Dans met armmansdogter. Roman, deur Pamela Jooste

Dans met armmansdogter. Roman, deur Pamela Jooste. Uitgewer: Umuzi / Random House Struik. Kaapstad, Suid Afrika 2000. ISBN 9781415200575 / ISBN 978-1-4152-0057-5

Dans met armmansdogter. Roman, deur Pamela Jooste. Uitgewer: Umuzi / Random House Struik. Kaapstad, Suid Afrika 2000. ISBN 9781415200575 / ISBN 978-1-4152-0057-5

Pamela Jooste se veelbekroonde debuut-roman Dans met armmansdogter is een van daardie boeke wat mens in jou spore stuit, jou laat huil en jou laat lag.

Pamela Jooste  

"Liewe Carole-Amelia, as jy oor ons uitvra, sal die bure heel eerste iets te sê hê oor die karre wat voor ons huis staan. Elke aand 'n ander een." Dis wat Carole-Amelia skryf. Sy is my beste maat. Ons woon in dieselfde stad, maar ons het mekaar nog nooit ontmoet nie. Hoewel dit nie maklik gaan wees nie, het ons al stilletjies planne gemaak in hierdie rigting. Net, ons gaan dit vir niemand vertel nie. Carole-Amelia woon saam met haar ma en pa in Jn huis met 'n tuin in Rosedale Garden Village. Hulle bure dink daar's iets snaaks aan die gang. Hulle dink haar ma kry 'Vreemde" besoekers. Die bediende sê die bure skinder die hele tyd agter hulle rug. Hulle winkbroue lig wanneer hulle die karre sien, en hulle dink Carole-Amelia se pa is in die crime business. Hulle verwag dat die polisie enige dag kan kom om hom weg te vat, maar hulle is verkeerd. So as die polisie wel kom, sal hulle net hulle tyd mors. Dis wat sy sê, en dan is dit my beurt. Ek sê vir haar my naam is Lily Daniels. Ek bly by no. 48 in Con-stitution-straat. Dis in die Valley en hier woon nie eintlik meer wit mense nie, so miskien het sy nog nooit van dit gehoor nie. Ek sal nie weet nie. Wat ek wel weet, is dat nie een van ons oud genoeg is om so danig al iets te gedoen het nie, so ek dink nie sy sal omgee as ek vra wat sy presies weet en wat sy nie weet nie. Ek het ook nog nooit van Rosedale Village gehoor nie. Ek vertel haar ek is in die huis in Constitution-straat gebore, en omdat ek nog al die jare hier woon, kan sy vir haarself uitwerk dat ek nog nie juis die wêreld gesien het nie, en daar's seker 'n hele klomp goed waarvan ek nog niks weet nie.

Onse hele huis is vol vroumense: my ouma, my antie Stella en ek. Dis wat ek skryf en dan dink ek eers weer 'n bietjie voor ek die volgende stukkie skryf oor ons familie se mans, wat maar taamlik nikswerd is. Miskien moet mens dit nie van jou eie familie sê nie, maar in ons geval is dit nou eenmaal waar en niemand hier rond sal kan sê ek lieg nie. "Dit sluit antie Stella se man in, uncle Maxie wat dood is. Hy was 'n gangster, maar nooit bloedfamilie van ons nie, so jy hoef nie te worry op daai punt nie." Gangsters is nie almal se cup of tea nie en ek wil nie hê Carole-Amelia moet die verkeerde idee van ons kry nie. "Ons het Maxie deur 'n trou-mistyk bygekry en hy is dood met n mes in sy ribbes. Good riddance, het ons gesê toe dit gebeur het, want hy was 'n nikswerd en hy't my antie se hart gebreek."

Die ander mans in ons familie is nie so sleg soos Maxie nie, maar dis g'n geheim dat hulle die kruis is wat ons moet dra nie, sê my ouma. Ons het dit lankal aanvaar. My ouma sê dis hoe die lewe is. Jy kan jou vriende kies, maar jy kan nie jou familie kies nie en dit help nie om oor dit te kla nie. Die lewe sal sy eie mind opmaak oor wat na ons kant toe kom. En wat dit ook al is, ons moet onse deel aanvaar sonder klagte en met 'n goeie hart, sê my ouma. So ons leef onse eie lewe, en wat die mans aangaan, het ons ons eie stories om te vertel. My oom Gus-Seep byvoorbeeld. Hy bly nie by ons nie, maar party-keers soggens as ons opstaan, kry ons hom uit soos 'n kers op die vloer in ons voorkamer. Dis omdat hy homesick word as hy bietjie diep in die bottel gekyk het. Maak nie saak waar hy dan is nie. Dit gebeur soms al is hy net om die hoek en so te sê op ons drumpel. [...]

Dit is 'n uittreksel uit die boek: Dans met armmansdogter, deur Pamela Jooste.

Titel: Dans met armmansdogter
Skryver: Pamela Jooste
Uitgewer: Umuzi / Random House Struik
Kaapstad, Suid Afrika 2000
ISBN 9781415200575 / ISBN 978-1-4152-0057-5
Sagteband, 15 x 22 cm, 350 bladsye

Jooste, Pamela im Namibiana-Buchangebot

Môrester

Môrester

Pamela Jooste, geliefde en veelbekroonde Suid-Afrikaanse skrywer, verskyn met Môrester vir die eerste keer in Afrikaans.

Dans met armmansdogter

Dans met armmansdogter

Die roman 'Dans met armmansdogter' is uitermate ontroerend en leesbaar.

Weitere Buchempfehlungen

Oulap se blou

Oulap se blou

Die stories, veertig kort vertellings, in Oulap se blou is reise: na plekke, na tye her, na mense, na binne.

I have life: Alison's journey

I have life: Alison's journey

The triumphant yet true story of a South African woman who refused to become a victim.

Praat verby grense: Uit die e-pos van Laurie Gaum en Frits Gaum

Praat verby grense: Uit die e-pos van Laurie Gaum en Frits Gaum

Praat verby grense: Uit die e-pos van Laurie Gaum en Frits Gaum is ’n ontroerende en inspirerende gesprek tussen twee begaafde mense wat hulle eie en mekaar se grense uitdaag en verskuif.