Die Geskiedenis van Boerekos

Die Geskiedenis van Boerekos handel oor die die koskultuur van die Europeërs in Suid-Afrika.
23028_
9781869191061
No longer available
new
€29.95 *

Titel: Die Geskiedenis van Boerekos

Skrywer: H. W. Claassens
Uitgewer: Protea Boekhuis
Pretoria, 2006
ISBN-10 1-86919-106-4
ISBN-13 9781869191061
Hardeband, 15x23 cm, 513 bladsye, sommige illustrasies, 1 Faltkarte


Beskrywing:

Hierdie boek handel oor die geskiedenis van die koskultuur van die Europeërs wat hulle in die sewentiende en agtiende eeu aan die Kaap gevestig het en deel van hulle nasate, die Afrikaners, gebly het. Tydens die genoemde tydperk is reeds begin om daarna as Boerekos te verwys.

Die historiese agtergrond handel oor invloede op die sewentiende-eeuse Hollandse kookkultuur wat aanleiding gegee het tot die noodsaak van ’n verversingstasie aan die Kaap, die vestiging van die Hollandse kultuur aan die Kaap, en die gemeenskap wat in die vestigingsperiode ontstaan het.

Die tweede tema oor wat dié koskultuur behels het wat die Europeërs in die sewentiende eeu na die Kaap gebring het, word toegelig. Die derde tema wat gaan oor die invloed van Oosterlinge op die kookkultuur aan die Kaap, word ook bespreek. In die slot word gewys op bevindings wat die studie opgelewer het en ’n vlugtige blik word gegee op die verdere verloop van die koskultuur gedurende die Britse bewind, die Groot Trek, die Anglo-Boereoorlog, die tydperk van verstedeliking, die hoogtepunt van Afrikaner-nasionalisme, en die huidige tydsgewrig.