Deur storm en stryd, lewe en tyd van 'n groot Hervormer, van Louwrens Penning

Deur storm en stryd, lewe en tyd van 'n groot Hervormer, van Louwrens Penning.

Deur storm en stryd, lewe en tyd van 'n groot Hervormer, van Louwrens Penning.

Deur storm en stryd, Louwrens Penning beskryv die lewe en tyd van 'n die groot hervormer Johannes Calvyn.

Louwrens Penning  

Die Donker Nag

Gelukkig het ons die bedompige huise en die kronkelende strate van die stad Parys agter ons. En daar gunter - buite-kant die poorte - verhef die abdy, Saint-Germain des Prês, waar die vriendelike ab Willem Brigonnet sy septer swaai, hom statig en indrukwekkend tussen die bome. As 'n vesting is die abdy deur diep gragte omring om nie deur 'n onverhoedse aanval oorrompel te word nie; en 'n lieflike rusoord bied dit vir die mens wat vermoeid van die gewoel en bedrywighede van die groot stad is, om hier sy dae in vrede af te sluit. Daar sit 'n eensame man in die groot saal met sy kosbare biblioteek. Die vriendskap van Brigonnet het hom hierheen gebring. En op die perkament wat daar voor hom op die skryftafel lê, skryf hy: „Anno 1509". Want dit is die jaar 1509. Sy hand beef van ouderdom terwyl hy daardie jaartal neerskryf. Ja, daardie eensame man is oud; diep groewe gaan daar oor daardie gelaat; sy hare is gebleik deur die vier-en-sewentig jaar wat daaroor heen gegaan het. Hy rys orent, stram van die sit, en staar deur die in lood gevatte ruite na die kruietuin waar die geneesmiddels groei wat deur geneeskundige kloosterlinge vir die sieke, lydende mensdom bestemd is. Nou sien u dat daardie man klein van gestalte is; hy reik nog nie tot aan die skouer van sy koning wat Lodewyk XII heet nie. Nogtans is hy 'n koning - o, moenie hom daardie titel ontsê nie! As 'n koning regeer hy in die gebied van die geeste, net soos Lodewyk XII regeer in die gebied van die Franse ryk. Daardie gelaat trek ons aan; by die eerste oogopslag voel ons simpatie vir hierdie man, uit daardie oë spreek daar verstand, versoening en liefde. Spreek, edele grysaard! Waaraan dink u nou? Hy antwoord nie; ál dieper in gedagte staan daardie gelaat; miskien gaan die herinneringe van 'n lang lewe aan sy geestesoog verby.

Hy was agtien jaar toe die Europese Christendom verbleik het van skrik by die tyding dat Konstantinopel onder die woedende aanvalle van die krom Turkesabel beswyk het, en hy was nog nie vier-en-veertig toe die Sultan Moldawië aan die Poolse ryk ontruk het nie. Die droewige einde van Karel die Stoute wat, naak uit-geskud, vasgekleef en vasgevries aan die ys, by Nancy gevind is, is aan hom nie onbekend nie; Laurens Janszoon Koster en Johannes Gutenberg, die manne van die boek-drukkuns, was sy tydgenote, en sy lewenson het reeds na die we-sterkim toe geneig toe Columbus 'n nuwe wêreld ontdek het. 'n Nuwe wêreld - seun van Rome, bedek u gelaat! - want die leër van Franciskaner- en Dominikanermonnike wat na Amerika voortgetrek het om die heidene te bekeer, het daardie heidene by die duisende vermoor en die oorblywendes tienmaal erger gemaak as wat hul ooit te vore gewees het. Hoor! daar styg 'n ander kreet hemelwaarts: van 'n held en martelaar wat aan die wurgpaal vasgebind is.

Dit is Savonarola, wat die skavot verkies het bo die kardinaalshoed wat hom deur 'n pouslike hand aangebied is en wie se enigste misdaad was dat hy 'n arm sondaar en 'n ryk Christus gepreek het. Die pouse! Is dit u onbekend, o seun van Rome, dat Europa eenmaal die ongehoorde skouspel gesien het van twee, drie pouse wat gelyktydig aanspraak gemaak het op die stoel van Petrus en mekaar selfs die banvloek toegewerp het? Dat Innocentius VIII homself berug gemaak het deur die invoer van die hekseprosesse in Duitsland en deur sy vaderskap van sestien onwettige kinders? En Alexander VI, wat ses jaar gelede oorlede is - het hy iets anders gedoen as om die belange van die kerk, wat u op die hart gebind is, te verwaarloos ten eie bate? Was sy seun nie 'n Kaïn, 'n broeder-moorder nie? En het die volk hierdie pous Alexander VI nie skuldig gehou aan die pleeg van bloedskande met sy eie dogter nie? [...]

Dit is 'n uittreksel uit die boek: Deur storm en stryd, lewe en tyd van 'n groot Hervormer, deur Louwrens Penning.

Titel: Deur storm en stryd, lewe en tyd van 'n groot Hervormer
Skryver: Louwrens Penning
Vertaling: S. L. Stassen
Uitgewer: N.G. Kerkuitgewers van Suid-Afrika
Kaapstad, Pretoria, geen datum (~1950)
Oorspronklike hardeband, 13x18 cm, 281 bladsye

Penning, Louwrens. und Stassen, S. L. im Namibiana-Buchangebot

Deur storm en stryd, lewe en tyd van 'n groot Hervormer

Deur storm en stryd, lewe en tyd van 'n groot Hervormer

Deur storm en stryd, beskryv die lewe en tyd van 'n die groot hervormer Johannes Calvyn.