Joernaal van Jorik, deur D. J. Opperman

Joernaal van Jorik, deur D. J. Opperman. Tafelberg Uitgewer. Kaapstad en Johannesburg, Suid-Afrika 1949. ISBN 0-624-02471-7 / ISBN 0624024717

Joernaal van Jorik, deur D. J. Opperman. Tafelberg Uitgewer. Kaapstad en Johannesburg, Suid-Afrika 1949. ISBN 0-624-02471-7 / ISBN 0624024717

In 1989 is D. J. Opperman sy epos Joernaal van Jorik deur Roelof Temmingh musikaal bewerk.

D. J. Opperman  

TEEN MIDDERNAG TOE DIE MISHORING HEES
deur die reën en die wind begin mei sy klag
skrik Jorik wakker en lê en vrees
vir die skepe wat kom en gaan in die nag.

'En wánneer en hoé kom hulle my haal
en neem na my eintlike vaderland?
Maar dit klink so alles na 'n jeugverhaal:
mens vergeet in die kryg die doel en verband.

Uit 'n lewe, 'n eeu en 'n tyd behou
'n mens dan niks meer en niks minders
as 'n enkele beeld van 'n ou vrou,
'n huis - losieshuis! 'n vrou en kinders?'

Hy pluk die koord van sy kamer se klare
lig, wat melkig straal soos in 'n kajuit,
en waan hom veilig teen die gevare
van lang wit druppels wat klits teen die ruit.

Uit die glaskruik skink hy brandewyn
en soek - ná die derde sopie - bedaard
na 'n bondel papiere, knip die lyn
en rol hulle oop by 'n ou geel kaart

om sy naam by die baie name te voeg.
En hy bêre dit só dat selfs 'n kind
wat terloops teen die aand hom sou roep,
sy doel sal vergeet en die koffertjie vind...

Die dae brand rokerig, is 'n klam
stomp met 'n trae gesmeul en gesis
waaruit spits sonne partymaal losvlam
en 'n rukkie daarna wegflikker in mis.

'O sal hulle my tog eenmaal kom haal?
Kyk, die gekinkelde winde stroop
die takke van die akkerbome kaal
dat die bruin-geel blare holrug loop.

Moet ek in die kryg dié brokkige land,
sy stede, sy dissels en diere, neem
oor sy grense van judasklip en sand
deur diepseewaters, en soos 'n museum

agter die stukke glas altyd bewaar:
die klompie Boesmans wat om vuurtjies sit,
die Reiger, die Goede Hoop wat ewig vaar,
die meeue en rysmiere in gelid;

maar dat alles soos in 'n akwarium leef
waar engelvisse uit die reie vlug,
die hegsel aan die meerminbeursie kleef,
en die gidsie koers hou bo die haai se rug ...

dit alles, soos 'n mot in barnsteen,
besin binne die engtes van my lyf:
die land, die eeu en mense met my neem
deur diepseewaters vir 'n ander kryg?

Was daar 'n doel, 'n vae doel en taak
dat ek 'n ruk in hierdie land moes bly?
Ek het aan alles dan te vas geraak
om van sy malva en sy mens te skei.

Tog eensaam tussen die sterre en wiere
dwaal ek, en diep in my dubbele aard,
in paaie wat loop van die kiiere,
is ek van geboorte bestem tot verraad.

Woon ek op dié eiland êrens verstoot
met waters wat ewig om my mol en maal?
O God, hoe vrees ek die klein duikboot
wat more, vandag, my eendag kom haal.' [...]

Dit is 'n uittreksel uit Joernaal van Jorik, deur D. J. Opperman.

Titel: Joernaal van Jorik
Skrywers: D. J. Opperman
Uitgewer: Tafelberg Uitgewer
Kaapstad en Johannesburg, Suid-Afrika 1949
ISBN 0-624-02471-7 / ISBN 0624024717
Oorsponklike hardeband, 14 x 22 cm, 62 bladsye

Opperman, D. J. im Namibiana-Buchangebot

Joernaal van Jorik

Joernaal van Jorik

Joernaal van Jorik is die beroemde Afrikaanse epos van 'n Soviet spioen wat na Suid-Afrika gestuur word, waar hy ver van alle hulp op sy eie aangaan.

Groot Verseboek

Groot Verseboek

Die bekende Groot Verseboek is 'n bloemlesing van die mooiste Afrikaanse gedigte in een band.

Afrikaanse Lyrik: Afrikaans-Deutsch

Afrikaanse Lyrik: Afrikaans-Deutsch

Afrikaanse Lyrik enthält 78 Gedichte aus verschiedenen zeitlichen Epochen, die sowohl in ihrer ursprünglichen Sprache Afrikaans als auch in Deutsch übersetzt abgedruckt sind.