Emma en Nella, deur EKM Dido

Emma en Nella, deur EKM Dido. 9781415201206 / ISBN 978-1-4152-0120-6

Emma en Nella, deur EKM Dido. 9781415201206 / ISBN 978-1-4152-0120-6

Gert antwoord ná die eerste Lui. Emma is só angstig en ontsteld dat sy nie eens sê dis sy wat praat nie. "Dis Nella, Gert. Sy's weg!" kry sy bewerig uit. "Die bed is onopgemaak en die kamer is deurmekaar. Al haar teddiebere is weg." Emma en Nella is EKM Dido se sesde roman.

EKM Dido  

"Wat bedoel jy?" vra hy, sy stem skerp. In die agtergrond hoor Emma die gedreun van voertuie. "Sy is nie in haar kamer nie," antwoord sy. Haar stem is effens fermer, maar sy hou die kraag van haar liggroen bloes styf vas. Haar binnegoed voel yskoud, want sy weet, sonder dat iemand haar dit hoef te vertel, dat daar groot fout is. 'n Beweging in die gang trek haar aandag. Dis Bukelwa wat eers 'n rukkie in die gang rondgestaan en nou in die badkamer verdwyn het. Sy kan hoor hoe sy die kombers pak en dit met mening begin uitspoel. Dis n geklots en geplas, en Emma wonder hoeveel water op die vloer beland. Los die kombers, wil sy op Bukelwa skree, maar sy laat haar maar begaan. Van Gert se kant af is dit stil, dan vra hy: "Het jy in die toilet gekyk? Jy weet hoe sy deesdae staan-staan vas aan die slaap raak." Die deur van die toilet, wat langs die badkamer is, was oop, onthou Emma. Sy moes die kind tog gewaar het. Dan begin sy te twyfel. "Bukelwa!" roep sy onnodig hard, "loer gou in die toilet of Nella daar is" Aan Gert verduidelik sy: "Bukelwa soek na Klein-Piet, want dié het nie laasnag by die huis geslaap nie" Haar verstand sê vir haar om minder te praat, maar haar tong voel of dit n wil van sy eie het. "Gert, wat as Nella saam met hom is? Sy maters is niks anders as -" Voor Emma die sin kan voltooi, roep Bukelwa uit die badkamer uit: "Sy s nie daar nie. Sendijongile. Ek het eerste daar gekyk en in die kombuis ook. Ndiye ndayokuqala phaya ngasekhitshini. Akekho. Ek hamba maar eers huis toe." Emma hoor die deur agter haar toegaan. "Nella is nie hier nie, Gert," sê sy en voel hoe haar onderlip bewe. "Ek is netnou daar," beloof hy saaklik. "Ek het so pas op die N2 gekom en die eerste afdraai is nou eers weer by die r300. Dan gaan ek sommer oor die Delftbrug en deur Silversands ry. Verdomp! Nou moet die verkeer ook nog so druk wees!" - "Ry versigtig," maan sy, maar die lyn is reeds dood. ‘n Oomblik lank bly sy op die rand van haar hoë, outydse katel sit, te verslae om enigiets te doen. Sy kyk na die foto s van Nella wat op die spieëlkas by die deur staan: Nella op ses maande. Hoe soet en mooi het sy nie in die wit dooprokkie en wit lapskoentjies gelyk nie! Maar toe dominee Wentzel die koue water oor haar kop sprinkel, het sy so n keel opgesit dat haar asem net wou wegslaan. Nella n jaar later. Kyk hoe styf klou die armpies die eettafelpoot vas. 'n Stukkie wit luier steek onder haar rooi rokkie se soom uit. Sy het maar lank gevat voor sy kon sê sy het n behoefte, en nog langer om aan die pienk plastiekpiepiepot gewoond te raak. Maar wat traak dit as haar kind op die foto amper agttien maande oud is en soms nog luier gedra het? Wat saak maak, is dat sy hier vir die eerste keer probeer om haar self teen die tafelpoot op te trek. En wie gee nou om dat die foto half uit fokus is? Daardie oomblik is in my geheue vasgelê, dink Emma. Sies tog, in die volgende foto lyk Nella só hartseer in die groen skooluniform en wit hempie met die te groot boeketas op die rug. […]

Dit is 'n uittreksel uit die roman: Emma en Nella, deur EKM Dido.

Titel: Emma en Nella
Skryver: EKM Dido
Typ: Roman
Imprint: Umuzi
Uitgewer: Randomhouse Struik
Kaapstad, Suid Afrika 2010
ISBN 9781415201206 / ISBN 978-1-4152-0120-6
Sagteband, 15x22 cm, 224 bladsye, Taal: Afrikaans

Dido, EKM im Namibiana-Buchangebot

Emma en Nella

Emma en Nella

Emma en Nella is EKM Dido se sesde roman. Die verhaal het oorspronklik as ’n baie gewilde vervolgverhaal in Die Burger verskyn.

'n Ander ek

'n Ander ek

'n Ander ek is 'n boeiende verhaal van hoop en vasberandenheid van 'n skrywer wat weet hoe om karakters roerend en geloofwaardig uit te beeld.

Weitere Buchempfehlungen

'n Dans met die dood

'n Dans met die dood

'n Dans met die dood onthul diep ontstellende insigte in die gemoed van ’n anoreksielyer.

weltkueche-suedafrika

weltkueche-suedafrika

Dieses ganz andere Kochbuch stellt authentisch die Weltküche von Südafrika jenseits von Folklore und Klischees vor.