Somer

Somer is C. M. van den Heever se bekendste werk en 'n novelle wat meer herdrukke belewe het as enige ander werk van hierdie aard en omvang in Afrikaans.
07-0322
No longer available
used
€24.80 *

Titel: Somer
Skrywer: C. M. van den Heever
Genre: Roman
Uitgewer: J. L. van Schaik Bpk.
27. druk. Pretoria, Suid-Afrika 1963
Oorspronklike hardeband en stofomslag, 14 x 21 cm, 206 bladsye

Toestand:

Stomomslag toon effense rakverweer. Intern skoon en goed gebind.

Beskrywing:

Hierdie roman "Somer", wat ook in ander tale vertaal is, is 'n idille waarin die koms en verdwyning van die somer, in die ewige sirkelgang van die seisoene, uitgebeeld word. Ons kry die somer in al sy verskillende fases: die rypwording van die koring, die styging van die son se hitte in die hoogsomer wanneer die vrugte van die land ryp word en swaar arbeid van die boere geverg word. Die mens, as worstelaar om te bly bestaan te midde van die natuur se grille en onsekerhede, verskyn as 'n stippeltjie wat teen die velde se oneindigheid afgetekén staan, klein, nietig en verganklik, maar met die wil om te lewe in hom, moedig en goed, ten spyte van teëslae en beproewings. Die oeste word íngesamel en net die kaal stoppellande bly oor om te wag vir 'n nuwe somer, die kringloop van die natuur gaan voort in die tye. Saam met die verhaal van hierdie natuurgroei en verbygaande weelde van die somer is die lotgevalle van inense verweef, wat 'n oomblik gryp na geluk en dan weemoedig moet erken dat die lewe se diepste sin in afskeid lê. Seisoene en mense kom en gaan, die seisoene groots en onwetend, die mens bewus van die verganklikheid en van die beperktheid van sy of haar lewe in die magtige wenteling.