Versamelde Boesmanstories 1

G. R. von Wielligh (1859–1932) het Boesmanstories versamel om kampvure in die Karooveld, dit opgeteken en in vier dele gepubliseer.
23805_
9781869192884
No longer available
new
€14.90 *

Outeur: G.R. von Wielligh
Uitgewer: Protea Boekhuis
Pretoria, 2009
ISBN: 781869192884
Sagteband, 14x21 cm, 215 bladsye, Illustrasies, Afrikaans


Beskrywing:

G.R. von Wielligh (1859–1932) het Boesmanstories versamel om kampvure in die Karooveld, dit opgeteken en in vier dele gepubliseer. In hierdie publikasie word Boesmanstories Deel I: Mitologie en legendes, en Boesmanstories Deel II: Dierestories en ander verhale, in een deel ná 90 jaar in eietydse Afrikaans heruitgegee.

Boesmanstories is ’n ryk oes kosbare verhale, “byna letterlik gered uit die mond van die vertellers deur Von Wielligh” (Hennie Aucamp).

Daar word vertel hoe reën deur die reënbees gemaak word, hoe groot Waterslang met die blink steen op sy kop vir fonteinwater sorg en hoe die dood deur ’n haas in die wêreld gekom het. Stories oor Leeu, Wolf en Jakkals is volop en Hottentotsgot verander hom natuurlik in vele gedaantes.