Bokveld Binnekort, deur Charlie Human

Bokveld Binnekort, deur Charlie Human. Umuzi / Random House Struik. Kapstad, Suid-Afrika 2013. ISBN 9781415203781 / ISBN 978-1-4152-0378-1

Bokveld Binnekort, deur Charlie Human. Umuzi / Random House Struik. Kapstad, Suid-Afrika 2013. ISBN 9781415203781 / ISBN 978-1-4152-0378-1

"Bokveld Binnekort" deur Charlie Human is ’n skreeusnaakse, opwindende en interessante boek wat deur meer lesers as wetenskapfiksiegeesdiftiges geniet sal word. Dit is fantasties in elke sin van die woord en is die begin van ’n belowende loopbaan vir hierdie jong skrywer. Die boek word gelyktydig in Suid-Afrika en in die Verenigde Koninkryk uitgegee.

Charlie Human  

"Daar is vrae wat by jou opduik wanneer jy uitvind jy is 'n reeksmoor-denaar. "Is ek boser as Ted Bundy?" is een. "Ek wonder of ek op Crime and Investigation Network gaan wees?" is nog ecn. Maar eintlik is dit die wie, wat, wanneer en hoekom wat jou kop se bandwydte verstop. So, hier is die storie: "My naam is Baxter Zevcenko. Ek is sestien jaar oud. Ek is in Hoérskool Westridge in Kaapstad en ek het geen vriende nie. Ek het mense doodgemaak. Baie mense. Gruwelik. Ek sal jou nie verveel met die besonderhede nie. As dit jou interesseer, gaan kyk op die internet. "Mense sê ek is 'n satanis, maar dis nie waar nie. Ek het dinge gesien. Ek het die groot Mantis, god van Afrika, gesien. Hy was in 'n stryd gewikkel teen 'n kreatuur uit die oerdieptes tydens 'n biljoen jaar lange oorlog. Uiteindelik het die Mantis dié kriewelende kreatuur uit die hemele in die diepste put gegooi." - "Baxter," onderbreek my psigiater, "ek dog ons het ooreengekom dat hierdic illusies teenproduktief is?" Ek haal diep asem en forseer die beelde uit my kop. "Niks maak saak nie. Daar is nie 'n mantis nie en daar is geen donker oerkreatuur nie. Daar is nie 'n wapen-chemikus, 'n kopjagter of 'n meisie om te red nie. Dis net ek en ek is siek. Uiteindelik is ons almal net slagoffers van ons eie persepsies, jy weet. Ek hoop jy kan dit vcrstaan." - "Mooi," sê my psigiater en skakel die videokamera af. "Jy maak vordering."

Reënjasse en Onderduimsheit

"Charlie, Delta Niner, dis 'n groot ten-four," grom Rafe in sy cb-radio. Daar is tien minute voordat ek skool toe moet begin loop. My ouers dwing my om skool toe te loop selfs al reën dit. Dit reën. Die cb kug, kwetter en kreun soos die klankbaan van 'n grilfliek oor 'n demonies besete rekenaar wat die mensdom as 'n lae vorm van intelligensie beskou en dit uit die weg wil ruim. Ek lê in ons Tv-kamer op die vuiloranje mat wat so oud is dat dit al twee keer retro was. My broer, Rafe, se cb-radio is strategies op die klein, ronde glastafel langs die tv geplaas. Strategies, want hy is Sun-Tzu as dit kom by irritasie. Die cb-radio se geskud op die glas skep 'n perfekte breindood-frekwensie. Ek stoot my lang kuif weg van my bril en staar na die agterkant van sy kop. "Sit dit sagter," sê ek. Hy draai sy deurmekaar rooihaar-, knopkop en staar na my met die alsiende oog. Ek voel hoe die woede soos 'n donker golf in my opbou. Die alsiende oog is 'n wapen wat van geslag tot geslag in ons familie oorgedra word. My oupa aan my pa se kant het dit. Ek vermoed dit is wat my ouma tot alkoholisme en 'n seksverslawing gedryf het. Dit was nou voordat sy handomkeer verander het, mv oupa geskei en by 'n rassistiese kommune in die Noord-Kaap gaan aansluit het. Dit en die feit dat my oupa dink daar is enorme, vormveranderende kraaie op sy spoor. Die oog het 'n generasie oorgeslaan en nou het die oudste seun, Rafe, dit. Met een kyk kan dit deur jou sien soos 'n x-straal en jou kwesbaarste dele, jou mees sensitiewe geheime, verklap. Rafe ignoreer my en slaan een van sy vervelige Suid-Afrikaanse geskiedenisboeke oop. Die mense wat rondhang op die laer vlak van die outisme-spektrum is glo obsessief oor dinge. [...]

Dit is 'n uittreksel uit die boek: Bokveld Binnekort, deur Charlie Human.

#Titel: Bokveld Binnekort
Skrywer: Charlie Human
Genre: Wetenskapfiksie
Uitgewer: Umuzi / Random House Struik
Kapstad, Suidafrika 2013
ISBN 9781415203781 / ISBN 978-1-4152-0378-1
Sagteband, 15 x 22 cm, 176 bladsye

Human, Charlie im Namibiana-Buchangebot

Bokveld Binnekort

Bokveld Binnekort

"Bokveld Binnekort" is ’n wonderlike toevoeging tot die versameling knap spekulatiewe fiksie wat die afgelope ruk deur Suid-Afrikaanse skrywers gelewer is.

Kill Baxter

Kill Baxter

Kill Baxter is a mystical tale following Charlie Human's novel Apocalypse Now Now from 2013.

Apocalypse Now Now

Apocalypse Now Now

The urban fantasy Apocalypse Now Now is a journey down the rabbit hole into a side of South Africa that you wouldn’t know existed.