Môrester, deur Pamela Jooste

Môrester, by Pamela Jooste.

Môrester, by Pamela Jooste.

Môrester, verskyn deur Pamela Jooste, is die verhaal van twee susters, bruin Kaapse meisies, wat wees grootword teen die einde van die apartheidsera.

Pamela Jooste  

Voorwoord: Môrester

Deesdae gee hulle die Kaap stuk-stuk weg en jy kan kies en keur, net wat jy wil he. Almal wil teen Tafelberg uit en daarna wil hulle afgaan Waterfront toe. Dans dit Kaappunt en wat my betref, kan hulle dit maar hou, want die wind waai altyd daar en die bobbejane stap rond asof die plek hulle s n is. Daarna is dit die Company Gardens, veral as die krismisrose blom. Jy kan nie meer uitmaak wat is n rot en wat is n eekhoring nie, maar dit lyk nie of enigiemand omgee nie. Dan kom die Distrik Ses-museum aan die beurt en daarna kan jy op n boot spring en op Robbeneiland na die einste sel gaan kyk waar hulle Nelson Mandela opgesluit het. Dan, as jy nog nie halfdood van die son of die rondhardlopery is nie, gaan jy wynlande toe, op n vinnige toer deur die Bo-Kaap en n sunset cruise in Tafelbaai. Dis moeilik om jou voor te stel daar is mense wat hülle lewe lank hier bly sonder dat hülle enige van hierdie plekke gesien het Kogelbaai is so ver as wat ek gekom het. Dit was in 1978 en ek is soontoe op die boonste dek van n bus op n kinderuitstappie. Ek was tien jaar oud en dit het my vir altyd afgesit, al was dit nie so bedoel nie. Dit was bedoel om n treat te wees en ons die kans te gee om die wèreld om ons op ons eie te ontdek. In elk geval, dis wat hülle gesè het. Al wat ek kan se, is: as ek toe geweet het wat ek nou weet, sou ek gebly het waar ek was en die dag in rus en vrede met Superman-comics op my bed deurgebring het. Ruby het gesè ek sal altyd daardie dag onthou en dis amper dertig jaar gelede en op n manier was sy reg, al het sy dit anders bedoel.

Weeshuislewe

Ek dink hoe my suster Rose van my verskil en ek wonder wat ek daaraan kan doen. As ek dit nie nou stopsit nie, sai dit net erger raak hoe ouer sy word en ek dink nie die wèreld gaan mooi maak met n bruin weesmeisie wat dink sy mag dinge maar op haar eie manier doen nie. Dis nie my skuld dat ons hier by Sacred Heart is saam met al die ander mense vir wie die wèreld nie tyd het nie. Ek sal dit nie vir Rose se nie, maar as jy enigiemand vra, sal hülle saamstem dit Js so. En buitendien weet ek dit in my hart. Ek het dit geweet die eerste oomblik toe ek by die deur instap. Dis nie net weeskinders wat hier is, of kinders wie se ouers nie na hülle kan kyk nie. Daar ls ou mense ook en n paar wat n bietjie stadig is en nie so flink van erstand as wat hülle kan wees nie. Selfs die babas wat verbrand het kom hiernatoe, dié wat spesiale sorg nodig het en lank vat om gesond te word.

Toe ek eers van hulle weet, kon ek nie ophou dink aan hulle nie. Ek kon dit nie verhelp nie, want ek het geweet selfs al word hulle gesond sal hulle nooit volmaak wees soos die Here hulle in die eerste plek geskape het en wou gehad het nie. N Lang tyd het ek myself geblameer. Dit was asof ek iets ver-keerds gedoen het en ons al twee daarvoor gestraf word, maar toe het ek besef dis glad nie my skuld nie. Maar as ek my lewe kon oorhê, sou ek nie die lewe van n weeskind gekies het nie. Niemand sou nie. Jy het n veilige plek en mense om vir jou te sorg. Jy het n bed om in te slaap en n ekstra kombers in die winter. Daar s kos op die tafel - pap, melk en brood vir ontbyt. Daar s toebroodjies vir middagete, sop vir aandete en op Sondae is daar resurrection-kos, oorskiet wat die persoon aan diens vir ons aanmekaarflans uit alles wat nie in die week opgeëet is nie. (...)

Dit is 'n uittreksel uit die boek: Môrester, deur Pamela Jooste.

Titel: Môrester
Skrywer: Pamela Jooste
Uitgewer: Random House Struik
Imprint: Umuzi
Kaapstad, Suid-Afrika 2000
ISBN 9781415200421 / ISBN 978-1-4152-0042-1
Sagteband, 15x22 cm, 320 bladsye, Afrikaans

Jooste, Pamela im Namibiana-Buchangebot

Môrester

Môrester

Pamela Jooste, geliefde en veelbekroonde Suid-Afrikaanse skrywer, verskyn met Môrester vir die eerste keer in Afrikaans.

Dans met armmansdogter

Dans met armmansdogter

Die roman 'Dans met armmansdogter' is uitermate ontroerend en leesbaar.