Groot Verseboek, deur D. J. Opperman

D. J. Opperman, deur D. J. Opperman. Nasionale Boekhandel. Tweede uitgawe. Kaapstad, Bloemfontein, Johannesburg, Suid-Afrika 1959

D. J. Opperman, deur D. J. Opperman. Nasionale Boekhandel. Tweede uitgawe. Kaapstad, Bloemfontein, Johannesburg, Suid-Afrika 1959

Vir meer as ’n halfeeu het DJ Opperman se Groot Verseboek die kanon van die Afrikaanse poësie bepaal. Die Verseboek het die mooiste Afrikaanse gedigte in een boek saamgebind en ’n beeld gegee van die ontwikkeling van Afrikaanse poësie oor dekades.

N. P. van Wyk Louw  D. J. Opperman  Daniël Francois du Toit (Oom Lokomotief)  Stephanus Georg du Toit (1855-1898)  Daniël Francois du Toit (Dokter)  Stephanus Jacobus du Toit (1847-1911)  Hendrik van der Merwe Scholtz  I. D. du Plessis  D. F. Malherbe  C. Louis Leipoldt  A. G. Visser  Elisabeth Eybers  C. M. van den Heever  W. E. G. Louw  Theo Wassenaar  

Om 'n aanduiding van die ontwikkelingsgang van die Groot Verseboek te gee, is daar vir die samesteller van 'n bloemlesing twee moontlike uitgangspunte, naamlik die gedigte óf die digters. 'n Mens sou die suiwerste beeld van die ontwikkeling kry wanneer al die gedigte volgens hulle publikasie- of eerder ontstaansdatums geplaas word, maar so 'n beeld sal verwarrend wees en die eenheid van die digter se werk sal daarmee verlore gaan. Om hierdie eenheid te behou, is die tweede uitgangspunt meer bevredigend, dit wil sê waar 'n mens die gedigte van elke digter groepeer en dan op grond van 'n literêrhistoriese ondersoek die volgorde van die digters bepaal. By so 'n ondersoek staar 'n mens jou nie blind op die verskyningsdatum van die digbundels nie (byvoorbeeld Eugéne N. Marais se gedigte is eers in 1925 gebundel), maar hou jy ook rekening met ander maniere van publikasie, soos byvoorbeeld in tydskrifte. Die lastigheid is egter waar 'n persoon al vroeg 'n paar onbeduidende verse geskryf het maar eers ná 'n lang periode van stilte én as gevolg van 'n hele ontwikkeling in ons poësie eintlik digter word, byvoorbeeld A. G. Visser. Indien 'n mens so 'n digter 'n plek sou toeken volgens sy eerste paar verse, dan sou jy ander digters onreg aandoen, hier byvoorbeeld A. D. Keet en Toon van den Heever. En in party gevalle sou dit ook onregverdig wees om volgens die eerste verse wat daar van 'n bepaalde digter in die bloemlesing voorkom, histories sy plek te bepaal, byvoorbeeld D. F. Malherbe en H. A. Fagan. Hieruit is dit duidelik dat so 'n ontwikkelingsgang in 'n bloemlesing 'n spel van ,,min of meer' inhou, al berus die volgorde waarin die digters geplaas word, soos in hierdie geval, op 'n suiwer literêrhistoriese ondersoek. (Vergelyk, onder meer, Digters van Dertig.) Met die volgorde van die digters eenmaal vasgestel, is die gedigte volgens die publikasiedatums van die digters se bundels geplaas, en binne elke groep gedigte uit een bundel is die digter se eie volgorde gehandhaaf - wat natuurlik nie altyd chronologies is nie. Hier en daar is ook verse uit tydskrifte ingesluit. Verder is daar soms, veral by dié figure wat dit regverdig, gedigte ingesluit wat nie altyd tot hulle allerbeste gereken kan word nie, maar wat myns insiens noodsaaklik vir 'n insig in hulle werk is. Vir hierdie bloemlesing het suiwer vertalings nie in aanmerking gekom nie („Klaas Geswind en Syn Perd" van F. W. Reitz, "Die Blinde se Geloof" van Uys Krige en "Roepende Stemme" van S. V. Petersen is reeds grensgevalle) en daarom geskied daar nie volkome reg aan C. J. Langenhoven, D. F. Malherbe, T. J. Haarhoff, S. J. du Toit, Uys Krige en Peter Blum nie. Die strewe was om sover moontlik die jongste tekste te gebruik, dit wil sê tekste wat die digter óf self versorg het óf waarvoor hy verantwoordelik gehou kan word; met ander woorde teksveranderings ná die dood van 'n digter is nie gevolg nie, maar hier het Leipoldt probleme opgelewer! Uys Krige het sy tekste opnuut vir hierdie bloemlesing nagesien. Die spelling is sover moontlik eenvormig gemaak, hoewel sekere dubbelvorme gehandhaaf is. Ook is die spelling van die ouer tekste gemoderniseer dog sonder om die taalvorm aan te tas. En om taalhistoriese teenstrydighede in die ouer tekste (byvoorbeeld in Reitz se gedigte is die taalvorm later gemoderniseer, terwyl daar in gedigte wat ná syne verskyn het, ouer taalvorms behoue gebly het) te vermy, is hulle sover moontlik uit één bron geneem. (Vergelyk verder die Bronnelys.) Ek wil my waardering uitspreek vir die samewerking wat ek ontvang het van mnr. F. J. le Roux en prof. dr. J. du P. Scholtz; en ook van prof. I. W. van der Merwe, mnr. J. Greshoff en prof. dr. N. P. van Wyk Louw. Hierdie persone is in verskillende mate ook verantwoordelik vir die keuse uit my eie werk. Ten slotte my dank aan die digters en die uitgewers wat dié publikasie moontlik gemaak het.

Dit is 'n uittreksel uit die Groot Verseboek, deur D. J. Opperman.

Titel: Groot Verseboek
Saamgestel deur: D. J. Opperman
Uitgewer: Nasionale Boekhandel
Tweede uitgawe. Kaapstad, Bloemfontein, Johannesburg, Suid-Afrika 1959
Oorsponklike hardeband, 14 x 22 cm, 279 bladsye

Opperman, D. J. im Namibiana-Buchangebot

Groot Verseboek

Groot Verseboek

Die bekende Groot Verseboek is 'n bloemlesing van die mooiste Afrikaanse gedigte in een band.

Joernaal van Jorik

Joernaal van Jorik

Joernaal van Jorik is die beroemde Afrikaanse epos van 'n Soviet spioen wat na Suid-Afrika gestuur word, waar hy ver van alle hulp op sy eie aangaan.

Afrikaanse Lyrik: Afrikaans-Deutsch

Afrikaanse Lyrik: Afrikaans-Deutsch

Afrikaanse Lyrik enthält 78 Gedichte aus verschiedenen zeitlichen Epochen, die sowohl in ihrer ursprünglichen Sprache Afrikaans als auch in Deutsch übersetzt abgedruckt sind.