In sneeu geskryf, deur Francois Loots

In sneeu geskryf, deur Francois Loots. Uitgewer: Penguin Random House South Africa (Umuzi). Kaapstad, Suid-Afrika 2015. ISBN 9781415207437 / ISBN 978-1-4152-0743-7

In sneeu geskryf, deur Francois Loots. Uitgewer: Penguin Random House South Africa (Umuzi). Kaapstad, Suid-Afrika 2015. ISBN 9781415207437 / ISBN 978-1-4152-0743-7

Die kelner Adam Woest en die taxibestuurder Trevor Theys het in 2003 die eienaar van Sizzler’s, sy sewe sekswerkers en een kliënt vasgebind, in die kop geskiet en hul kele afgesny. Hierdie gebeure dien as agtergrond vir François Loots se vyfde roman, In sneeu geskryf.

François Loots  

Op pad begin dit sneeu. Twee jong mans trek die treinwa se deur oop en vir n rukkie kyk almal na die winter se eerste vlokke. Die vreugde van hul ligte val op n windstil dag, maar innerlik staal almal hulle op die koue maande wat voorlê. Ná die deure weer toegetrek is, rus almal se oë n gerusstellende oomblik lank op die smeulende koolstofie in die hoek terwyl meer as een passasier nadink oor die nodige voorraad vir die komende Siberiese winter. Met die wadeur die volgende oggend oopgetrek om die nagemmer leeg te maak, is dit n sonskyndag. Die toendra se vlaktes trek stadig verby, nog maar bedek met n dun wit lagie. Dae se eenderskleurige vlaktes wag hulle in. Wit ná die sneeu, n nat en donker bruin toe die son die wit bolaag teen laatoggend weggesmelt het, maar by 'n dorp wat nie regtig noemenswaardig is nie, kom die trein onverwags tot stilstand. Op die perron beraadslaag die drywer en kondukteur met plaaslike polisiebeamptes voordat die kondukteur van wadeur tot wadeur loop en sê dat dit nie veilig is om verder te gaan nie. "Hulle loods 'n aanval vorentoe." "Wie?" "Deesdae weet mens nie meer nie." "Daarna sal hulle eers moet kyk of die spore veilig is." 'n Sonskyndag teen die middaguur. Van die passasiers verken die dorp se modderstrate of loop na 'n rivier toe. Hy bly egter soos die meeste ander by die trein, op die perron of in die stasiegebou se wagkamer. "Vader ..." Hy gee 'n ongehude vrou raad oor die kind wat sy dra, met 'n kleinboer wat opdaag en versoek dat hy sy bloedjong kalf seën. Het hulle dít op kweekskool geleer? Die stasiemeester kom praat met hom oor sy dogter wat as goewernante naby die verafgeleë Moskou wil gaan werk en bied aan om vir hom 'n hoek van sy kantoor in te rig. "Ons kan 'n bed en n altaar insit." Maar hy wys dit van die hand. Hy is die kweek-skool se nederige, lae plankbed gewoond en n matjie in die treinwa pas hom goed. Laatmiddag daag nog 'n geestelike op. Vader Alex dien danksy die goedhartigheid van 'n welgestelde landheer op 'n nabygeleë landgoed en sy eweknie, ouer as hy, sê hy kan hom netsowel op die landgoed kom inrig. "Die aanvalslyn bly skuif. Een week hier, die volgende week daar. Dit neem straks lank." 'n Landgoed waarop 'n dubbelverdiepingherehuis met 'n groot tuin en 'n klein kapel vir die landheer en sy mense staan. 'n Groot werf en 'n groter kerk vir die dorp en omgewing. Stalle en vrugteboorde, met die bome kaal en die groentetuine nou leeg. Die groot dam teen hierdie tyd van die jaar sonder watervoëls. En duskant, die werkershuise. Alex se ruim slaapkamer is op die boonste verdieping. "Jy slaap in 'n hoë bed?" vra hy, want 'n heilige slaap tog op iets laags en nederigs. "Ons is ver van Moskou se reëls en voorskrifte," antwoord Alex hom met 'n ongeërgde optrek van die skouers en voor die aanddiens sien hy dat in die kapel alles ook nie volgens die boek gedoen word nie. "My assistente is oorlog toe en daar is skaars nog 'n koor," verduidelik Alex. [...]

Dit is 'n uittrecksel van die roman In sneeu geskryf, deur Francois Loots.

Titel: In sneeu geskryf
Skryver: Francois Loots
Genre: Roman
Uitgewer: Penguin Random House South Africa (Umuzi)
Kaapstad, Suid-Afrika 2015
ISBN 9781415207437 / ISBN 978-1-4152-0743-7
Sagteband, 13 x 21 cm, 376 bladsye, Afrikaans

Loots, Francois im Namibiana-Buchangebot

In sneeu geskryf

In sneeu geskryf

François Loots lewer met In sneeu geskryf weer ‘n belangrike roman, juis in ‘n tyd dat die gaydebat voortgesit word.

Rooi Jan Alleman

Rooi Jan Alleman

Rooi Jan Alleman is ’n fiktiewe weergawe van die Suid-Afrikaanse kommunis Bram Fischer se lewe.

Die Jakkalsdans

Die Jakkalsdans

Die Jakkalsdans is die derde roman van François Loots.