Vier briewe vir Jan Ellis, deur Steve Hofmeyr

Vier briewe vir Jan Ellis, deur Steve Hofmeyr. ISBN 9781770220812 / ISBN 978-1-77022-081-2

Vier briewe vir Jan Ellis, deur Steve Hofmeyr. ISBN 9781770220812 / ISBN 978-1-77022-081-2

Steve Hofmeyr sy 'Vier briewe vir Jan Ellis' is ’n boek oor ’n doodgewone spreekwoordelike “klein” mannetjie, roer grootse kwessies aan sonder dat ’n “boodskap” aan die leser opgedwing word.

Steve Hofmeyr  

Verlêkind

Die poliesmanstasie ruik soos pis. Ek is maar soerig van die bang en die wetiewattie. Konstabel Diemies sit langs my. Hy's nie kwaad nie. Mamsie sit oorkant hom. Sy's mensmoeilik en sy is skaam vir my vandag. Sy slat my hare plat. Jy lyk altyd soos iemand se manjavel sê sy. Sy sit haar ken in haar hand, haar elmboog op die tafel en maak haar oë toe. Teen die muur staan dominee Kroese. Ek wil hom skop dat hy klophings word, maar my oge wil hom nie sien nie en my lippe wil nie praat nie. Ek is stom vanaand. Soos genl. Van Vuuren. Soos Basiltjie Blue. Superintendent Charles sit links. Hy lyk moeg. Iemand kry stry by die ingang. Jakkals en Wolf. Die twee wykcouncillors stap in. Dr. Jake Fryer die millionaire en vet Kees Wolfaard, sy rival vir mayor as die wyke eendag merge. Jakkals en Wolf noem ons hulle al van jantoelie se tyd. Sishen-straat skei hierdie wyke, maar hierdie stasie bedien Oudam en Klaas Tieleman distrikte. Dit staan so op die map teen die muur agter hulle koppe. Red marks the spot waar ek sit. Ek calculate dat kandidaat Kroese tussen my en die begraafplaas staan. Daar sit ons soos in kruisverhoor. Maar niemand praat nie. Kees Wolfaard knik hallo. Hy rol 'n papier op die tafel oop en grom sy keel skoon. My kollega, Jake Fryer, voel Jan Ellis moet tronk toe. Hy s immers oud genoeg. Maar in Klaas Tieleman-wyk doen ons inhouse problemsolving. Gemeenskapsdiens vir ligte oortredings soos joune, Jan Ellis. Occupational therapy vir petty thieves. Verstaan jy? Dominee, wat's jou skade by die kerksaal? - Agt-en-veertig blou en gjeel vensters, councillor. - Grotes of kleintjies? - As jy Sondae meer kerk toe kom ... - As jy die vensters 'n ander kleur maak, ja. - Die geel hou my wakker. - Kleintjies, councillor. - Versierde glas? - Nee, sommer gepaint. Kan jy paint, Klein Jan? Jou pa kon. Hy't die helfte van hierie neighbourhood gepaint, jy wiet. Goed dan. Ons vervang hulle Vrydag en Jan Ellis paint hulle voor Sondag. Blou en groen. Hulle's blou en gjeel, councillor. Spiritual revival. Blou en groen. Dan vir retribution aan die gemeenskap, Klein Jan, jy moet op hierdie lys dienste kies, verstaan jy? Piek een. - Een maand by Jonas Abbot se lykshuis. - Een maand bedpanne by die Kensingtonse ouetehuis. - Vier maande posdiens hier in Sishenstraat. - Ses maande spitwerk in die stadsaal se tuin. - Twintig Sondae kerkstoep en toiletvloer ... Pos! skree ek mal. Super Charles val ampers van sy stoel af. Almal is wakker. Hulle staar. Pos, sê ek sagter. Ek sê nie hoekom nie. Dan kyk Kees vir my. Hy sien ek tjank. Pos, meneer, sê ek weer. Daar's amper sewentig huise in daai straat, nê? Pos, meneer. Asseblief. Ek het 'n bicycie. Met 'n pomp. En 'n sak. Dit raak weer stil. Ek wil my ma se hand vat. Sy ruk dit weg. Sy staan op en stap drilstêre uit. Toe draai sy skielik om. Djy's 'n fokken verlêkind. Groot Jan draai in sy graf vandag. Ma soos hy sal djy ook in die hel loop brand. Merk my woorde, George Jan Ellis Kok. Merk my fokken woorde.

Dit is 'n uittreksel uit die boek: Vier briewe vir Jan Ellis, deur Steve Hofmeyr.

Titel: Vier briewe vir Jan Ellis
Skryver: Steve Hofmeyr
Typ: Prosa
Imprint: Zebra Press
Uitgewer: Randomhouse Struik
Kaapstad, Suid Afrika 2010
ISBN 9781770220812 / ISBN 978-1-77022-081-2
Hardeband, stofomslag, 12x17 cm cm, 116 bladsye, Taal: Afrikaans

Hofmeyr, Steve im Namibiana-Buchangebot

Vier briewe vir Jan Ellis

Vier briewe vir Jan Ellis

Met Vier briewe vir Jan Ellis debuteer die bekende sanger, Steve Hofmeyr, as prosaskrywer.

Laaste dans, Drienie

Laaste dans, Drienie

Laaste dans, Drienie is 'n goed beplande, outentieke en good geskryfde, veelvlakkige liefdesverhaal.

Kapabel

Kapabel

Ná sy romantiese wetenskapfiksieverhaal, Die verste uur, het Steve Hofmeyr met Kapabel sy hand aan ‘n spanningsverhaal gewaag.

Mense van my asem

Mense van my asem

In Mense van my asem vertel Steve Hofmeyr sy lewensverhaal, in kenmerkende trant: openhartig, humoristies en uitgesproke.

Die verste uur

Die verste uur

In sy spanningsvolle nuwe boek Die Verste Uur maak Steve Hofmeyr jou al die duwweltjies raak trap op ’n fantastiese Jan Allemansreis.