I-Tjieng: 'n GPS vir verdwaalde siele, deur Koos Kombuis

I-Tjieng: 'n GPS vir verdwaalde siele, deur Koos Kombuis. The Penguin Group (South Africa). Kaapstad, Suid-Afrika 2013. ISBN 9780143538462 / ISBN 978-0-14-353846-2

I-Tjieng: 'n GPS vir verdwaalde siele, deur Koos Kombuis. The Penguin Group (South Africa). Kaapstad, Suid-Afrika 2013. ISBN 9780143538462 / ISBN 978-0-14-353846-2

Modern, want dit is in vandag se Afrikaans, so kleurryk en lewendig soos wat net Koos Kombuis dit kan praat. Die I Ching, of “Boek van veranderings”, word al vir meer as 21 eeue in die Ooste gebruik, en is sedert die 19de eeu tot vandag toe ook in die Weste 'n wyd geraadpleegde bron. I-Tjieng, dit is 'n GPS vir verdwaalde siele!

Koos Kombuis  

6 ---
5 - -
4 - -
3 ---
2 ---
1 - -

Die sondes van die vaders

Iemand het lelik drooggemaak. Wat 'n gemors. Ongeregtighede van die verlede moet reggestel word vir 'n beter toekoms. Roei korrupsie met wortel en tak uit. Ondersoek die oorsaak van die probleem, pak dit dan met mening aan en maak ook agterna seker alles bly op koers. Elke einde word gevolg deur 'n nuwe begin.
1
Die seun moet die joute van sy vader regstel. As hy dit regkry, sal die pa geen verdere skuld hoej te dra nie. Gevaar dreig, maar alles eindig goed. 'n Krampagtige vasklou aan tradisies lei tot agteruitgang. Die eerste tekens van verval is reeds sigbaar, daarom is optrede nou dringend nodig. Verandering is nooit maklik nie en ook nie noodwendig 'n wonderkuur nie. Hou die situasie fyn dop om seker te maak alles verloop volgens plan.
2
Die seun moet die joute van sy moeder regstel. Hy moenie te hardhandig wees nie. 'n Mens skiet nie 'n muggie met 'n olifantgeweer nie. 'n Fout wat begaan is in 'n oomblik van swakheid, met geen kwade bedoelings nie, moet met begrip reggestel word. As jy 'n vriend of geliefde se tekortkominge uitwys, neem hulle gevoelens in ag. Vergeet en vergewe.
3
Die seun moet diejoute van sy vader regstel. Daar sal 'n bietjie ongelukkigheid wees, maar geen permanente letsels nie. Jy kritiseer links en regs. Dit maak jou ongewild. Party dinge sal nooit verander nie, dit moet jy besef. Tog is dit beter om op te tree as om Gods water oor Gods akker te laat loop.
4
Die seun sien diejoute van sy vader, maar doen nïks daaraan nie. As hy voortgaan, sal sy vernedering net al hoe groter word. Jy ploeter ook maar voort soos almal voor jou, al weet jy dit is verkeerd. Hou aan daarmee, en jou kinders sal die prys betaal. Voorkoming is beter as genesing.
5
Die seun stel diejoute van sy vader reg en word daarvoor geprys. As jyjou kinders van kleins af leer wat die waarde van herwinning, bewaring en volhoubare benutting van bronne is, sal hulle 'n beter aarde erf as jou generasie. Elkeen moet sy klein deeltjie doen. Alleen kan niemand die wêreld red nie. Goeie (en slegte) gewoontes word oorgedra van geslag tot geslag.
6
Hy dien nie konings en prinse nie, maar stel 'n hoër doel vir homselj. Jy is in die boonste driehoekie van Maslow se hiërargie. Jy wil nie by die wêreld en sy probleme betrokke raak nie. Dit skeel jou min. Vermy kantoorpolitiek en hou jou besig met hoër dinge. Eendag sal almal nog na jou verwys as Die Groot Filosoof.
Terlops
Daar is inderdaad niks nuuts onder die son nie. Mense het reeds in Confucius se tyd al hul probleme op hul ouers blameer!

Dit is 'n uittreksel van I-Tjieng: 'n GPS vir verdwaalde siele, deur Koos Kombuis.

Titel: I-Tjieng
Subtitel: 'n GPS vir verdwaalde siele
Skryver: Koos Kombuis
Uitgewer: The Penguin Group (South Africa)
Kaapstad, Suid-Afrika 2013
ISBN 9780143538462 / ISBN 978-0-14-353846-2
Sagteband, 15 x 23 cm, 166 bladsye, enige illustrasies

Kombuis, Koos im Namibiana-Buchangebot

I-Tjieng: 'n GPS vir verdwaalde siele

I-Tjieng: 'n GPS vir verdwaalde siele

In i-Tjieng praat die wysheid jou taal en is jou “GPS vir verdwaalde siele”.

Short drive to freedom: A personal perspective on the Afrikaans rock rebellion

Short drive to freedom: A personal perspective on the Afrikaans rock rebellion

Short drive to freedom is Koos Kombuis's autobiography and his personal perspective on the rock rebellion of Afrikaans language in South Africa.

Die Tyd Van Die Kombi's: Persoonlike blik op die Afrikaanse rock-rebellie

Die Tyd Van Die Kombi's: Persoonlike blik op die Afrikaanse rock-rebellie

Die Tyd Van Die Kombi's is Koos Kombuis sy persoonlike blik op die Afrikaanse rock-rebellie.

Weitere Buchempfehlungen

Blou Kombuis (CD)

Blou Kombuis (CD)

Blou Kombuis ist eine Lifeaufnahme mit dem afrikaansen Liedermacher Koos Kombuis und dem E-Gitarristen Albert Frost.

Blameer dit op Apartheid (CD) Koos Kombuis

Blameer dit op Apartheid (CD) Koos Kombuis

Die CD Blameer dit op Apartheid erschien zeitgleich mit der CD Madiba Bay. Koos Kombuis spielte diese 1997 mit der Band 'Die Warmblankes' ein.

Bloedrivier (CD)

Bloedrivier (CD)

Die Aufnahmen für die regierungskritische CD Bloedrivier nahm Koos Kombuis 2008 mit zahlreichen südafrikanischen Gastmusikern auf.

Dertien (CD) Koos Kombuis

Dertien (CD) Koos Kombuis

Mit der CD Dertien, Tiefe, subtilem Witz und Harmonie überraschte Koos Kombuis seine Fans und Kritiker.

Madiba Bay (CD Koos Kombuis)

Madiba Bay (CD Koos Kombuis)

Koos Kombuis widmete die 1997 erschienene CD 'Madiba Bay' dem scheidenden Präsidenten Südafrikas, Nelson Mandela.