Kurt Streitwolf. Sy werk in Suidwes-Afrika 1899-1914, van E. L. P. Stals

Kurt Streitwolf. Sy werk in Suidwes-Afrika 1899-1914, van E. L. P. Stals.

Kurt Streitwolf. Sy werk in Suidwes-Afrika 1899-1914, van E. L. P. Stals.

Hierdie studie van Prof. van E. L. P. Stals is oor die rol wat Kurt Streitwolf tussen die jare 1899 en 1914 in die geskiedenis van Suidwes-Afrika gespeel het.

E. L. P. Stals  

Voorwoord: Dit het in 'n sekere sin gemeenplaas geword om te sê dat die geskiedenis van Suidwes-Afrika nog geskryf moet word. So 'n stelling is vandag nie meer sonder meer waar nie. Daar is twee redes voor. Eerstens moet natuurlik na die werklik omvangryke literatuur verwys word wat reeds tydens en ook in die jare kort na die Duitse besettingstydperk oor die gebied verskyn het. Dit is inderdaad verstommend hoeveel reisigers, sendelinge, amptenare, soldate en selfs boere hulle ervarings en beskouings te boek gestel het. Sommige hiervan dra trouens die karakter van pogings tot geskiedskrywing en wil 'n oorsig en soms ook verklaring gee van tydperke, persone of gebeure uit die tydperk van Duitse teenwoordigheid in Suidwes-Afrika. Uit die aard van die saak het hierdie pogings soms bloot op persoonlike ervaring en waarneming berus of hoogstens op 'n heel beperkte mate van bronnebenutting. Dikwels was daar ook 'n eie belang of eie betrokkenheid in die spel. Tog straal één feit feitlik sonder uitsondering uit hierdie massa literatuur en ook uit die Suidwes-Afrikaanse koerante van daardie tyd: ál dié mense was met 'n gloeiende liefde vir hierdie Duitse besit in Afrika besiel. Die wydtes, onherbergsame streke, harde lewe, moeilike verkeerstoestande, bevolkingsverskeidenheid, onvergelyklike natuurtonele, die worsteling van die bevolking met die natuur en die aangrypende prestasies en belewenisse van sendeling, amptenaar, reisiger en soldaat het 'n deernis gewek by mense wat 'n deel van hulle lewe in hierdie land, wat totaal van hulle Europese tuistes verskil het, deurgebring het. Tweedens is aspekte van die geskiedenis van Suidwes-Afrika sedert die veertigerjare in 'n aantal verhandelinge, proefskrifte en ander publikasies van histories-wetenskaplike aard behandel sodat die beeld van Suidwes-Afrika se verlede plek-plek tot groter helderheid geraak het. Daar het ook enkele pogings tot 'n omvattende geskiedenis van Suidwes-Afrika die lig gesien, maar die stand van navorsing is op verre na nog nie van so 'n aard dat daar enigsins van 'n "standaard-werk" sprake kan wees nie. Die stelling dat die geskiedenis van Suidwes-Afrika nog geskryf moet word, moet dus gekwalifiseer word. Dit bly egter onteenseglik waar dat nog baie basiese arbeid verrig sal moet word by wyse van gedetailleerde studies om die verskillende elemente van die Suidwes-Afrikaanse verlede bekend te stel.

Hierdie studie oor die rol wat 'n bepaalde persoon, Kurt Streitwolf, tussen die jare 1899 en 1914 in die geskiedenis van Suidwes-Afrika gespeel het, wil graag 'n bydrae daartoe lewer om die fassinerende verlede van hierdie gebied se mense bloot te lê. Streitwolf se werk op die terreine van landverkenning en veral die hantering van rasseverhoudinge maak van hom 'n figuur van belang. 'n Studie van sy persoonlike rol dra tot ons kennis van en insig in die groter vraagstukke van die tyd by. Dit bly dus ook 'n belangrike vereiste dat die persoon nie geïsoleerd beskou moet word nie, maar in samehang met sy tyd. Die werk word nie as 'n volwaardige biografïe aangebied nie en het in hoofsaak ten doel om aan te dui wat Streitwolf se agtergrond was voordat hy vir die hantering van inboorlingsake in Suidwes-Afrika verantwoordelik geword het, asook wat hierdie opdrag behels het. Streitwolf het in bestaande literatuur nog maar hoogstens sporadies aandag geniet. Benewens 'n kort artikel 'n Historia (Jg. V, p. 186) val die soeklig nêrens spesifiek op hom nie.

Die navorsing vir hierdie studie is oor die jare 1972 tot 1976 gedoen en soos uit die bronnelys blyk, is bronnemateriaal in Windhoek, Koblenz, Wuppertal-Barmen, Hamburg, Helsinki en Londen benut. Skrywer het ook vrugbare besoeke aan gebiede soos die Okahandja- en Gobabis-omgewings, die Caprivi, Kavango en Ovambo gebring. Besonder aangenaam en nuttig was 'n besoek aan Streitwolf se seun, kaptein Kurt-Achim Streitwolf, en sy vrou, Ingeborg, in Brunsbüttel aan die Noord-Oossee-kanaal. Die gegewens in die Windhoekse Argiefbewaarplek lê oor 'n groot aantal bande verspreid. Die feitlik volledige vernietiging Van die Gobabis-argief vir die Duitse tydperk (vgl. S. J. Schoeman: Lotgevalle van die argiewe in die Suidwes-veldtog, in S.A. Argiefblad, 17, p.35) laat 'n ongelukkige leemte in ons kennis omtrent Streitwolf se werksaamhede gedurende die jare 1903-1908, hoewel heelwat getuienis tog in dïe Zentralbureau neerslag gevind het.

Soos by alle wetenskaplike arbeid het 'n hele aantal persone en instansies onontbeerlike hulp verleen. Aan die personele van die verskillende argiefbewaarplekke, biblioteke en aan individue kom hartlike dank hiervoor toe. Vir die tegemoetkomendheid van die veiligheidsmagte in die Caprivi betuig ek my besondere dank. Mag hulle onbaatsugtige toegewyde diens en hulp nie ongesiens verbygaan nie. Geldelike bystand deur die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing en die Randse Afrikaanse Universiteit word ook met dank erken. Dit beteken egter nie dat hierdie instansies vir die inhoud verantwoordelik gehou kan word nie. Dankie ook aan dr. K. F. R. Budack van Windhoek vir sy nuttige kommentaar op die manuskrip. Ten slotte spreek ek graag die hoop uit dat diegene wat hierdie werk mag lees in hulle belangstelling en liefde vir Suidwes-Afrika gestimuleer sal wees.

Dit is 'n uittreksel uit die boek: Kurt Streitwolf. Sy werk in Suidwes-Afrika 1899-1914, van E. L. P. Stals.

Titel: Kurt Streitwolf. Sy werk in Suidwes-Afrika 1899-1914
Skryver: E. L. P. Stals
Uitgewer: Perskor-Uitgewery
Eerste Uitgawe, Johannesburg, Suid-Afrika 1979
ISBN 0628014619
Oorspronklike hardeband en vooromslag, 16x24 cm, 142 bladsye, sommige fotos, 1 kaart

Stals, E. L. P. im Namibiana-Buchangebot

Kurt Streitwolf. Sy werk in Suidwes-Afrika 1899-1914

Kurt Streitwolf. Sy werk in Suidwes-Afrika 1899-1914

Hierdie studie is oor die rol wat Kurt Streitwolf tussen die jare 1899 en 1914 in die geskiedenis van Suidwes-Afrika gespeel het.

Namibiana Vol. V (1) 1984

Namibiana Vol. V (1) 1984

Namibiana Nr. V(1) aus dem Jahr 1984 fiel mit geschichtlichen, gesellschaftlichen, völkerkundlichen und biographischen Themen deutlich üppiger aus als die Vorausgaben.

Weitere Buchempfehlungen

Der Hauptmann Henning von Burgsdorff

Der Hauptmann Henning von Burgsdorff

Der Hauptmann Henning von Burgsdorff war Bezirkhauptmann von Gibeon in Deutsch-Südwestafrika.

Südwest. Liebe auf den ersten Blick

Südwest. Liebe auf den ersten Blick

Für Dr. Warning war es 1929 Liebe auf den ersten Blick und seine Erinnerungen an das alte Südwest haben hohen Informations- und Unterhaltungswert.