Huisies van papier, deur Dalena Theron

Huisies van papier, deur Dalena Theron. Penguin Random House South Africa (Umuzi). Kaapstad, Suid-Afrika 2015. ISBN 9781415207086 / ISBN 978-1-4152-0708-6

Huisies van papier, deur Dalena Theron. Penguin Random House South Africa (Umuzi). Kaapstad, Suid-Afrika 2015. ISBN 9781415207086 / ISBN 978-1-4152-0708-6

In 'Huisies van papier' vier Dalena Theron die liefde en familie in al sy kleurryke gedaantes.

Ek mik gang toe met my foon, want ek sien dis Stefan wat bel. Hy bel my nie sommer nie. 'Hi, dis ek', sê hy met die gewone huiwering in sy stem. 'Wat gaan aan?' 'Jou pa is op pad hospitaal toe.' Hy maak keel skoon. 'Dis sy hart. Ek het 'n ambulans gebel. Daar is water wat uit die hart in sy longe lek.' 'Sy hart.' Ek glo hom nie. Stefan en Pa is albei geneig om dramaties te wees. Pa het nie hartprobleme nie. Daar is nou wel die suikerding, en hy rook soos 'n skoorsteen, maar Pa is ... Dis net my oupa ... Ag, shit. 'Stefan, hoe weet jy dit is sy hart?' 'Hy was die hele nag op. Elke keer wanneer hy gaan lê, kla hy hy kan nie asem haal nie.' 'Maar wat het dit met sy hart te doen?' Ek wéét: Ek het Pa vanoggend nie eens gegroet nie, onthou ek. Ergerlik omdat ek laat was, het ek by die deur uitgevlieg terwyl ek die honde van my probeer wegkeer en hul hare van my baadjie afstof. 'Maar...' Hy wag. 'Ja.' Onmiddellik bel ek vir Pa. Ek weet ek moenie. Hy is in 'n ambulans. Maar ek kan dit nie help nie. En ja, Pa antwoord byna dadelik sy foon. 'Pappa!' 'Hallo, sussie! 'Is Pa oukei? Wat gaan aan?' 'Sukkel om. Asem te. Haal. Sorry. Eine.' Pa haal so swaar asem dat ek begin huil. Ek onthou hoe Ouma daardie nag vir Oupa, Pa se pa, op die hadkamervloer gekry het. 'Pappa, wie vat jou hospitaal toe' 'Ambulans.' 'Ek weet... sorry, ek bedoel wat is sy naam? Dankie tog, dis Harry. 'Gee vir hom die foon, sê ek. Pa stry nie eens nie. Anna, hy gaan oukei wees, sê Harry. 'Ons moet sy longe net dreineer; ek het hom nou op noodmedikasie gesit. Ek bel jou wanneer ons daar kom.' 'Oukei. Oukei ... dankie' Dit vat 'n oomblik voor die woede oorneem. 'En sê vir hom hy moet op hou rook! En ... en...!' 'Anna, bedaar. Ek bel jou later. Sit die foon nou neer dat jou pa kan ontspan. Hy kekkel 'n droë laggie. 'Oukei, dankie' Ek probeer om nie die talle lyke onder hul sïlwer komberse te sien wat Harry se stem altyd oproep nie. (Om 'n joernalis te wees, selfs net 'n baie junior, kleindorpse joernalis, kan lelik metjou kop neuk.) Asseblief, Here, moenie dat Pa nog een wees nie, sê ek so ewe asof ek elke dag bid. Ek onthou so goed daardie eerste aand van die eerste vakansie wat ek en Mia by die pa's deurgebring het. Ons het in stilte op ons enkelbedjies gelê en na die paddas in die visdam by die stoep geluister. Die paddakoor sou bekend word, maar, nes die nuwe huis in Pretoria, was alles nog vreemd. Die warm asem van Zoeloeland se lug het teen die gordyn gestoot soos 'n dier wat wil inkom. 'Mia?' fluister ek vir die nuwe meisie, ouer as ek, met die lang hare en die sagte gesig. Ons het amper na mekaar gelyk. My hare is net bietjie donkerder, my oë bietjie harder. Mia se gesig is effe gerond soos dit dié van 'n meisie betaam; ek het skerp, hoekige gelaatstrekke: 'n ken, 'n effense wipneus, wilde donker wenkbroue soos Pa en Oupa s'n. 'Ja?' 'Hoekom het jou ma-hulle geskei?' Mia lyk so selfversekerd en kalm. [...]

Dit is 'n uittrecksel van die roman Huisies van papier, deur Dalena Theron.

Titel: Huisies van papier
Skryver: Dalena Theron
Genre: Roman
Uitgewer: Penguin Random House South Africa (Umuzi)
Kaapstad, Suid-Afrika 2015
ISBN 9781415207086 / ISBN 978-1-4152-0708-6
Sagteband, 13 x 21 cm, 224 bladsye, Afrikaans

Theron, Dalena im Namibiana-Buchangebot

Huisies van papier

Huisies van papier

Huisies van papier 'n roman wat dalk vir kinders wat deur traumatiese egskeidings gaan, veel sal kan beteken.