Van Skoolbank tot Bordeelbed, deur Jaco Hough-Coetzee en Elanie Kruger

Van Skoolbank tot Bordeelbed deur Jaco Hough-Coetzee en Elanie Kruger. Jonathan Ball Publishers SA. Kaapstad-Johannesburg, Suid Afrika 2015. ISBN 9780908387526 / ISBN 978-0-908387-52-6

Van Skoolbank tot Bordeelbed deur Jaco Hough-Coetzee en Elanie Kruger. Jonathan Ball Publishers SA. Kaapstad-Johannesburg, Suid Afrika 2015. ISBN 9780908387526 / ISBN 978-0-908387-52-6

Van Skoolbank tot Bordeelbed deur Jaco Hough-Coetzee en Elanie Kruger is brutaal eerlik. ’n Boek wat gelees moet word. Ons durf nie meer ons koppe wegdraai van hierdie en ander soort vergrype nie.

Nadat ek in 2012 van Elanie Kruger gehoor het, het ek 'n afspraak met haar gemaak en haar in 'n restaurant in Randburg ontmoet. Ek was toe baie betrokke by PSARU (People Search and Rescue Unit), 'n organisasie wat vermiste kinders en volwassenes opspoor en terugkry, onder andere slagoffers van mensehandel. Ek was nuuskierig om na haar storie te luister, maar terwyl sy my daarvan vertel het, kon ek nie glo wat ek hoor nie. Die prentjie wat sy geskets het, het net nie gestrook met die pragtige en saggeaarde brunet wat voor my gesit het nie. Haar storie sal enige persoon se hare laat rys en hierdie nagmerrie-ondervinding sal haar altyd bybly, het ek gou besef. 'n Mens kan amper nie glo dat sy dit alles oorleef het nie. Later het ek 'n ander kant van haar leer ken: haar vurige passie om nie net slagoffers van mensehandel te help nie, maar ook om proaktief op te tree om te keer dat ander nie in dieselfde strik val nie. Sy leef ab-soluut daarvoor om te help om hierdie euwel stop te sit. Ons het vriende geraak en saam het ons talle praatjies by verskillende plekke in die land aangebied om bewustheid oor mensehandel te skep. Sy vertel haar storie met eerlikheid en 'n oop gemoed, iets waarvoor min mense in die lewe sal kans sien. Elanie Kruger is van-dag nie meer bang nie: sy is vreesloos en doelgerig met die taak wat sy haarself opgelê het. Sy beteken ook baie vir PSARU - iets waarvoor ek en die hele span baie dankbaar is. Sommige mense mag dalk die indruk kry dat sy hard en dikvellig is, maar tog is sy net soos enige ander meisie - iemand met 'n hart vol drome. 'n Meisie bly tog altyd net 'n meisie. In Van Skoolbank tot Bordeelbed word haar aangrypende verhaal boeiend deur Jaco Hough-Coetzee vertel. Die verhaal van 'n dapper en vreeslose vrou wie se onverskrokke gehoorsaamheid aan God, saam met n onselfsugtige diensbaarheid aan die gemeenskap, haar dryfkrag is om 'n verskil te maak in diegene se lewens wat slagoffers is van dié amper onvergeefbare daad.

Die vyfuur-spitsverkeer vanuit die middestad kruie stadig van robot tot robot voort. Dit reën saggies. Pieter en Engela ry in die teenoorgestelde rigting in Kerkstraat, vanaf Oranjesig stad se kant toe. "Dis Vrydag, 15 Oktober 1993, en die naweek is hierf'gesels Jaco de Wet oor die motorradio. "Die weerburo voorspel 'n triestige en nat naweek hier in Bloemfontein, maar die musiekklanke van Radio Oranje sal dinge heerlik gesellig hou. So, kom ons spring weg met Billy Joel se nuutste treffer, 'The River of Dreams'." Engela neurie saam. Sy is in 'n vrolike bui, want sy is op pad na haar eerste werk toe. Pieter se oë dwaal kort-kort na sy 16-jarige passasier langs hom. Sy is dêm mooi, dink hy. Sy dra 'n stywe jean wat haar lang bene beklemtoon. Die rondinge onder haar rooi bloesie bevestig haar oorgang vanaf tiener na jong vrou. Engela kyk na hom en glimlag. Hy glimlag stram, draai sy oë vinnig terug pad toe en skakel oor na derde rat. In hom baklei twee stemmetjies: Nee, Pieter, wat jy doen, is nie reg nie, Pieter, sê die een. Sy's 'n méns! Te hel daarmee, bestorm die tweede stem sy gedagtes. Sy hét dit tog al immers gedoen. Haar broer het hom vertel. Sy weet mos alte goed hoe om dit te doen! Weer die eerste stem: Néé, Pieter. Néé! Pieter huiwer skielik. Hy stuur oor na die linkerbaan en ry stadiger. Het jy 'n keuse, Pieter? [...]

Dit is 'n uittreksel van die roman Van Skoolbank tot Bordeelbed deur Jaco Hough-Coetzee en Elanie Kruger.

Titel: Van skoolbank tot bordeelbed
Skrywers: Jaco Hough-Coetzee; Elanie Kruger
Uitgewer: Jonathan Ball Publishers SA
Kaapstad-Johannesburg, Suid Afrika 2015
ISBN 9780908387526 / ISBN 978-0-908387-52-6
Sagteband, 15 x 23 cm, 240 bladsye

Hough-Coetzee, Jaco und Kruger, Elanie im Namibiana-Buchangebot

Van skoolbank tot bordeelbed

Van skoolbank tot bordeelbed

Van skoolbank tot bordeelbed is ’n Boek wat gelees moet word. Ons durf nie meer ons koppe wegdraai van hierdie en ander soort vergrype nie.

From playground to prostitute

From playground to prostitute

From playground to prostitute is based on a true South African story of salvation.