Vuilspel, deur Bettina Wyngaard

Vuilspel, deur Bettina Wyngaard. Random House Struik Umuzi. Kaapstad, Suid Afrika 2013. ISBN 9781415203873 / ISBN 978-1-4152-0387-3

Vuilspel, deur Bettina Wyngaard. Random House Struik Umuzi. Kaapstad, Suid Afrika 2013. ISBN 9781415203873 / ISBN 978-1-4152-0387-3

As die hoofkarakter van jou spanningsverhaal bruin en lesbies is, het jy reeds genoeg om jou misdaadroman van die meeste ander te onderskei. En dis presies wat Bettina Wyngaard met Vuilspel doen.

Bettina Wyngaard  

Die samedromming van nuuskieriges en die flitsende blou ligte van die polisievoertuie kondig van ver af die toneel aan. Gras en bossies skuur teen die onderkant van die vangwa. "Hel, Peters, ek is nou éers bly ek het die kar wat hulle vanaand vir my wou gee by die stasie gelos. Daai staats-Golf met die flentervere sou dit nooit hier gemaak het nie." Nicci se oë is vasgenael op die toneel in die verte terwyl hulle oor die ongelyke grond bons. "Dis nog 'n entjie verder, kaptein, anderkant daai bome. Jy kan die wrak nie van hier af sien nie," beduie Peters met sy hand. Nicci kyk oor haar skouer terug na waarvandaan hulle gekom het. Die naaste huise is alreeds buite sig. "Hoekom het ek 'n nare gevoel dat ons nie oorval gaan word deur getuies nie? Hierso is nie 'n huis in sig nie, en die tipe ouens wat hier paartie met tik en wie weet wat nog, het hulle eie redes om nie met ons te wil praat nie. Ek wens dat ons net één keer 'n straightforward saak kry waar al die getuies nugtet, wetsgehoorsame burgers is wat die polisie graag wil help." Sy sug en verskuif haar voete ongeduldig. "Ja, kaptein, en jy glo seker nog in Vader Krismis en die tandemuis ook." Peters se kneukels is wit op die stuurwiel. Die vangwa se kopligte gooi verwronge skaduwees oor die gras en die ruigte. "Ontspan, Peters." Nicci probeer kalm klink, maar haar kollega se gespannenheid is aansteeklik. Sy sit haar hand op die dienspistool aan haar heup. Peters blaas sy asem stadig uit, voordat hy met merkbare inspanning sy skouers laat sak. "Dié ding dat die toneel so afgeleë is, is 'n mixed blessing, kaptein. Aan die een kant is daar nie baie foot traffic wat duurkom nie. Ons sal definitief leidrade kry. Maar aan die ander kant, getuies gaan skaarser as hoendertande wees." - "Wie het die voorval gerapporteer, Peters?" - "Besigheidsman in sy Range Rover wou bietjie 'gesels' met ons eic Luscious Lisa. Blykbaar kom hulle gereeld hierheen. Needless to say, toe hy om die bome ry en die brandende kar sien, was hy nie meer in dic mood vir gesels nie. Hy't haar gaan aflaai waar hy haar opgetel het en weggejaag. Lisa het die brandweer gebel, maar teen die tyd dat hulle hier kom, was als oor. Hulle het die liggaam van 'n vrou gesien en ingebel." - "Ek dag dan Lisa het haar tricks laat staan? Ek sien haar glad nie ecer by die winkelkompleks nie." Peters trek net sy skouers op. "You can take the girl out of the streets ... Lisa moet ophou tik, dan kan sy miskien van die straat af wegkom, maar dis al manier." Soos wat hulle nader aan die plaat bome beweeg, begin Nicci se hart al hoe vinniger klop. Dan stop Peters die voertuig en klim sy stadig uit, hand steeds op haar pistool. "Kaptein De Wee," groet 'n polisieman haar in die verbygaan. Sy knik afgetrokke haar kop, klaar besig om die toneel in te neem. Haar eerste indruk is van 'n verwaarloosde stuk veld waar die gras plek-plek byna heuphoogte groei. 'n Uitgetrapte paadjie lei na 'n oopte waar die gras platgetrap is. Uitgedroogde, gebruikte kondome en geroeste bierblikkies, met hier en daar 'n gebreekte gloeilamp, lê gestrooi rondom 'n klomp groot klippe wat in 'n ruwe sirkel gepak is. Die grond binne die klippe is kaal en hard en droog. [...]

Dit is 'n uittreksel uit die roman: Vuilspel, deur Bettina Wyngaard.

Titel: Vuilspel
Skrywer: Bettina Wyngaard
Genre: Fiksie
Uitgewer: Random House Struik Umuzi
Kaapstad, Suid Afrika 2013
ISBN 9781415203873 / ISBN 978-1-4152-0387-3
Sagteband, 15 x 22 cm, 160 bladsye

Wyngaard, Bettina im Namibiana-Buchangebot

Vuilspel

Vuilspel

Die roman Vuilspel is ’n verhaal oor sterk vroue, bendegeweld en aanvaarding.

Troos, vir die gebrokenes

Troos, vir die gebrokenes

Troos vir die gebrokenes gee 'n sondelinge binnekyk op 'n plattelandse bruin gemeenskap en die onvergeetlike karakters wat ten spyte van alles die lewe vol in die oë kyk.

Weitere Buchempfehlungen

Challenging the Namibian perception of Sexuality

Challenging the Namibian perception of Sexuality

Ovahimba and Ovaherero cultural-sexual models in Kunene North in an HIV/AIDS context

Unravelling Taboos. Gender and Sexuality in Namibia

Unravelling Taboos. Gender and Sexuality in Namibia

19 essays seek to unravel the misconceptions surrounding the concepts of gender equality, sexuality and sexual rights in Namibia

Dealing In Death. Ellen Pakkies and a Community's Struggle with Tik

Dealing In Death. Ellen Pakkies and a Community's Struggle with Tik

Dealing in Death looks at the global and local drugs culture in South Africa based on the case Ellen Pakkies and a Community's Struggle with Tik.

Smacked

Smacked

Rescued from the maw of Hillbrow’s drug and prostitution underworld

Steeped in Blood

Steeped in Blood

Steeped in Blood reports on bloody crimes of passion, political assassinations, sinister poisonings, investment fraud and mass mining disasters.