’n Affair om te vergeet, deur Marie Opperman.

’n Affair om te vergeet, deur Marie Opperman. Random House Struik Zebra Press. Kaapstad, Suid Afrika 2010. ISBN 9781770200432 / ISBN 978-1-77020-043-2

’n Affair om te vergeet, deur Marie Opperman. Random House Struik Zebra Press. Kaapstad, Suid Afrika 2010. ISBN 9781770200432 / ISBN 978-1-77020-043-2

Dit is in die eerste plek ’n bemoedigende en geestelike boek wat aanklank sal vind by die duisende mense wat op die een of ander manier geraak is deur ’n affair om te vergeet. Marie Opperman is ’n skrywer en joernalis wat in Randburg woon.

Marie Opperman  

Xena: Warrior Princess

24 Oktober

As dit nie 'n goeie teken is nie, weet ek nie wát is nie. Dit lê reg voor my voete op 'n besige Saterdagoggend-strand, voor 'n vrou met donker hare en 'n visstok en 'n paar pienk pantoffels, half onder die sand toegespoel. Dis blink, dis donker, dis groot. Dis sekerlik oeroud. Dit lyk vreemd, asof dit op 'n ander planeet hoort. Dalk kom dit van Atlantis af. Watter ondenkbare magte het saamgesweer om dit uk die dieptes van die Indiese Oseaan tot hier voor my voete te slinger? Dis 'n goeie voorteken om dit tussen al hierdie mense op te tel, dít weet ek. Of ten minste, dit behoort een te wees. Want 'n goeie teken is net wat ek nodig het, aangesien my man 'n affair het, of na bewering een gehad het, maar waarskynlik nog steeds een het. Ek het al die goeie geluk en voortekens in die wêreld nodig om dit te kan oorleef. Ek buk en tel dit op, sitvlak in die lug, swemhanddoek wat deur spelenge babagolfies sleep. Dis die grootste en vreemdste kauriskulp wat ek nog ooit op 'n strand opgetel het. Blinkswart, met bruin spikkels op 'n verrinneweerde, geskraapte bokant. Onder is 'n paar klem, diep gaatjies. Dit lyk asof dit jare lank styf tussen rotse vasgesit het, net om nou, hier, voor niy uit die golwe te rol. Ek wou juis so graag 'n kauriskulp as goeie voorteken hê. "Asseblief, asseblief," het ek bygelowig gepleit by wie ook al in beheer is van hierdie soort dmge, terwyl ek geloop het op 'n strand waar daar nie 'n teken van hierdie ronderug-kauriskulpies was nie. "Asseblief tog, laat ek 'n kauri optel, en ek sal weet alles sal regkom, soos Bob Marley sing." Ek vee die sand van die onderste lippe, wat met fyn donkerbruin strepies versier is, af. "Dankie, Pachamama," bedank ek Moeder Aarde vir dié geskenk. En toe, net om seker te maak ek doen die regte ding, vou ek my hande voor my bors, palms teen mekaar, vingerpunte boontoe, en gee 'n klein namaste-buiging vir Moeder Oseaan."Dankie, dankie." Toe giggel ek. Wie is ék nou - dit is die magtige oseaan dié! Dat ek besig is om soos 'n groot gek hardop te praat met watter moeders of godmne hulle ook al hier mag bevind, skeel my nie 'n duit nie. Ek praat nou ook al die laaste week hardop met myself op hierdie strand. Ek stap hier rond in my swemklere met my sarong om my nek gedrapeer soos 'n serp, asof selluliet 'n blote versinsel is, iets wat nog nooit bestaan het nie. Ek swem in motreën, uitgelate soos 'n kind, saam met mense wat ek van geen kant af ken nie; een van hulle 'n vrou wat met haar strooihoed op haar kop ín die golwe rondspring. Ek vertel verwonderde vrouens wat met hul honde langs die strand stap my man het 'n affair, of het dalk een gehad, wat ook al, maak nie saak nie, die feite sal ek nog uitvind. Ek stap in gietende reën op 'n strand so verlate soos die maan, met water wat in riviere oor rotse loop en in strome van my baaikostuum en neus aftap.Terwyl ek hard sing: I'll do my crying ín the rain ... yon won't know the rain from the tears in my eyes... Liedjies bruis in my op soos die klankbane uit romantiese flieks. [...]

Dit is 'n uittreksel uit die boek: ’n Affair om te vergeet, deur Marie Opperman.

Titel: ’n Affair om te vergeet
Skryver: Marie Opperman
Uitgewer: Random House Struik Zebra Press
Kaapstad, Suid Afrika 2010
ISBN 9781770200432 / ISBN 978-1-77020-043-2
Sagteband, 15 x 22 cm, 264 bladsye

Opperman, Marie im Namibiana-Buchangebot

’n Affair om te vergeet

’n Affair om te vergeet

’n Affair om te vergeet is nie ’n boek wat beskuldig of oordeel nie, maar ’n opregte poging om uit te vind waarom mense diegene wat hulle liefhet, seermaak.

Weitere Buchempfehlungen

I have life: Alison's journey

I have life: Alison's journey

The triumphant yet true story of a South African woman who refused to become a victim.

Praat verby grense: Uit die e-pos van Laurie Gaum en Frits Gaum

Praat verby grense: Uit die e-pos van Laurie Gaum en Frits Gaum

Praat verby grense: Uit die e-pos van Laurie Gaum en Frits Gaum is ’n ontroerende en inspirerende gesprek tussen twee begaafde mense wat hulle eie en mekaar se grense uitdaag en verskuif.

Fender’s Day at the Harbour

Fender’s Day at the Harbour

In Fender’s Day at the Harbour, we drive to the coast and hear of Jack and Dan going fishing.

South Africa's greatest batsmen

South Africa's greatest batsmen

'South Africa’s Greatest Batsmen' provides insights about each man’s background and career, his batting technique, and his main achievements at the crease.