Die stryd om ewewig, deur C. M. van den Heever

Die stryd om ewewig. Opstelle oor ons strewe na kulturelle selfstandigheid, deur C. M. van den Heever.  Kwarteeu-serie, Nasionale Pers Beperk.

Die stryd om ewewig. Opstelle oor ons strewe na kulturelle selfstandigheid, deur C. M. van den Heever. Kwarteeu-serie, Nasionale Pers Beperk.

C. M. van den Heever was ’n voorstander van “die Afrikaanse gedagte”, wat die titel van een van sy kultuurboeke was wat in 1935 verskyn het en wat opgevolg is deur "Die stryd om ewewig" van 1941.

C. M. van den Heever  

Ons lewe in die eeu van die triomf van die propaganda. Al wat die mens aan sielkundige kennis, aan praktiese begrip van die menslike gedrag besit, word ingespan om 'n idee, 'n plan, 'n magsbehoefte te propageer. Die selfstandigheid van die kleiner kulture word dag na dag meer bedreig. Die geskiedenis leer ons dat dit swaar gaan om 'n kultuur en taal wat in 'n bepaalde land, onder bepaalde omstandighede gekweek is, uit te roei, maar die ervaring leer ons verder dat groot beskawings deur magsmiddele, veral deur ekonomiese "omsingeling", deur geslepe propaganda, die volksaardige, die natuurlik-gegroeide kan uitput, laat verbleek, tot dit magteloos is om van binne uit te ontplooi, want oral stoot dit aan teen belemmeringe wat van buite af opgelê is; dit kom langsamerhand die natuurlike uitingsorgane kort. Dan volg onderlinge getwis, gebrek aan selfvertroue, afwesigheid van 'n drang om saam te staan en van 'n wesenlike wil om 'n kulturele eenheid te wees. Die mag van die propaganda is geweldig, maar dit bly geweldig net totdat ons dit "agterkom", totdat ons die metodes daarvan ontdek, totdat ons op ons hoede is en ons afvra waarom ons dinge doen, gedagteloos, meegaande, sonder dat ons verantwoording daarvoor kan gee. Geen kultuurlewe is meer te betrag nie sonder hierdie opsetlike beïnvloeding wat daarop uitgeoefen word deur die gesproke en geskrewe woord, deur middel van die radio en die film, die boek, die koerant, die pamflet, die advertensie, die organisasie, die persoonlike invloed. Wat is „natuurlik" en wat is kunsmatig afgedwing? Daaroor kan nie maklik besluit word nie. Al wat ons kan vra, is dat elke mens 'n groter bewustheid moet openbaar ten opsigte van sy eie volk se kultuur, want in daardie bewustheid lê die weg tot kulturele selfstandigheid. Om te praat van kulturele selfstandigheid is maklik genoeg, maar die vraag is hoe om dit te bewerkstellig. By die groot volk, wat kragtig in die bewustbeid van 'n groot verlede lewe, kom dit vanself, is die ontwikkeling rustig en organies. By die klein volkie word die natuurlike ontwikkeling belemmer en daarom ontstaan daar 'n reaksie in twee rigtings: aan die een kant moet daar bandbawend opgetree word om die eie te beskerm en aan te moedig, en aan die ander kant moet daar gekeer word dat hierdie agressiewe afweerpogings nie ongesonde neigings in die volkslewe self veroorsaak nie. Ons weet maar te goed dat oorywerige volksliefde maklik ontaard in 'n sieklike dweepsug, wat nie vry te pleit is van selfsugtige bybedoelings nie. Ook die voorwerp van n mens se liefde kan jy maklik dood druk teen jou boesem en daaraan 'n onbenydenswaardige stempel gee deur jou verkeerdgerigte toewyding. Dit is inderdaad baie swaai vir 'n jong volk om met vaste vertroue die weg van die ewewigtigbeid te betree. Die volk gryp alles aan om n doel te bereik, met die gevolg dat onderlinge wantroue dikwels begin as 'n mikpunt nie bereik word nie, dat mens ten slotte, uit 'n verwronge wraaksug, liewer aan 'n vreemde iets sal gun as aan jou eie mense. So bet hierdie "afweerneiging" ook sy skaduwee-sy, maar dit moet ons nog nie afskrik om met duidelike begrip van ons plig en ons opgelegde taak voort te gaan nie. Sodra die eie kultuur eers 'n vaste koers kry, as geleerdes, staatsmanne en kunstenaars voel dat dit die moeite werd is om te beweeg in die gesonde nasionale atmosfeer wat geskep is, dan sal die ongunstige uitgroeisels ook geleidelik verdwyn. [...]

Dit is 'n utitreksel uit die Kwarteeu-serie Die stryd om ewewig, deur C. M. van den Heever.

Titel: Die stryd om ewewig
Ondertitel: Opstelle oor ons strewe na kulturelle selfstandigheid
Skrywer: C. M. van den Heever
Genre: Afrikanerkultuur
Kwarteeu-serie, No 4
Uitgewer: Nasionale Pers Beperk
Kaapstad, Bloemfontein, Port Elizabeth, Suid-Afrika 1941
Oorspronklike hardeband, 14 x 19 cm, 149 bladsye

van den Heever, C. M. im Namibiana-Buchangebot

Die stryd om ewewig

Die stryd om ewewig

Die stryd om ewewig bevat opstelle oor die dan strewe van die Afrikaner na kulturelle selfstandigheid in Suid-Afrika.

Versamelde Werke van C. M. van den Heever

Versamelde Werke van C. M. van den Heever

Die Versamelde Werke van C. M. van den Heever bevat die dele 1 tot 8 asook die gedenkboek ter ere van een van die belangrikste skrywer en digter von Suid-Afrika.

Laat vrugte

Laat vrugte

Die Suid-Afrika roman Laat Vrugte word beskou as C. M. van den Heever se rypste werk.

Somer

Somer

Somer is C. M. van den Heever se bekendste werk en 'n novelle wat meer herdrukke belewe het as enige ander werk van hierdie aard en omvang in Afrikaans.

Mooi Loop: Bantoe Keurverhale

Mooi Loop: Bantoe Keurverhale

Mooi Loop is 'n rare en versoenende bundel van "Bantoe" keurverhale uit 1955.

Das Leben schreitet weiter: Ein südafrikanischer Bauernroman

Das Leben schreitet weiter: Ein südafrikanischer Bauernroman

Ein wunderschöner südafrikanischer Roman über das Land, die Bauern, junge Leute und Liebe in den 1930er Jahren ist 'Das Leben schreitet weiter'.

Afrikaanse Lyrik: Afrikaans-Deutsch

Afrikaanse Lyrik: Afrikaans-Deutsch

Afrikaanse Lyrik enthält 78 Gedichte aus verschiedenen zeitlichen Epochen, die sowohl in ihrer ursprünglichen Sprache Afrikaans als auch in Deutsch übersetzt abgedruckt sind.