Kapabel

Ná sy romantiese wetenskapfiksieverhaal, Die verste uur, het Steve Hofmeyr met Kapabel sy hand aan ‘n spanningsverhaal gewaag.
Hofmeyr, Steve
26081
978-1-77022-418-6
In stock
new
€16.80 *

Titel: Kapabel
Skrywer: Steve Hofmeyr
Genre: Fiksie
Uitgewer: Random House Struik Zebra Press
Kaapstad, Suid Afrika 2012
ISBN 9781770224186 / ISBN 978-1-77022-418-6
Hardeband, 15 x 22 cm, 160 bladsye

Beskrywing:

Goed. Om 'n lang storie kort te maak. Ek staan hier met my hakke teen die voetenent van haar graf en die kort loop teen my voorkop. My duim is op die sneller. My wysvinger op die hamer. My hand ruk onder die gewig. Maar ek hou hom lynreg gerig. Solank Moses sy hand opgehou het, was Israel die sterkste en wanneer hy sy hand laat sak het, die Amalekiete. Is dit U sagte hand hier onder my elmboog vandag? Want dit help net mooi niks. Die dêm ding raak swaar. Hoe lank staan ek al hier? Hoeveel vrae gevra? Hoeveel antwoorde gekry? Niks. Time-fokken-out. Tyd het nog nooit so min beteken, na so min geruik of so sag geklink nie. Tyd was nog nooit so ontydig nie. Dalk proe tyd na die binnekant van jou mond, na die laaste ding wat daar deur is. Soos 'n vloekwoord. 'n Sug. Of 'n naam. Ek rol my tong een keer deur. Nog 'n sintuig klok uit. As ek haar naam net mag proe. Maar dis nie meer daar nie. Daar is niemand wat sal kom as ek haar naam roep nie. En dis my skuld. En ek kan net nie daardie kruis alleen dra nie. Ek is nie Job nie, Ma. Ek kan nie toekyk terwyl die gode deals maak onder my neus nie. Die lyn wat Goed en Kwaad skei loop eintlik dwarsdeur elke mens. Deur my ook, sê jy. Maar links hou op 'n tiekie is sommer baie inspanning vir 'n ou sonder 'n plan B. Ek wil nie meer nie. Beproewinge bevry my nie soos vir Job nie. Dit beleër my. [...]