Jack Parow: Die ou met die snor by die bar

In Die ou met die snor by die bar vertel die superster-rapper Jack Parow van sy lewe en al sy wilde, mal avonture in Suid-Afrika.
Parow, Jack; Engelbrecht, Theunis
26229
978-1-77022-902-0
In stock
new
€19.95 *

Titel: Jack Parow
Subtitel: Die ou met die snor by die bar
Skryver: Jack Parow, Theunis Engelbrecht
Uitgewer: Penguin Random House South Africa
Kaapstad, Suid-Afrika 2015
ISBN 9781770229020 / ISBN 978-1-77022-902-0
Sagteband, 15 x 23 cm, 264 bladsye, baie fotos

Beskrywing:

Awê, ma se kinners! Dis nie omdat ek dink die son skyn uit my gat dat ek my life story in hierdie boek, Jack Parow: Die ou met die snor by die bar, vertel nie. Ek meen fok, ek is nog maar net 33 jaar oud, give me a break. Mense kan my partykeer maar lekker mal maak. Oral waar ek kom, vra hulle my altyd n klomp vrae, oor en oor. Soos: Was jy 'n stoutgat toe jy klein was? Hoe is die lewe in Parow? Wat is die geheim van jou snor dat dit so aantreklik lyk vir girls? Hoe hanteer 'n popster 'n klomp wilde groupies wat dink hulle hero is the next fokken level? Is dit waar dat jy al fucked geraak het op vodka in Rusland? Hoe braai jy jou vleis? Watse brandewyn is die beste? Maak boom rook jou dom?

Is dit waar dat jou bodyguard, Tank, 'n Blou Bul was en dat almal skytbang is vir hom? Wat is die Pienk Huis? Hoekom is jou pet so lank? (En is dit waar wat hulle sê van 'n man met 'n lang pet?) Twee vrae wat veral girls my gereeld vra, is: Wat is die resep vir jou braaisous en is dit regtig 'n aphrodisiac soos wat die mense sê? En: Is jou piel regtig so groot soos 'n koevoet soos wat jy rap in "Hard partytjie hou"? En een wat veral dronkerige ou ballies my graag vra: Hoe de hel het jy dit reggekry dat 'n international supermodel jou girlfriend geword het? Dit hou nie daar op nie. Van my overseas fans wil ook die heeltyd hê ek moet vir hulle Afrikaans leer en wil weet wat zef beteken. Dit is darem 'n maklike een, want ek sê dan net vir hulle hulle moet dit google.

Daar is ook baie mense wat kla dat hulle nie my lyrics kan lees nie omdat dit nie in my CD-boekies is nie en net 'n paar daarvan op die interwebs is. So, toe die publishers my bel en vra of ek nie lus is vir 'n Jack Parow-boek nie, toe scheme ek ja, waarom nie, want nou kan ek al hierdie vlieë met een klap doodslaan sodat julle my nie weer hierdie goed hoef te vra nie. En on top of that kan ek in so 'n boek my bek uitspoel, sonder seep, oor net wat ek wil sonder dat enigiemand kan terugpraat en my kak hap. Wat meer kan 'n mens vra! Jack Parow: Die ou met die snor by die bar is geskryf in die taal wat ek en my tjommies praat en wat mense op straat praat, want dis ons reality. Noem dit maar Straatafrikaans as julle wil. So, hogere Afrikaanse mense moenie hierdie boek lees nie, want dit sal hulle hartaanvalle gee as hulle te veel Engelse woorde in print sien.

As ek wat hulle noem algemeen-beskaafde suiwer Standaardafrikaans moet praat, sal ek klink soos 'n tannie wat heeldag sit en doilies hekel en covers vir haar toilet seat brei. So, Jack Parow: Die ou met die snor by die bar is actually nie jou tipiese popster-boek wat gaan oor hoe wonderlik en special ek is nie, dis nie 'n boek met 'n titel soos Mense vind my awesome of sulke shit nie. Ek sal vir julle 'n bietjie tune van my lewe en baie van my mal, wilde avonture, maar ek sal ook oor baie ander stuff praat. Soos onder meer die ou Afrikaans en die nuwe Afrikaans, die ou way of thinking en die nuwe way. Ook oor die lewe in Suid-Afrika vandag en oor hoe almal net moet uitchill en relax en hulle kak laat staan en 'n goeie tyd hê. Dis nie so moeilik nie. Hos, ja! Jack Parow