe so styf vas-gedraai het dat sy stembande nie meer kon vibreer nie.) Jomo kom soms geselsies maak terwyl ek in die bad lê. Hy noem my Daddy, ons praat meestal Engels met mekaar, wel ook Afrikaans, dis een van sy skoolvakke. Ek kan my kop knik en half outomaties frasetjies kwytraak wanneer hy oor musiek en reke-naars en karre praat, maar ek raak befoeterd as hy so vroeg in die dag besluite op my probeer afdwing, soos "Na watter hoërskool gaan ek volgende jaar?" of "Kan ek geld kry om 'n cd te koop?" Vanoggend terwyl ek aantrek om werk toe te ry en my laaste bietjie soet koffie uit die koppie afsluk, het Jomo kom neul dat ek hom Saterdag se sakgeld (R20) vooruit moet gee. Ek het gebrul, hom gewys ek het net 'n honderdrandnoot in my beursie. Hy het aanhou neul dat hy geld nodig het oor 'n vriend in die middag kom kuier, kan ons die noot nie gaan kleinmaak by 'n winkel nie. Ek het Rockeystraat toe gejaag en brood en melk gekoop, terug-gejaag huis toe en hom r20 gegee. Hy het so dankbaar gelyk dat ek jammer gemompel het oor ek so beneuk was. (Dis die tipe huis-like omstandighede wat 'n baas in ag moet neem as mens laat by die werk aankom.) Tot tyd en wyl ek 'n ander kar koop, gaan my langbroeke altyd vuil wees. Olie lek stadig iewers vanuit my ou wit Mercedes-Benz en dam geleidelik op die vloer onder die stuurkolom op en sypel boontoe deur die matjie. 'n Mechanic het gesê dit sal baie duur wees om die fout te soek en die lekkasie te stop. My skoensole raak gevolglik oliebesmeerd, en wanneer my bene beweeg soos wat ek die pedale intrap, smeer die olie aan my broek af by die enkels. Gelukkig is ek 'n taalversorger, en soos die hoofsub by Faimei's Weekly gesê het: "Sub-editors are notoriously bad dressers. It goes with the territory." Ja, dis oordat ons nie met die publiek werk nie. Ons hoef kliënte nie te beïndruk met modieuse en ultraskoon klere nie, ons sit afgesonderd in 'n kantoor en werk met teks. Ek dra darem donker broeke om die vuiligheid half te verbloem. Dis asof die sirkusdier in my telkens in die eerste uur of twee by die werk weer getem moet word voor ek behoorlik kan werk. Ek kan voor middagete moeiteloos stringe e-posse aan my tweeling-broer skryf, maar my werk kry ek nie mooi beet nie. Nog net een e-pos vanoggend, dan gaan ek wragtig aan die gang kom met die lang boerdery-artikel wat wag om versorg te word:

Wat is toeval?

Toeval is byvoorbeeld wanneer 'n muggie agter boude verby-vlieg op die oomblik wanneer 'n harde wind gelaat word. Dis 'n beproewende tydsgewriggie - die arme muggie word in 'n oogwink skuins die lug ingestu deur 'n onwelriekende orkaan, darem nie met noodlottige gevolge nie, tensy dic aggressiewe lugstroom hom hard teen 'n muur aanwaai, of erger, in 'n braaivuur se vlamme laat bcland. 'n Muggie wat só 'n wind oorleef, sal 'n interessantc storietjie hê om te vertel, maar muggies kan nie praat nie. [...]

Dit is 'n uittreksel uit die roman: Werfsonde, deur Kleinboer.

Titel: Werfsonde
Genre: Fiksie
Skryver: Kleinboer
Uitgewer: Random House Struik - Umuzi
Kaapstad, Suid Afrika 2012
ISBN 9781415202043 / ISBN 978-1-4152-0204-3
Sagteband, 15 x 22 cm, 240 bladsye

Kleinboer im Namibiana-Buchangebot

Werfsonde

Werfsonde

Werfsonde is ’n verwysing na verslawing aan swart prostitute, maar al is daar baie gemene delers, is Werfsonde ’n veel meer genuanseerde, menslike verhaal.

Midnight Missionary

Midnight Missionary

Midnight Missionary lifts the scab on a distorted society, turns political correctness on its head and pokes a finger into a cultural grey area.

Weitere Buchempfehlungen

Emma en Nella

Emma en Nella

Emma en Nella is EKM Dido se sesde roman. Die verhaal het oorspronklik as ’n baie gewilde vervolgverhaal in Die Burger verskyn.

Vier briewe vir Jan Ellis

Vier briewe vir Jan Ellis

Met Vier briewe vir Jan Ellis debuteer die bekende sanger, Steve Hofmeyr, as prosaskrywer.

Die Doelgerigte Lewe

Die Doelgerigte Lewe

Die doelgerigte lewe sal jou na grootsheid lei omdat jy volgens die Groot Gebod en die Groot Opdrag leef.

Alfabet van die Voëls

Alfabet van die Voëls

Alfabet van die Voëls is wyd leesbaar met prikkelende stories, ideeryk met nuwe ruimtes, gebeure en karakters.

'n Dans met die dood

'n Dans met die dood

'n Dans met die dood onthul diep ontstellende insigte in die gemoed van ’n anoreksielyer.

Oulap se blou

Oulap se blou

Die stories, veertig kort vertellings, in Oulap se blou is reise: na plekke, na tye her, na mense, na binne.