Die voorgeskiedenis von Suidwes-Afrika, van Heinrich Vedder

Die voorgeskiedenis von Suidwes-Afrika, van Heinrich Vedder.

Die voorgeskiedenis von Suidwes-Afrika, van Heinrich Vedder.

Aan die hand van die betroubaarste skriftelike en mondelinge oorlewerings vertel Dr. Heinrich Vedder oor die voorgeskiedenis von Suidwes-Afrika.

Heinrich Vedder  

Uit die voorwoord: In hierdie boek word vertel van baie dinge wat in die wêreldgeskiedenis van ondergeskikte belang is, maar wat van waarde is vir diegene wat Suidwes-Afrika ken en lief het Laasgenoemdes behoort die boek te lees, want daar is baie dinge in hierdie boek opgeteken waarvan selfs diegene wat 'n rol in die geskiedenis van sonnige Suidwes-Afrika gespeel het of nog speel, min weet; dinge waar-oor hulle nêrens anders iets kan lees nie, omdat hierdie geskiedenis van die ou Suidwes grotendeels gebaseer is op aantekenings, briewe,- berigte, dagboeke en mondelinge mededelings van ou inwoners, blankes sowel as gekleurdes. Vir die nageslag is daardie waardevolle dokumente in 28 dele „Quellen zur Geschichte von Südwestafrika" versamel en as manuskrip deur die Administrasie van Suidwes oorgeneem. Dit is nie alleen 'n ryke bron van gegewens vir die geskiedenis van die land as geheel nie, maar ook vir die geskiedenis van die verskillende woon-plekke en stamme waaraan in ,,Die Voorgeskiedenis van Suidwes-Afrika" minder aandag géskenk is. Opreg dankbaar voel ons in die eerste plaas teenoor Sy Edele oud-administrateur A. J. Werth, van wie die inisiatief uitgegaan het om hierdie boek saam te stel en wat dit moontlik gemaak het om die geskiedkundige berigte uit vervloë dae te versamel en te verwerk voordat waardevolle ou herinnerings in die vergetelheid raak. Die Rynse Sendinggenootskap in Barmen het bereidwillig die talryke berigte van sy sendelinge, wat sedert 1842 in Suidwes-Afrika werksaam is, ter beskikking gestel, en mej.

Emma Meier, tans woonagtig op Gütersloh (Duitsland), wat in Suidwes gebore is, het op oordeelkundige wyse die belangrikste gegewens uit die dokumente van die Sendinggenootskap uitgesoek. Sendinginspekteur ds. J. Olpp was so vriendelik om ons insage te verleen van die voorsittersargief van Hereroland en Namaland. Verder is ons dank verskuldig aan direkteur H. H. G. Kreft in Windhoek vir menige nuttige wenk en sy aanmoediging. Waardevolle mededelings oor Amboland is aan ons verstrek deur sendelinge C. Sckár en Lehto, terwyl ons, dank sy die vriendelikheid van mnr. Paul Ribbink van Kaapstad, die geleentheid gehad het om die skatte van die Parlementsbiblioteek aldaar te bestudeer. Ook dr. C. Frey van Windhoek wil ons nog noem. Met die oog van 'n deskundige het hy die manuskrip nagesien. En ten slotte dank ons die onbekende vriende van die land se geskiedenis wat hulp toegesê het toe administrateur Werth 'n beroep op hulle gedoen het om die onkoste te help dek.

Die geskiedenis van Suidwes-Afrika tot 1890 lyk soos 'n verwarde klossie garingdrade. Die skrywer het hom geen moeite bespaar om die draadjies afsonderlik te ontrafel en hulle vir die leser netjies langs mekaar te lê nie, en wel op so 'n manier dat nooit aan die fantasie vrye teuels gelaat is om leemtes aan te vul nie. Ook tot sierlike taal is die toevlug nie geneem nie. 'n Geskiedenis behoort deur so duidelik en eenvoudig moontlike skildering van gebeurtenisse en feite belangstelling te wek en nie deur allerlei versierende bykomstighede nie. Indien die leser in die, met moeite ontwarde drade, hier en daar nog 'n geskiedkundige knoop vind, moet hy hom maar troos met die gedagte aan komende geslagte, wat dan ook nog iets sal hê om te ontrafel. Dit was nie moontlik om waardevolle aanhalings uit ou reisbeskrywings en boeke eenvoudig te vervang deur 'n verwysing na bestaande literatuur, soos in ander boeke gebruiklik is nie.

Hulle moes opgeneem word in hierdie boek, omdat dit baie moeilik is om die literatuur oor Suidwes in hande te kry, sodat die meeste lesers hulle nie ter insage sou kon kry nie. Nog meer geld dit van aanhalings uit gedeeltelik vernietigde, met die hand opgetekende gegewens uit die oudste tyd. Maharero se briewe aan die hoofmanne van die land en die dokumente wat hy ván die Kaapse regering ontvang het, asook briewe wat hy uit die sakke van oorwonne teenstanders gehaal het, bevind hulle, mooi gerangskik, in die boekery van die Administrasie van Suidwes-Afrika. Belangrike bewysstukke is 'daaronder te vind. Hendrik Witbooi se dagboek, wat in 1894 tydens die onvergeetlike dae van die Noukloof-gevegte in majoor Leutwein se hande geval het, is deur die bemoeiings van die Suidwes-Afrikaanse Wetenskaplike Vereniging gepubliseer (Van Riebeek-vereniging, Kaapstad, 1929) en is ook 'n waardevolle bron van gegewens. In verband met die skryfwyse van volks- en stamname moet die leser die klikklanke maar oor die hoof sien, want 'n ander omskrywing sou hom tog nie in staat stel om die klikklanke te voorskyn te bring nie. Verder word die enigste verstandige beginsel gevolg om vir die enkelvoud en meervoud alleen die stam van die woord, sonder voor- of agtersetsels te gebruik. Daar word derhalwe net gepraat van Herero en nie van Omuherero, Ovaherero of Hereros nie.

Ons maak geen melding van Damara, Damra, Damaras of selfs Damarasse nie, maar alleen van Dama. Die Suidwes-Afrikaanse Hottentotstam word nie aangedui met Namaqua, Namas, Naman, ens., nie maar eenvoudig Nama genoem, Die Omuambo en die Ovambo word kort en bondig Ambo genoem. Van die leser kan nie verwag word dat hy, terwyl die lees-stof hier en daar reeds lingewikkeld is, sook nog die vormleer van verskeie van Suidwes se inboorlingtale sal aanleer nie. Die voorgeskiedenis van Suidwes-Afrika sluit af met die dood van Jan Jonker (1889) en Maharero (1890). Aangesien die Duitse Ryk egter reeds in 1884 in Suidwes opgetree het, word in hierdie boek kortliks daarvan melding gemaak, hoewel die Duitse tydperk in 'n afsonderlike boek as geheel behandel behoort te word.

Dit is 'n uittreksel uit die boek: Die voorgeskiedenis von Suidwes-Afrika, van Heinrich Vedder.

Titel: Die voorgeskiedenis von Suidwes-Afrika
Subtitel: Gebeurtenisse in Suidwes tot aan die dood van Maharero in 1890
Skrywer: Heinrich Vedder
Uitgewer: John Meinert
Eerste Uitgawe, Windhoek, Suidwes-Afrika 1979
ISBN 0628014619
Oorspronklike hardeband, 16x25 cm, 751 bladsye, sommige fotos, 5 gevoude kaarte

Vedder, Heinrich im Namibiana-Buchangebot

Die voorgeskiedenis von Suidwes-Afrika

Die voorgeskiedenis von Suidwes-Afrika

Die bekende boek von Heinrich Vedder, Die voorgeskiedenis von Suidwes-Afrika, vertel oor die gebeurtenisse in Suidwes tot aan die dood van Maharero in 1890.

South West Africa in early times

South West Africa in early times

South West Africa in Early Times: Being the story of South West Africa up to the date of Maharero's death in 1890.

Am Lagerfeuer der Andern. Von Land und Leuten in Südwestafrika

Am Lagerfeuer der Andern. Von Land und Leuten in Südwestafrika

Ein seltener Klassiker: Am Lagerfeuer der Andern. Von Land und Leuten in Südwestafrika und was man von Menschen und Dingen sonst noch am Lagerfeuer zu erzählen pflegt.

Am Lagerfeuer. Geschichten aus Busch und Werft, von Pad und Landschaft, Menschen und Schicksalen in Südwestafrika

Am Lagerfeuer. Geschichten aus Busch und Werft, von Pad und Landschaft, Menschen und Schicksalen in Südwestafrika

'Am Lagerfeuer' ist ein Südwestafrika-Klassiker: Geschichten aus Busch und Werft, von Pad und Landschaft, Menschen und Schicksalen.

South West Africa in Early Times

South West Africa in Early Times

South West Africa in Early Times being the story of South West Africa up to the date of Maharero's death in 1890.

Afrikanischer Heimatkalender 1932

Afrikanischer Heimatkalender 1932

Dies ist die dritte Ausgabe Afrikanischer Heimatkalender aus dem Jahr 1932.

Das alte Südwestafrika

Das alte Südwestafrika

Lange Zeit war Heinrich Vedders Werk Das alte Südwestafrika: Südwestafrikas Geschichte bis zum Tode Mahareros 1890, ein Standardwerk der Geschichte der ehemaligen deutschen Kolonie.

Die Bergdama

Die Bergdama

Diese völkerkundiche Monographie über die Bergdama im Südwestafrika der 1920er Jahre gilt als ein Klassiker der Ethnografie Afrikas.

Wahres Christentum. Sechs Reden von Dr. Heinrich Vedder in Okahandja, Südwestafrika

Wahres Christentum. Sechs Reden von Dr. Heinrich Vedder in Okahandja, Südwestafrika

Dieses seltene Büchlein enthält sechs Reden von Heinrich Vedder, die er in Okahandja, Südwestafrika zum Thema Wahres Christentum gehalten hat.

Afrikanischer Heimatkalender 1981

Afrikanischer Heimatkalender 1981

Dies ist der 51. Jahrgang Afrikanischer Heimatkalender für das Jahr 1981.

Einführung in die Geschichte Südwestafrikas von Heinrich Vedder

Einführung in die Geschichte Südwestafrikas von Heinrich Vedder

Dies ist eine Neuauflage von: Einführung in die Geschichte Südwestafrikas von Heinrich Vedder.

Geschichten am Lagerfeuer

Geschichten am Lagerfeuer

Stimmungsvolle Geschichten am Lagerfeuer über Land und Leute, Sitten und Gebräuchen, Pflanzen und Tieren im alten Südwestafrika.