Die Tyd Van Die Kombi's: Persoonlike blik op die Afrikaanse rock-rebellie, deur Koos Kombuis.

Die Tyd Van Die Kombi's: Persoonlike blik op die Afrikaanse rock-rebellie, deur Koos Kombuis. Human & Rousseau. Kaapstad-Pretoria, Suid Afrika 2009. ISBN 9780798150996 / ISBN 978-0-7981-5099-6

Die Tyd Van Die Kombi's: Persoonlike blik op die Afrikaanse rock-rebellie, deur Koos Kombuis. Human & Rousseau. Kaapstad-Pretoria, Suid Afrika 2009. ISBN 9780798150996 / ISBN 978-0-7981-5099-6

Die skrywer van Die Tyd Van Die Kombi's, digter Koos Kombuis, hoop omdat sy persoonlike blik op die Afrikaanse rock-rebellieboek die nuwe geslag die moed gee om die foute te vermy wat hulle gemaak het, en ook die moed om die rebellie verder te voer indien nodig.

Koos Kombuis  

Depressie, waansin en massahisterie

Terwyl ek vanoggend studio toe gery het, het ek iets gesien wat my aan die hart gegryp het. Ek het op die pragtige pad tussen Somerset-Wes en Stellenbosch gery, met die vensters wyd oop, verbyster deur die skoonheid van alles en omring deur al die geure van die laatsomer, toe ek 'n kind langs die pad sien sit. Dit was 'n klein dogtertjie, en sy het geglimlag. Maar iets omtrent haar glimlag het nie heeltmal reg gelyk nie. Soos ek reg verby haar gery het, het ek haar gesig van naby gesien. Haar gelaatstrekke was verwronge. Al die tipiese kenmerke van fetale alkoholsindroom was daar. Die genetiese afwyking wat voorkom by kinders van ma's wat te veel drink tydens swangerskap. Die kind het langs die pad gesit, en agter het die wingerde van die Boland eindeloos gestrek; heuwel op heuwel van heldergroen; die mooiste toneel denkbaar. Ek het die musiek afgeskakel waarna ek besig was om te luister, Willim Welsyn en die Sunrise Toffies, en aanhou bestuur in 'n geskokte toestand, met my hart wat wou-wou gaan staan; 'n totale aanval van stilstuipe. Die jukstaposisie van alles was eenvoudig te erg. Ek het nagedink oor al die paradokse wat my al my lewe lank agtervolg. Ek het gewonder oor hoe de hel ek in die eerste plek 'n sogenaamde rockster geword het, terwyl ek so ooglopend min musiektalent het. En hoe dit gekom het dat ek myself in 'n job bevind wat van my vereis om so 'n groot deel van my tyd op reis te wees - heeltyd op die highway, in Kombi's of ander karre - ek wat as kind in ses motoron-gelukke was, ek met die vrees vir spoed! Tot vandag toe haat ek dit om vinnig te ry, ek haat vlieg, ek ly aan die mees on-gelooflike hoogtevrees, en tog moet ek feitlik elke maand iewers heen vlieg om te perform op die een of ander verhoog iewers! In daardie tye van afwagting van die laat-tagtigs, voordat die eerste Kombi's ons lewens binnegery het, het ons elke dag heeltyd na rock 'n roll geluister op die hi-fi wat in die hoek van Dirk se girlfriend se sitkamer gestaan het. Ons gunstelingband was The Waterboys. Ons gunstelingsong van The Waterboys was "That was the River, this is the Sea". Ons het daai song oor en oor gespeel. Ons het geweet wat die betekenis van die song was: die eerste paar kabaretvertonings wat ons saam in die Sterrewag-teater in Bloemfontein gedoen het - dit was hoekom ons daar was, Dirk het dit gereël, hy het ons genooi - was fokkol in vergelyking met wat volgende sou gebeur. Die meeste van ons voorgevoelens was goed. Maar daar was oomblikke van twyfel. Daar was byvoorbeeld die nag toe Kerkorrel aan my erken, tydens 'n private gesprek: "Ek ly aan depressie." Ek het nie geantwoord nie. Ek het geen idee gehad waarvan hy praat nie. Malheid? Dit het ek geken. Hartseer? Dit was normaal. Ek was, as gevolg van dure ondervinding, in my eie lewe reeds vertroud met 'n hele spektrum ekstreme emosies: woede, frustrasie en haat tot by disoriëntasie en waansin, ja, selfs waansin in van sy ergste vorms . . . Maar depressie? Wat de hel is dit? Wat het dit beteken? Dit het so klinies geklink. Soos om te kla oor 'n ligte verkouetjie terwyl almal om jou ly aan longkanker. Ek het gewonder wat om te sê toe hy my dit meedeel. Ek kon aan niks dink nie. Al die crazyheid wat ek ooit ervaar het, was veroorsaak deur goed wat actually met my gebeur het. [...]

Dit is 'n uittreksel uit die outobiografie Die Tyd Van Die Kombi's: Persoonlike blik op die Afrikaanse rock-rebellie, deur Koos Kombuis.

Title: Die Tyd Van Die Kombi's
Subtitle: Persoonlike blik op die Afrikaanse rock-rebellie
Skrywer: Koos Kombuis
Genre: Outobiografie
Uitgewer: Human & Rousseau
Kaapstad-Pretoria, Suid Afrika 2009
ISBN 9780798150996 / ISBN 978-0-7981-5099-6
Sagteband, 14 x 22 cm, 256 bladsye

Kombuis, Koos im Namibiana-Buchangebot

Die Tyd Van Die Kombi's: Persoonlike blik op die Afrikaanse rock-rebellie

Die Tyd Van Die Kombi's: Persoonlike blik op die Afrikaanse rock-rebellie

Die Tyd Van Die Kombi's is Koos Kombuis sy persoonlike blik op die Afrikaanse rock-rebellie.

I-Tjieng: 'n GPS vir verdwaalde siele

I-Tjieng: 'n GPS vir verdwaalde siele

In i-Tjieng praat die wysheid jou taal en is jou “GPS vir verdwaalde siele”.

Short drive to freedom: A personal perspective on the Afrikaans rock rebellion

Short drive to freedom: A personal perspective on the Afrikaans rock rebellion

Short drive to freedom is Koos Kombuis's autobiography and his personal perspective on the rock rebellion of Afrikaans language in South Africa.

Weitere Buchempfehlungen

Blou Kombuis (CD)

Blou Kombuis (CD)

Blou Kombuis ist eine Lifeaufnahme mit dem afrikaansen Liedermacher Koos Kombuis und dem E-Gitarristen Albert Frost.

Blameer dit op Apartheid (CD) Koos Kombuis

Blameer dit op Apartheid (CD) Koos Kombuis

Die CD Blameer dit op Apartheid erschien zeitgleich mit der CD Madiba Bay. Koos Kombuis spielte diese 1997 mit der Band 'Die Warmblankes' ein.

Bloedrivier (CD)

Bloedrivier (CD)

Die Aufnahmen für die regierungskritische CD Bloedrivier nahm Koos Kombuis 2008 mit zahlreichen südafrikanischen Gastmusikern auf.

Dertien (CD) Koos Kombuis

Dertien (CD) Koos Kombuis

Mit der CD Dertien, Tiefe, subtilem Witz und Harmonie überraschte Koos Kombuis seine Fans und Kritiker.

Madiba Bay (CD Koos Kombuis)

Madiba Bay (CD Koos Kombuis)

Koos Kombuis widmete die 1997 erschienene CD 'Madiba Bay' dem scheidenden Präsidenten Südafrikas, Nelson Mandela.