Eend, Dood en Tulp

Eend, Dood en Tulp: dat kinders vroeër of later prontuit vrae oor die dood sal vra, is iets waarvan elke ouer deeglik bewus is.
Erlbruch, Wolf
26904_
9781869193188
No longer available
new
€12.80 *

Boektitel: Eend, Dood en Tulp
Outeur: Wolf Erlbruch
Uitgewer: Protea Boekhuis
Pretoria, 2009
ISBN: 9781869193188
Sagteband, 24x31 cm, 32 bladsye, Illustrasies, Afrikaans

 

Beskrywing:

Dat kinders vroeër of later prontuit vrae oor die dood sal vra, is iets waarvan elke ouer deeglik bewus is. Nietemin is die antwoorde selde prontuit of sonder eufemistiese kinkels wanneer dié vrae wel ter tafel kom. “Kindervriendelike” boeke oor die dood bestaan wel – maar die natuurlikheid en openlikheid waarmee hierdie onlosmaaklike aspek van die mens se bestaan in Eend, Dood en Tulp hanteer word, is binne die Afrikaanse lesersraamwerk geheel en al vernuwend.

Dood, so leer die leser, was nog maar altyd Eend se onsigbare kameraad. Dis bloot dat Eend hom nog nooit van tevore raakgesien het nie. Wanneer die twee mekaar op ’n dag wel leer ken, is daar skielik nie sprake van die vrees of die afstand wat Eend vermoed het nie – en moet ’n mens saam met Dood kopskud en erken dat die lewe nou maar eenmaal sy eie gang gaan.