Melk

Melk is aktualiteitsprosa van die hoogste rang en Elsa Joubert se eerste kortverhaalbundel.
Joubert, Elsa
07-0256
0-624-01495-9
No longer available
used
€17.00 *

Titel: Melk
Skrywer: Elsa Joubert
Uitgwer: Tafelberg
1de uitgawe. Kaapstad, Suid-Afrika
ISBN 0624014959 / ISBN 0-624-01495-9
Oorspronklike Hardeband, sofomslag verlijmd, 14x21 cm, 105 bladsye

Toestand:

Goed. Lae tekens van gebruik. Die stofomslag is op die hardeband gelijmt.

Beskywing:

Elsa Joubert se eerste kortverhaalbundel: indrukke versamel tydens baie Afrika-reise, wat oor byna ’n dekade heen gebroei het tot hierdie onthullende en onthutsende weergawes. In dié tien verhale, elkeen onvergeetlik en uniek, word Afrika vir ons soos brood gebreek. Hier is dit uitgesê soos nog selde – die geweld en die skoonheid van Afrika soos ons hom nóú leer ken. Melk is aktualiteitsprosa van die hoogste rang. Dit dwing elke leser om sy staanplek en veronderstellings in verband met ons kontinent te herondersoek, en altyd in die innigste menslike terme. Dit behoort tot die letterkundige werke van ons tyd waarvan ’n mens met volle vertroue kan sê dat dit ver verby dié tyd sal bly leef.

Inhoud: Melk

Melk
Bloed
Die bouer
Die sendeling se dood
Kaap
Agterplaas
Eli
Eetmaal
Kafee
"Beyondness" in parke