Orania, deur Hanlie Retief en Michael Hammond

Orania, deur Hanlie Retief en Michael Hammond. Random House Struik Umuzi. Kaapstad, Suid Afrika 2014. ISBN 9781415206812

Orania, deur Hanlie Retief en Michael Hammond. Random House Struik Umuzi. Kaapstad, Suid Afrika 2014. ISBN 9781415206812

Orania: Mariska Hartman in Die Hoekie-kafee. Foto: Michael Hammond (ISBN 9781415206812)

Orania: Mariska Hartman in Die Hoekie-kafee. Foto: Michael Hammond (ISBN 9781415206812)

Die idee van die boek is vir ons dat mense wat nog nooit daar was nie, soos ek aan die begin, kry ’n glimpse van hoe dit daar is; van die eerlikheid van Orania. Ons het nie probeer om negatief óf positief te wees nie,” sê Hanlie Retief en Michael Hammond.

Hanlie Retief  Michael Hammond  

Die dorp Orania is in 1990 deur professor Carel Boshoff, skoonseun van Suid-Afrika se voormalige eerste minister Hendrik Verwoerd, namens 'n groep Afrikanerfamilies vir 'n bedrag van R1,5 miljoen by die departement van waterwese gekoop. Kort daarna is 'n aangrensende plaas bygekoop. Sedertdien brei die dorp se grondgebied en gepaardgaande landbouaktiwiteite stadigaan uit. Die nedersetting, wat meestal uit tydelike houthuise bestaan het, is in 1963 opgerig om mense wat by die konstruksie van kanale uit die Vanderklooldam betrokke was, te huisves. Met die voltooiing van konstruksiewerk aan die dam het die huise en infrastruktuur begin verval. Die relativ lae waarde van die eiendom het egter die geleentlieid vir Boshoff en sy ondersteuners gebied om die plek by 'n tenderaar oor te neem. Hul ideaal was aanvanklik om soortgelyke projekte in ander dele van die Noord-Kaap te begin en om sodoende 'n groter grondgebied as onafhanklike volkstaat te proklameer. Heel verstaanbaar is die dorp van meet al aan in kontroversie gehul. Nelson Mandela, as Suid-Afrika se nuutverkose president, het Orania in 1995 as 'n versoeningsgebaar besoek en tee gedrink by Hendrik Verwoerd se weduwee, Betsie. Hendrik Verwoerd was natuurlik die argitek van Groot Apartheid, 11 poging om swart Suid-Afrikaners staatkundig van hul burgerskap te ontneem en burgers van pseudo-onafhanklike tuislande le maak. Die besoek deur Mandela as staatshool van 'n post-apartheids-regering het die historiese ironie van die situasie uitgelige dat Afrikaners wat daar woon, besluit het om die tuislandmodel op hul self toe te pas as pogingtot selfbesleikking. Sedertdien het figure soos Jacob Zuma en Julius Malema ook die dorp besoek, geleenthede wat joernaliste van heinde en ver na die dorp toe lok. Alhoewel die idee van 'n volkstaat vir Afrikaners 'n staatkundige ideaal is, word die gebied deur 'n private maatskappy, die Vluytjeskraal Aandeleblok, beheer. Inwoners wat eiendom op die dorp besit, is aandeelbouers in hierdie maatskappy. Daar is ook spanning tussen aandeelbouers en mense wat bloot as werkneniers of huurders op die dorp woon. Daar is onlangs enkelkwartiere gebou om jong, werklose mans wat op die dorp kom werk, te huisves. Toe ek die dorp 'n paar jaar gelede besoek het, was ek verbaas oor die openhartige wyse waarop die dorpsbestuur se eie publisiteitsmateriaal na die "arbeidsprobleem" verwys het. Hierdie probleem hou verband met die feit dat slegs Afrikaners as werknemers in diens geneem mag word, maar dat baie Afrikaners verleer het om handearbeid te doen, of baie beter betaal wil word as waarvoor swart of bruin werkers in die omgewing bereid is om te werk. In gesprekke het van die inwoners sommer uitgespreek oor die feit dat daar 'n toename in werkloosheid en armoede onder Afrikaners in ander dele van die land is en dat groot getalle armlastiges dan na Orania kom, op soek na 'n beter toekoms. Hierdie nuwe inwoners plaas bykomende druk op die dorp se ekonomie. Orania is immers nie 'n staat met 'n groot fiskus en belastingbetalersbasis nie, dis 'n maatskappy. Orania het nietemin 'n eie vlag, 'n skool, 'n geldeenheid (die Ora), 'n radiostasie en 'n eie rits openbare vakansiedae. Alhoewel die Suid-Afrikaanse regering oënskynlik die bestaan van die dorp as ruimte vir die uitleef van die volkstaat-ideaal erken, was daar wel 'n grondeis deur bruin Noord-Kapenaars en is die dorp se radiostasie weens klagtes oor rassistiese uitsprake oor die lug gesluit.  [...]

Dit is 'n uittreksel uit die stedelike portret: Orania, deur Hanlie Retief en Michael Hammond.

Titel: Orania
Skrywer: Hanlie Retief
Fotograaf: Michael Hammond
Genre: Stedelike portret
Uitgewer: Random House Struik Umuzi
Kaapstad, Suid Afrika 2014
ISBN 9781415206812 / ISBN 978-1-4152-0681-2
Sagteband, 24 x 27 cm, 208 bladsye, regdeur kleurfotos, teks in Afrikaans en Engels

Retief, Hanlie und Hammond, Michael im Namibiana-Buchangebot

Orania

Orania

Hierdie geïllustreerde boek is 'n fotografiese stedelike portret van Orania, 'n kultuur-homogene plek van Afrikaner leefstyl in te midde van Suid-Afrika.

Orania

Orania

This illustrated book is a photographic account on and urban portrait of Orania, a culturally homogeneous place of Afrikaner lifestyle in midst of South Africa.

Byleveld: Dossier of a Serial Sleuth

Byleveld: Dossier of a Serial Sleuth

Byleveld: Dossier of a Serial Sleuth focusses on Piet's years as a South African detective and the disturbing cases he has been involved in.

Weitere Buchempfehlungen

Das Voortrekkerdenkmal, Pretoria. Amtlicher Führer

Das Voortrekkerdenkmal, Pretoria. Amtlicher Führer

Dieses ist der nach der Einweihung 1949 amtliche Führer für das Voortrekkerdenkmal in Pretoria, der den Besuchern auch in deutscher Sprache angeboten wurde.

I have life: Alison's journey

I have life: Alison's journey

The triumphant yet true story of a South African woman who refused to become a victim.

Oulap se blou

Oulap se blou

Die stories, veertig kort vertellings, in Oulap se blou is reise: na plekke, na tye her, na mense, na binne.

Die Doelgerigte Lewe

Die Doelgerigte Lewe

Die doelgerigte lewe sal jou na grootsheid lei omdat jy volgens die Groot Gebod en die Groot Opdrag leef.

Deur storm en stryd, lewe en tyd van 'n groot Hervormer

Deur storm en stryd, lewe en tyd van 'n groot Hervormer

Deur storm en stryd, beskryv die lewe en tyd van 'n die groot hervormer Johannes Calvyn.

Strooidak en Toring

Strooidak en Toring

In Strooidak en Toring, Izak de Villiers, welkbekend as digter en skrywer, kyk terug op 'n lewe en loopbaan wat met hoogtepunte besaai is.