Mense van my asem, van Steve Hofmeyr

Mense van my asem, van Steve Hofmeyr. Zebra Press. Kaapstad, Suid Afrika 2008. ISBN 9781770220492 / ISBN 978-1-77022-049-2

Mense van my asem, van Steve Hofmeyr. Zebra Press. Kaapstad, Suid Afrika 2008. ISBN 9781770220492 / ISBN 978-1-77022-049-2

In Mense van my asem vertel Steve Hofmeyr sy lewensverhaal, in kenmerkende trant: openhartig, humoristies en uitgesproke. Hy begelei ons op ’n fassinerende reis deur sy kinderjare, sy tyd in die weermag en sy loopbaan daarna, en staan kort-kort stil by die gebeurtenisse en mense wat ’n groot impak op hom gehad het.

Steve Hofmeyr  

As 'n agtjarige sy duim en wysvinger loodreg van mekaar oopmaak, het jy Clint Eastwood se Colt 45. En die eerste cowboy om die draai wat 'n skoot uitkry, oorleef. Poegggg jy net eerste en die res is plat! Jy kan selfs die rokie van jou vingerpunte afblaas terwyl die "dooies" op jou pa se grasperk rondlê. "Laaste asem!" was my eerste bydrae tot bucking the system. My broers, die crooks, was verstom. Want maak nie saak hoeveel keer hulle die eerste skoot inkry nie, grootboet Steve skiet almal dood op pad grond toe met sy "laaste asem"! en lang, dramatiese afsterwe. Dit sou vir my, as 'n ewige excitement junkie, 'n belediging wees om my lewe tot hier as 'n halfeindstryd te bestempel. Dit was Hofmeyr teen die hele Spaanse Armada in 'n dubbeldekade-grand slam. Myne is ook 'n lys van netjies opmekaargestapelde foute, en nie net in retrospeksie nie. Om soveel stringe stories op soveel vlakke kronologies deur te trek is bykans onmoontlik, en dit het bars gegaan. Ek skryf Mense van my asem uit frustrasie oor die min inligting wat my voorouers my kon laat vir navorsing, toe dit eendag belangrik geword het om te weet waarvandaan ek kom, wie ek is en wie dieselfde lug as ek inasem. Daarom dra ek dit op aan my kinders en almal wat belangstel in 'n perspektief op 'n waansinnige lewe wat sy eie briek moes aandraai -van Karate na Kontemplasie, van Toesprake na Tuinbou, van Eksotiese na Boerekos, van Alterbridge na Strauss, van Draf na Staproetes, van Brandewyn na Pille, van Blogs na Memoires. Ek vind dat empiriese data my steeds teen 186000 myl per sekonde, die spoed van lig, bereik. Selfs al staan ek doodstil. Die vraag is: Is dit ek?

Oorstaptyd:

In meer as een opsig is lydenstyd oorstaptyd na yn nuwe lewenskoers en lewenshouding. Juis daarom is dit so moeilik. Jy moet immers in so 'n tyd by 'n stasie afklim sonder om te weet waarheen die volgende trein op pad is. — Ferdinand Deist, Oorstaptyd (Kaapstad: Lux Verbi, 2007)Drie dekades torsie sonder sluis sál uitmond op die huid wat sonder 'n geluid die binneskree na buite laat verhuis. — Steve Hofmeyr, "Storing" (Valkuns. Kaapstad: Human & Rousseau, 1997)

Na twintig jaar se opvlieëndheid bevind ek myself in my vrou se Murano, met haar vingers wat om die stuur klem en myne in my buik geslaan asof ek 'n giftige spinnekop op my skoot vertroetel. Elke draai, spoedwal en slag-gat is 'n nuwe warm kool wat my dikderm op sy pynproduksielyn uitrol. Buite skiet daar vroegaandverkeer verby op Main Road aan die agterkant van Kyalami, op pad na die Olivedale-kliniek. Ek mompel dat dit alles 'n mors van tyd is, alhoewel die swaar, yskoue sweet op 'n koel herfsaand my begin pla. Die vorige keer, ses maande vantevore, was daar nie sweet nie. En ek's boonop deur verskeie dokters die deur gewys met 'n paar pille en 'n bemoedigende klop op die skouer. Hierdie keer was die pyn erger, met skerp spasmas wat mekaar om die uur aflos. Iets was fout. Iets wat ek nie kon wegredeneer of kon sien nie. Iets wat ek nie kon uitdaag nie. Iets wat ek beslis nie op eie houtjie kon baasraak nie. Iets wat my afhanklik sou maak - my nemesis. 'n Bisarre week het dit voorafgegaan. [....]

Dit is 'n uittreksel uit die boek: Mense van my asem, van Steve Hofmeyr.

Titel: Mense van my asem
Skryver: Steve Hofmeyr
Uitgewer: Zebra Press
Kaapstad, Suid Afrika 2008
ISBN 9781770220492 / ISBN 978-1-77022-049-2
Sagteband, 15 x 23 cm, 432 bladsye

Hofmeyr, Steve im Namibiana-Buchangebot

Mense van my asem

Mense van my asem

In Mense van my asem vertel Steve Hofmeyr sy lewensverhaal, in kenmerkende trant: openhartig, humoristies en uitgesproke.

Laaste dans, Drienie

Laaste dans, Drienie

Laaste dans, Drienie is 'n goed beplande, outentieke en good geskryfde, veelvlakkige liefdesverhaal.

Kapabel

Kapabel

Ná sy romantiese wetenskapfiksieverhaal, Die verste uur, het Steve Hofmeyr met Kapabel sy hand aan ‘n spanningsverhaal gewaag.

Vier briewe vir Jan Ellis

Vier briewe vir Jan Ellis

Met Vier briewe vir Jan Ellis debuteer die bekende sanger, Steve Hofmeyr, as prosaskrywer.

Die verste uur

Die verste uur

In sy spanningsvolle nuwe boek Die Verste Uur maak Steve Hofmeyr jou al die duwweltjies raak trap op ’n fantastiese Jan Allemansreis.