Somer, deur C. M. van den Heever

Somer, deur C. M. van den Heever. J. L. van Schaik Bpk., 27. druk. Pretoria, Suid-Afrika 1963

Somer, deur C. M. van den Heever. J. L. van Schaik Bpk., 27. druk. Pretoria, Suid-Afrika 1963

In die roman Somer het C. M. van den Heever se kunsíenaarskap ten opsigte van natuurbeeidirig waarskynlik sy suiwerste uitdrukking gevind.

C. M. van den Heever  

„Soe!" roep die wandelaar uit en laat sy bondeltjie goed sak. Sweet glans onder sy hoedrand uit en beweeg stadig oor sy warm, deurvoorde gesig. „Soe!" Die hitte slaan uit sy klere op. Van die hoogte waar hy nou staan, kan hy ver oor die vlakte heen kyk. Agter hom lê die blou reekse berge soos die voue van 'n konsertina. Al verder blou die yl, bewerige rantjies weg tot dit vergaan in die onsekerte van die verte se dynserigheid. Eienaardige stuk wêreld wat hy agter hom gelaat het! In die skaduwee van 'n rietskraal bloubos gaan hy sit, en 'n weldadige vrede kom hier in die strepie koelte oor hom. Dit voel so lustig en verruimend hier, of jy in 'n diep kuil koel water swem. En rondom hom dein die landskap, groots en met die verre kimme in wasige skoonheid. Hy moet weer omkyk na die skof wat hy afgelê het. „Soe!" en hy voel díe hitte van die ent pad nog na, waar dit met sy meelsagte stof van bult na bult wegskiet of dit 'n ewige hunkering het na afstand, na ruimte. Daar waar die berge nou hulle skadudiepe voue plooi, het hy gewerk, en hy sien weer die wye koringlande wat geel opglans teen die lang, uitgerekte hellinge wat vredig lê en slaap soos moeë arbeiders in die koelte van die berge. Daardie lappe en lappe koring het verdwyn. Saam met ander snyers het hy van sonop tot sononder krom gestaan, sodat die sekel gebrand het in sy klamgeswete hand. Toe die swaar miedens op die lande, die gerwe op die dorsvloer, die vul van die sakke en dan - afskeid! Verlore in sy drome van gedane arbeid kyk hy nog altyd terug na die berge vanwaar hy gekom het. Altyd maar die sware arbeid waarteen mens eers opsien as jy moet begin, en dan jou vreugde daarin, jou lus om dit te verower; en as jy end se kant toe gaan, dan kom daar byna 'n seënryke weemoed in jou oor die oomblikke wat agter lê, die skoonheid van dade wat verrig is, en jy weet dat jy nou weer moet voort. Vir hom altyd maar afskeid ná die dagtaak klaar is. Nie die aangename rus om stil te gaan sit as die skure volgepak is en die geweld van die winter met genot voor die goue vlamme van die vuurherd afgewag word nie. Altyd maar voort! So is sy lewe. So, totdat hy in die laaste groot Koelte gaan rus ... Maar wag, hy sit sy tyd hier en verdroom. Daar onder, langs 'n paar vaal rantjies, lê die groepies huisies waarheen hy mik. Hier sal weer arbeid te verrig wees, want 'n ent van hom af weg sien hy die koringlande lê, sommige nog groen, ander wat reeds verkleur. En ver strek hulle uit, daar by die rantjie verby, na die bedrieglikheid van veraf bultrondinge. Die son sak stadig laer en laat lang, puntige skaduwees oor die koring kruip. Die wandelaar vat sy bondel en met sy seer voete kies hy weer die wapad. Maar hy voel nou lekkerder as netnou, want dit word koeler op die veld en die huise wat nader en nader kom, laat blye verwagtinge tintel deur sy bloed. [...]

Dit is 'n utitreksel uit die roman Somer, deur C. M. van den Heever.

Titel: Somer
Skrywer: C. M. van den Heever
Genre: Roman
Uitgewer: J. L. van Schaik Bpk.
27. druk. Pretoria, Suid-Afrika 1963
Oorspronklike hardeband en stofomslag, 14 x 21 cm, 149 bladsye

van den Heever, C. M. im Namibiana-Buchangebot

Somer

Somer

Somer is C. M. van den Heever se bekendste werk en 'n novelle wat meer herdrukke belewe het as enige ander werk van hierdie aard en omvang in Afrikaans.

Versamelde Werke van C. M. van den Heever

Versamelde Werke van C. M. van den Heever

Die Versamelde Werke van C. M. van den Heever bevat die dele 1 tot 8 asook die gedenkboek ter ere van een van die belangrikste skrywer en digter von Suid-Afrika.

Laat vrugte

Laat vrugte

Die Suid-Afrika roman Laat Vrugte word beskou as C. M. van den Heever se rypste werk.

Die stryd om ewewig

Die stryd om ewewig

Die stryd om ewewig bevat opstelle oor die dan strewe van die Afrikaner na kulturelle selfstandigheid in Suid-Afrika.

Mooi Loop: Bantoe Keurverhale

Mooi Loop: Bantoe Keurverhale

Mooi Loop is 'n rare en versoenende bundel van "Bantoe" keurverhale uit 1955.

Das Leben schreitet weiter: Ein südafrikanischer Bauernroman

Das Leben schreitet weiter: Ein südafrikanischer Bauernroman

Ein wunderschöner südafrikanischer Roman über das Land, die Bauern, junge Leute und Liebe in den 1930er Jahren ist 'Das Leben schreitet weiter'.

Afrikaanse Lyrik: Afrikaans-Deutsch

Afrikaanse Lyrik: Afrikaans-Deutsch

Afrikaanse Lyrik enthält 78 Gedichte aus verschiedenen zeitlichen Epochen, die sowohl in ihrer ursprünglichen Sprache Afrikaans als auch in Deutsch übersetzt abgedruckt sind.