In oneer, deur J. M. Coetzee

In oneer, deur J. M. Coetzee. ISBN 9781415200797 / ISBN 978-1-4152-0079-7

In oneer, deur J. M. Coetzee. ISBN 9781415200797 / ISBN 978-1-4152-0079-7

In oneer deur J. M. Coetzee is 'n groot roman deur een van die beste outeurs vvat in die Engelse taal skryf.

J. M. Coetzee  

Vir iemand van sy ouderdom, twee-en-vyftig, geskei, het hy, na symening, die saak van seks nogal knap opgelos. Donderdaemiddae ry hy Groenpunt toe. Stiptelik om twee-uur druk hy die knoppie by die ingang van Windsor Mansions, sê sy naam, en gaan in. Wagtend by die deur van nr. 113 is Soraya. Hy loop reguit deur na die slaap-kamer, met sy soet geur en gedempte lig, en trek uit. Soraya kom uit die badkamer, laat haar japon val, gly langs hom die bed in. "Het jy my gemis?" vra sy. "Ek mis jou die hele tyd," antwoord hy. Hy streel haar heuningbruin lyf, sonder 'n spoor van die son; hy sprei haar oop, soen haar borste; hulle maak liefde. Soraya is lank en skraal, met lang swart hare en donker, helder oë. Tegnies is hy oud genoeg om haar pa te wees; maar dan, tegnies, kan 'n mens op twaalf 'n pa wees. Hy is al langer as 'n jaar op haar boeke; hy vind haar volkome bevredigend. In die woestyn wat elke week is, het Donderdae 'n oase van luxe et volupté geword. In die bed is Soraya nie oordadig nie. Trouens, haar geaardheid is eerder ingehoue, ingehoue en inskiklik. Haar algemene opvattings/ menings is verbasend moralisties. Sy voel gekwets deur die toeriste wat hulle borste ('uiers', noem sy hulle) op die openbare strande ontbloot; sy dink die rondlopers moet aangekeer word en aan die werk gesit word om die strate te vee. Hoe sy haar opvattings versoen met haar professie, vra hy nie.´Omdat hy soveel genot uit haar put, omdat sy genot so seker is, het daar by hom 'n toegeneentheid teenoor haar posgevat. In 'n mate, glo hy, is hierdie toegeneentheid wederkerig. Toegeneentheid mag nou nie liefde wees nie, maar dis darem minstens familie. Gegewehulle weinig belowende aanvange, was hulle gelukkig, hulle twee: hy om haar te vind, sy om hom te vind. Sy gevoelens is, daarvan is hy bewus, selfingenome, selfs vrouevererend. Desnieteenstaande hou hy nie op om daaraan getrou te bly nie. Vir 'n sessie van negentig minute betaal hy haar R400, waarvan die helfte na Discreet Escorts gaan. Dit is jammer dat Discreet Escorts soveel moet kry. Maar hulle besit nr. 113 en ander woonstelle in Windsor Mansions; op 'n manier besit hulle ook vir Soraya, hierdie deel van haar, hierdie funksie. Hy het ai gespeel met die idee om haar te vra om hom in haar eie tyd te sien. Hy sou daarvan hou om 'n aand saam met haar deur te bring, miskien selfs 'n hele nag. Maar nie die oggend daarna nie. Hy ken homself veels te goed om haar te onderwerp aan 'n oggend daarna, wanneer hy koud is, stuurs, ongeduldig om op sy eie te wees. Dit is sy geaardheid. Sy geaardheid gaan nie verander nie, hy is te oud daarvoor. Sy temperament is gevestig, vasgestel. Die skedel, gevolg deur die temperament: die twee hardste dele van die liggaam. Volg jou temperament. Dis nie 'n filosofie nie, hy sou dit nie met so 'n naam vereer nie. Dis 'n reël, soos die Reël van die Heilige Benediktus. Hy verkeer in goeie gesondheid, sy kop is helder. Sy professie is, of was, in die akademie, en vakkundigheid neem, by tussenposes, nog beslag van sy wese. Hy leef binne sy inkomste, binne sy aard, binne sy emosionele vermoëns. Is hy gelukkig? […]

Dit is 'n uittreksel uit die roman: In oneer, deur J. M. Coetzee.

Titel: In oneer
Skryver: J. M. Coetzee
Typ: Roman
Vertaling: xxx
Imprint: Umuzi
Uitgewer: Randomhouse Struik
Kaapstad, Suid Afrika 2009
ISBN 9781415200797 / ISBN 978-1-4152-0079-7
Sagteband, 15x22 cm, 192 bladsye, Taal: Afrikaans

Coetzee, J. M. im Namibiana-Buchangebot

In oneer

In oneer

Die Nobel-pryswenner J. M. Coetzee se bekroonde roman Disgrace is nou in Afrikaans onder die titel In oneer beskikbaar.

Der Junge. Eine afrikanische Kindheit

Der Junge. Eine afrikanische Kindheit

Der Junge: Eine afrikanische Kindheit ist die Geschichte eines sensiblen kleinen Jungen, der in einem öden Provinznest nördlich von Kapstadt aufwächst.

Weitere Buchempfehlungen

The Unlikely Genius of Dr Cuthbert Kambazuma

The Unlikely Genius of Dr Cuthbert Kambazuma

The Unlikely Genius of Dr Cuthbert Kambazuma is a Zimbabwean novel of startling originality.

Emma en Nella

Emma en Nella

Emma en Nella is EKM Dido se sesde roman. Die verhaal het oorspronklik as ’n baie gewilde vervolgverhaal in Die Burger verskyn.

'n Ander ek

'n Ander ek

'n Ander ek is 'n boeiende verhaal van hoop en vasberandenheid van 'n skrywer wat weet hoe om karakters roerend en geloofwaardig uit te beeld.

weltkueche-suedafrika

weltkueche-suedafrika

Dieses ganz andere Kochbuch stellt authentisch die Weltküche von Südafrika jenseits von Folklore und Klischees vor.