Boas Mei is verward

Die aangrypende roman Boas Mei is verward ondersoek geweld en skuld en hoe naby leuens soms aan die waarheid loop.
Horn, Tinus
26227
978-1-4152-0768-0
In stock
new
€19.95 *

Titel: Boas Mei is verward
Skryver: Tinus Horn
Genre: Roman
Uitgewer: Penguin Random House South Africa (Umuzi)
Kaapstad, Suid-Afrika 2015
ISBN 9781415207680 / ISBN 978-1-4152-0768-0
Sagteband, 15 x 23 cm, 184 bladsye

Beskrywing:

Boas Mei is verward, en dis amptelik. 'n Verpleegstertjie het so pas 'n etiket om sy linkerpols kom sit en daarop staan dit duidelik in 'n ronde, kinderlike handskrif geskrywe: "Confused". Hy sit regop tussen spierwit lakens en voor hom sien hy 'n helder prentjie van die heelal wat op sy fondamente skommel en skud; van 'n profeet uit die Ou Testament - seker maar Jeremia - wat oor hom troon en met 'n bulderende stem beveel: Gaan op jou knieë en bid! Het die profeet die Tien Gebooie voor Boas se neus geswaai terwyl hy sy boodskap oordra? Seker nie. Maar dis hoe Boas dit onthou en hy onthou dit soos gister, al het dit eergister gebeur. Eintlik was dit g'n profeet nie. Dit was Talia se pa. Diep in sy hart weet Boas dit, maar hy doen moeilik afstand van die groter drama wat hy hom verbeel, kompleet met die reuk van rook en swael en die aarde wat voor hom oopskeur sodat hy 'n magdom verdoemde siele beter kan bekyk. Het dié boodskap, dié visioen, hom tot inkeer gebring? Is dit hoekom hy hom tot 'n Hoër Hand, dié van 'n dokter, wend? Nee, wat, nee. Dit was iets groots, ja, maar hy het dit van 'n afstand aanskou, asof dit op iemand anders gemik was. Sy woede was allermins getemper. En nog minder sy drang om leed te versprei. Eers die volgende oggend - gister - sou alles in 'n oogwink verander, toe hy wakker word en besef hy is alleen. Boas is bly hy kry uiteindelik 'n kans om hierdie aaklige dag in oënskou te neem, hier waar hy hom tussen vars lakens bevind, naby weldoeners met koorspenne, stetoskope en bakkies met jellie en vla.