'n Dans met die dood, deur Aniel Botha

'n Dans met die dood, deur Aniel Botha. Random House Struik Zebra Press. Kaapstad, Suid Afrika 2010. ISBN 9781770200364 / ISBN 978-1-77020-036-4

'n Dans met die dood, deur Aniel Botha. Random House Struik Zebra Press. Kaapstad, Suid Afrika 2010. ISBN 9781770200364 / ISBN 978-1-77020-036-4

’n Dans met die Dood is Aniel Botha se aangrypende beskrywing van die ses weke wat sy in die eetsteurnisafdeling van dié hospitaal deurgebring het, en van die ander pasiënte wat sy daar ontmoet het.

Aniel Botha  

Die reis

Ek het nog altyd 'n aptyt gehad vir woorde. Woorde is my kos: stories, boeke, gesprekke ... dít is wat ek eet. En as woorde kos is, wel, dan is woordspeletjies sjokolade. My gunsteling is 'Hoeveel woorde kan jy maak?' Hoeveel woorde kan jy maak met die letters van 'leksikografie' of 'lieweheersbesie' of 'konstitusioneel'? Ek het nooit regtig woordspeletjies ontgroei nie. Nou, op pad na die kliniek, speel ek dié speletjie in my gedagtes. Uie woord is 'dieet'. Ek is seker daar is baie woorde wat 'n mens met die letters daarvan kan maak, maar die een waarby my brein vashaak, is 'eet'. Eet, eet, eet... Ek draai dit - eerder tee as eet. Dan is daar natuurlik die lidwoord 'die', maar dié is maar bra vervelig. Die Engelse die is 'n veel aanlokliker opsie. Kan dit regtig wees dat ek tot hierdie paar moont-hkhede gekrimp het? Al waaraan ek deesdae dink, is eet (of liewers nie eet nie) en doodgaan. En tussenin die bekers en bekers vol rooibostee om die ergste honger te stil - of ten minste die hrein vir 'n rukkie te flous. Terwyl ons ry, gesels my ouers een stryk deur. Hulle praat oor die weer, die koerantopskrifte teen die lamppale, die verkeer. Maar hulle praat is eflfens té opgewek en ek hoor die senuweeagtigheid in hul stemme. Hulle woorde laat my dink aan spookasem. Sweet en nice, maar eintlik niks meer as 'n bol taai niks nie. Hulle gesels oor alles, behalwe die rede vir hierdie rit. Dít ís teen die reëls van hulle woordspeletjie. Laat ek dit dus maar uitspel: ons is op pad na die kliniek omdat ek aan anorexia nervosa ly en ek hulp nodig het. Nie dat ek hulp sóék nie. Ek aanvaar bloot die hand wat na my uitgesteek word omdat ek te moeg is om dit weg te klap. Ek dink oor die woord 'anorexia'. Ek sit dit op my tong, rol dit in my mond rond. Ek wil verstik aan die bitterheid daarvan. Ek kan dit nie hardop sê nie. Selfs net die gedagte daaraan steek soos 'n visgraat in my keel vas. Volgens die woordeboek verwys anoreksie na 'n 'verlies aan eetlus', maar dit is net nóg 'n woordspeletjie. Ek het beslis nie my aptyt verloor nie. Om die waarheid te sê, ek sal met gemak 'n tonnel deur 'n middelslag-bakkery kan eet. Anoreksie het niks te doen met 'n verlies aan aptyt nie, maar is eerder 'n óórontwikkelde eetlus: 'n honger so groot en so oorweldigend dat geen kos dit kan stil nie. Dit is hoekom ons op pad is na hierdie gevreesde plek. Omdat ek honger is. Honger vir kos, vir rus, vir liefde, vir aanvaarding. Honger vir die lewe en al die clichés wat daarmee gepaardgaan. Maar veral honger vir die dood. [...]

Dit is 'n uittreksel uit die boek: 'n Dans met die dood, deur Aniel Botha.

Titel: 'n Dans met die dood
Joernaal van ’n anoreksielyer
Skryver: Aniel Botha
Uitgewer: Random House Struik - Zebra Press
Kaapstad, Suid Afrika 2010
ISBN 9781770200364 / ISBN 978-1-77020-036-4
Sagteband, 13 x 20 cm, 216 bladsye

Botha, Aniel im Namibiana-Buchangebot

'n Dans met die dood

'n Dans met die dood

'n Dans met die dood onthul diep ontstellende insigte in die gemoed van ’n anoreksielyer.

Weitere Buchempfehlungen

’n Affair om te vergeet

’n Affair om te vergeet

’n Affair om te vergeet is nie ’n boek wat beskuldig of oordeel nie, maar ’n opregte poging om uit te vind waarom mense diegene wat hulle liefhet, seermaak.

From Namibia with love

From Namibia with love

From Namibia With Love ist ein Film über eine namibisch-finnische Liebesgeschichte mit wunderschönen Bildern.

Call It Like It Is. The Jonathan Kaplan Story

Call It Like It Is. The Jonathan Kaplan Story

Call it like it is: the memoires of top rugby referee and South African Jonathan Kaplan.

SuperVan & I

SuperVan & I

The cars, the races, the rivalries, the women. SuperVan & I introduces to the world of Sarel van der Merwe, South Africa's greatest racing driver.