Ons Veldblomme Erfenis, deur H. B. Rycroft

Ons Veldblomme Erfenis, deur H. B. Rycroft. Trident Press (est. 1960s)

Ons Veldblomme Erfenis, deur H. B. Rycroft. Trident Press (est. 1960s)

Illustrasies uit 'Ons Veldblomme Erfenis' (H. B. Rycroft; Botanical Society of South Africa)

Illustrasies uit 'Ons Veldblomme Erfenis' (H. B. Rycroft; Botanical Society of South Africa)

Die album Ons Veldblomme Erfenis (H. B. Rycroft) was deur die Botanical Society of South Africa en Trident Press uitgegee.

H. B. Rycroft  

Die Plantegroeistreke van Suid-Afrika

Klimaat, veral reënval en temperatuur is een van die hooffaktore wat bepaal watter plantsoorte in 'n gebied voorkom. Dit is juis omdat Suid-Afrika so baie verskillende klimaatstoestande het dat ons so ryk aan plantsoorte is. Die volgende plantegroeistreke word die maklikste uitgeken:

BOSSE
Bosse bestaan uit groot bome wat naby mekaar groei, en hulle kom tot stand slegs in daardie gebiede waar die temperatuur nie te laag is nie en waar die watervoorsiening bestendig en voldoendeis. Bosse bestaan in die gebiede van George, Knysna en Humansdorp, en langs die Natalse en Zululandse kus, asook teen die waterryke oostelike of suidoostelike berghellings in Natal en die Transvaal. Bosgebiede in Suid-Afrika is nie baie groot in vergelyking met dié van ander lande nie, omdat daar by ons beperkte gebiede is waar die nodige toestande heers.

FYNBOS
Die plantegroei van die winterreënvalstreek van die suid-westelike Kaap staan bekend onder etlike name, soos Fynbos, Makkia, Sklerofille struikgewas of eenvoudig net die Kaapse Flora. Kenmerkend van dié gebied is die groot getal spesies, waarvan talle slegs binne 'n baie beperkte gebied aangetref word. Die plante kan langdurige, warm droogtes in die somermaande en swaar reën in die wintermaande weerstaan, en hulle beskik oor verskillende maniere om vogverlies in die droë seisoen te keer. Alhoewel die Kaapse Flora volop in die suid-westelike Kaap tussen die see en die berge is, word dit, ook verder noord- en ooswaarts aangetref, en etlike van die Kaapse plantsoorte verskyn in die Drakensberg in Natal en in die Transvaal.

SAVANNE
Savanne bestaan uit grasveld met enkele bome, en dit kom voor in die Detreklik warm gebiede met reën in die somer en droogte in die winter. Dié gebied strek oor 'n groot deel van die Republiek, van die oostelike Kaap deur Natal tot in die oostelike, noordelike en westelike dele van die Transvaal, en deur Botswana tot in die oostelike, sentrale en noordelike dele van Suidwes-Afrika. Die verandering van voorkoms tydens die verskillende seisoene is nogal dramaties. Die grasgewasse wat in die winter bruin en droog is, en die bome wat sonder blare is, word plotseling alles groen. Die uitgestrekte savannegebiede is nie eenders nie, en daar is talle plaaslike en opvallende variasies, afhangende hoofsaaklik van die heersende temperatuur- en grond-toestande. Die hoogland tussen die valleie beleef dikwels strawwe ryp wat boomgroei onmoontlik maak, en gevolglik word net grasgewasse en enkele bome hier aangetref.

GRASVELD
Ons grasvelde vertoon 'n baie eenderse, kenmer-kende en uitgestrekte soort plantegroei in die Oranje-Vrystaat, Lesotho, dele van Noord-Natal, Suid-Transvaal en 'n deel van Oos-Kaapland. Die hele gebied lê hoog bokant seespieël, en die reën val in die somermaande. Die wintermaande is droog en te koud vir bome. Ryp kom dikwels voor. Gras is die plantsoorte wat die meeste voorkom, en mielies, wat self 'n grassoort is, is die belangrikste verboude gewas.

HALFWOESTYN
Halfwoestyngebiede is baie interessant omrede die wonderbaarlike maniere waarop plante hulle aangepas het by die droë, verskroeide toestande. Die grootste gedeelte van dié gebied is in die Kaapprovinsie en Suidwes-Afrika. Plantegroei is yl, en afgesien van die storms en newel wat heel af en toe voorkom, is daar min vog wat plantegroei aan die lewe kan hou. Sommige plante ontwikkel wortelstelsels wat die grond diep binnedring, sommiges verloor aï hulle blare gedurende die warm, droë seisoen, en sommiges ontwikkel groot ondergrondse organe wat water opgaar. [...]

Dit is 'n uittreksel uit die album Ons Veldblomme Erfenis, deur H. B. Rycroft.

Titel: Ons Veldblomme Erfenis
Skrywer: H. B. Rycroft
Uitgewers: Trident Press (est. 1960s)
Botanical Society of South Africa
Oorspronglike hardeband, 21 x 30 cm, 40 bladsye, regdeur kleur foto's, teks: Afrikaans; Engels

Rycroft, H. B. im Namibiana-Buchangebot

Ons Veldblomme Erfenis

Ons Veldblomme Erfenis

Ons Veldblomme Erfenis is 'n mooie album om SHELL-prente van die Suid-Afrikanse plante in te samel.

Our wild flower heritage

Our wild flower heritage

Our wild flower heritage is a botanical collecting album to the flora of South Africa.