Totius: Versamelde Gedigte, deur Jakob Daniël du Toit (Totius)

Totius: Versamelde Gedigte, deur Jakob Daniël du Toit. Tafelberg-Uitgewers Beperk. Kaapstad, Suid-Afrika, 1988. ISBN 062402606X / ISBN 0-624-02606-X

Totius: Versamelde Gedigte, deur Jakob Daniël du Toit. Tafelberg-Uitgewers Beperk. Kaapstad, Suid-Afrika, 1988. ISBN 062402606X / ISBN 0-624-02606-X

Die volgende teks is uit die Voorwoord van Marthinus Theunis Steyn (1857-1916) vir die boek Totius: Versamelde Gedigte (Jakob Daniël du Toit) tydens die eerste druk. Hy was president van die Oranje Vrijstaat van 1896 tot 1902.

Jakob Daniël du Toit (Totius)  

„Wanneer ek die gediggies aan die welwillende leser aanbeveel, dan wil ek nie daardeur te kenne gee dat ek 'n oordeelkundige is nie; maar toe ek dit gelees het, is diep in my hart 'n tere snaar aangeroer. „Ek weet menige hart sal deur die gediggies getref word. Die digter lê hulle as 'n louerkrans op die grafte van ons dierbare dode. Daar is darem nog 'n ander rede om dit aan te beveel. Nou dat Jong Suid-Afrika sigself bewus word en drome droom van 'n eie literatuur, verwelkom ek dié soort van pennevrugte van ganser harte. Sommige van die werke gee die belofte dat ons droom verwesenlik sal word. Vir my is die eerstelinge van ons literatuur so heerlik soos die geluid van die eerste reëndruppels na 'n langdurige droogte."

En Jakob Daniël du Toit (Totius) skryf selfs in 1917:

Sonder toon, karakter of inhoud van die gediggies te wil verander het die skrywer ewenwel gemeen dat hulle 'n dugtige hersiening moet ondergaan. Heelwat veranderinge is dan ook aangebring en in sommi-ge gevalle is die gedigte heeltemal oorgeskrywe. In hoever die veranderinge 'n aanwins is, moet die belangstellende leser self beoordeel. 'n Hoofgebrek, wat om herstel geroep het, betref die taalvorm van die skrywer, wat in 1908 op verskeie plekke nog alte Hollands was. Net in een geval is die oorspronklike gedig deur 'n nuwe vervang [nl. „Haar laaste woord" deur „Vergewe en vergeet"].

Die lied van die ossewa (Jakob Daniël du Toit, Totius)

Er is het geklap der zweep, en het geluid van het bulderen der raderen. Nah. 3:2.

Hoor hoe sing ek my lied as die osse so stap
langs die wyd-ope veld, waar die voorslagpunt klap,
waar 'n wonder van stilte my alkant omsweef
as ek rust'loos-alleen langs my grootpad bly streef;
ja daar ver in die veld, dáár word ek gehoor,
waar geen straatklank my klinkende stem kom verstoor;
en ek sing met geweldige klem my geluid
oor die luist'rende vlak van die graslaagtes uit.

Op my lied was die bruigom so wonderlik trots
as my wiele wegrammel oor kliprug en rots;
as die seekoeivel-sweep, wat die rooispan bestryk,
in sy hande verrys om na vore te kyk;
of straks skielik weer daal, op my welvaart bedag,
om die veld te deurdreun met 'n knallende slag,
waar die osse van beef en my wiele van raas
as die bruigom meteens op die kettingtou blaas.
Ons drieklank, verenig in innige band,
was die skone gesang in die trekker se land.
Ons het saam getrek, die land in gesig,
waar ek, troue gesél, hom sy taak sou verlig.

Voor 'n wawiel sou rol in die wêreld nog wild,
het my klank die gebrul van die leeue gestild;
en ek het al gejubel met vorst'like lied
toe geen pad was gebaan in die woeste verskiet.
Toe geen huis nog die trekker se kroos kon beskut,
was my tent vir die kleintjies 'n veilige hut,
wat by nagt'like tog met gewieg en gesus
hulle sag het laat sluimer in salige rus.

Ja ek het met die trekker my singend verbly,
of in rampe met klaagtoon sy psalm begelei.
In die stryd met Dingaan, as sy siel is geskeur,
het my troostende stem weer sy moed opgebeur,
en ek het uit die dieptes hom uitgevoer
na geweste van rus vir die swerwende boer.

Maar nou val weer my lot in 'n dag van veel kwaad,
nt die trekker se seun het sy plaas moet verlaat,
ek, arme, nog lewend, het agtergebly
om weer saam met sy vrou en sy kinders te ly.
Maar my stem is nou hees en my klank is verdof
ná die jare van worst'ling met sonbrand en stof;
en my kranke geluid word weemoedig gesmoor
deur 'n nare geklaag uit my tentjie gehoor.

Want ek rol, ek en honderde waens met my,
na die plek waar die vrouens en kinders gaan ly.

Dit is 'n uittreksel uit die boek Totius: Versamelde Gedigte, deur Jakob Daniël du Toit (Totius).

Titel: Totius: Versamelde Gedigte
Skrywer: Jakob Daniël du Toit (Totius)
Genre: Poesie
Uitgewer: Tafelberg-Uitgewers Beperk
Kaapstad, Suid-Afrika, 1988
ISBN 062402606X / ISBN 0-624-02606-X
Oorspronklike hardeband en stofomslag, 14 x 22 cm, 464 bladsye

du Toit, Jakob Daniël (Totius) im Namibiana-Buchangebot

Totius: Versamelde Gedigte

Totius: Versamelde Gedigte

Hierdie moie boek is 'n volledige versameling van Totius (Jakob Daniël du Toit) se gedigte.