Rehoboth: Waar My Hart Is, deur Clarice Gille-Theys

Rehoboth, Waar My Hart Is, deur Clarice Gille-Theys. Vineta, Swakopmund. Namibia, 2015. ISBN 9789994579969 / ISBN 978-99945-79-96-9

Rehoboth, Waar My Hart Is, deur Clarice Gille-Theys. Vineta, Swakopmund. Namibia, 2015. ISBN 9789994579969 / ISBN 978-99945-79-96-9

Rehoboth, Waar My Hart Is is iets anders. Dit lyk en lees ook anders as enigiets tans op die mark. Die boek van Clarice Gille-Theys gee mens die gevoel dat ‘n geslote deur op ‘n skrefie oopgemaak is sodat belangstellendes mag inloer en ‘n gesprek afluister uit ‘n geheimsinnige deel van die Afrikaans-sprekende gemeenskap in Namibië.

Clarice Gille-Theys  

Clarice Simone Theys is gebore in Rehoboth op 14 Mei 1959. Sy het haar skoolloopbaan op Hoërskool Dr Lemmer in 1977 voltooi en het onmiddellik daarna tydens die 1978 Veelparty-verkiesing by die Rehoboth Regeringskantore begin werk.  In 1980 trou sy in Rehoboth maar trek kort daarna Windhoek toe waar sy diens by die destydse Kantoor van die Administrateur-Generaal aanvaar. Sy bring die grootste gedeelte van haar volwasse lewe in Windhoek deur en twee kinders, Bjorn Maurice en Natalie Danielle word gebore uit dié huwelik wat in 1992 ontbind is. Intussen verander sy van 'n loopbaan in die drukkerswese na die finansiële sektor en trou in 1999 met Donovan Theys wat haar verhuising na Swakopmund meebring. In 2008 beeindig sy haar formele, administratiewe loopbaan van bykans 20 jaar by die reuse versekerings-maatskappy, Old Mutual Namibia, na 'n terugplasing in Windhoek. Sy keer terug na Swakopmund waar sy die afgelope vyftien jaar woon en begin in dieselfde jaar haar eie maatskappy, Centre Stage Promotions cc. Haar passie vir vroue leef sy uit deur vir hulle 'n platform te stel waar hulle mekaar kan onderrig, inspireer en motiveer. Verskeie slypskole waarvan sy die Modules self opstel en ontwerp, het op dié manier die lig gesien. Om haar gedagtes egter op papier vas te lê, was nog altyd haar eerste liefde en om uiting te gee aan haar kuns, begin sy as Vryskut-verslaggewer vir Art Life - 'n weeklikse bylaag vir New Era - te skryf. Kort daarna raak sy betrokke by die Namib Times en skryf tong-in-die-kies rubrieke as Social Critique by die Kus. Tans is sy steeds betrokke by die Weekender, ook 'n weeklikse bylaag vir die Namibian. Deur al die jare heen het haar hart maar altyd terug na Rehoboth gehunker en sy besluit laat in 2014 om haar herinneringe van dié pragdorpie in boek vas te lê.

1965. My eerste jaar op skool.

Sub A in Juffrou Hermanus se klas by die Rynse Skool. Sy's mollig met 'n sagte hart en oë. Ons leer die Alfabet en klank in 'n koor met gewillige, leergierige stemmetjies. Ons teken 'n klein 'a' en dan weer 'n grote en later probeer ons om die 'a' 'b' en 'c' in lopende vorm op die groot, swart bord te skryf. Ons leer van Sus en Daan, Koeloe en Kees en ook van Moeder en Vader. Vandag is dit warm in die klaskamer. Ek is kaalvoet en vou my maroon-tunic netjies onder my sitvlak, beentjies bymekaar. "Dis lekker hier op die blink sementvloer," dink ek terwyl ons 'n halfmaan op die vloer vorm. Dis tyd vir Kuns en dan skuif die seuns die banke agtertoe en almal rol die klei dun en maak sinnetjies op ongedrukte koerantpapier. Juffrou sê ek is slim al versnipper ek die hele lap as dit tyd vir Naaldwerk is. My breiwerk is ook vol gate soos ek die steke laat val. Maar ek skryf mooi en ken die hele alfabet. Die tyd vlieg en ons kry rapporte. Juffrou se woord word bevestig met die agt A's en een B! Ustine en Vera en Nellie en Sophia met die mooi, grysgroen oë kry sommer 9 A's. My B was vir die kaalvoete. Of dalk die vlegsels sonder die maroon linte! Mamma en Dedda sê die een B is niks maar belowe om my nuwe skoolskoene vroeg in Januarie te koop.  [...]

Dit is 'n uittreksel uit die biografie Rehoboth, Waar My Hart Is, deur Clarice Gille-Theys.

Titel: Rehoboth
Subtitel: Waar my Hart is
Skrywer: Clarice Gille-Theys
Genre: Biografie
Uitgewer: Clarice Gille-Theys
Vineta, Swakopmund. Namibia, 2015
ISBN 9789994579969 / ISBN 978-99945-79-96-9
Sagteband, 15 x 21 cm, 184 bladsye

Gille-Theys, Clarice im Namibiana-Buchangebot

Rehoboth: Waar my Hart is

Rehoboth: Waar my Hart is

Rehoboth: Waar My Hart is, is 'n bundel stories waar die skrywer you neem op paaie vol nostalgie en heimwee.