Abdoltjie: ses verhaaltjies oor 'n Maleiertjie van die ou Kaap

Ses moie verhaaltjies vir kinders oor klein Abdoltjie, 'n Maleiertjie van die ou Kaap van Suid-Afrika.
Bouwer, Alba
07-0334
In stock
used
€19.95 *

Titel: Abdoltjie
Ondertitel: Ses verhaaltjies oor 'n Maleiertjie van die ou Kaap
Skrywer: Alba Bouwer
Illustrasies: Katrine Harries
Uitgewer: Nasionale boekhandel
Eerste uitgawe, negende druk. Kaapstad, Johannesburg, Bloemfontein, Port Elizabeth in Suid-Afrika 1968
Oorspronklike hardeband en stofjas, 14 x 22 cm, 152 bladsye, sommige tekeninge

Toestand:

Eks biblioteekboek, gewone plakkers en stempelmerke, verder in goeie toestand.

Beskrywing:

Antje Krog skryf oor die boek 'Abdoltjie. Ses verhaaltjies oor 'n Maleiertjie van die ou Kaap': Toe die Afrikaanse letterkunde nog jonk was, het die Moslemkultuur baie sterker gefigureer as vandag. In Die Slamaierwinkel van C. Louis Leipoldt kyk hy met verlange terug na die rykdom van geure, kleure en aksente wat hy as kind in die winkel ervaar het. Die slotreël van die gedig "En daar's niemand wat my nou groenvye gee'' beklemtoon die groter verlies van mededeelsaamheid wat die digter ervaar. I. D. du Plessis het woorde soos bismillah, motjie, oenang en so meer deel van die Afrikaanse poësie gemaak: Die Kaap is weer dooddollie, die bloudam vol blinklywe, Vanaand eet ons in Roosstraat Snoekentjies en ywe. Maar dit is deur die oë van Abdoltjie wat baie Afrikaanssprekende kinders die Bo-Kaapse Moslemwêreld ontdek het. Vir 1958 begin Alba Bouwer haar verhaal nogal sonder omhaal: Bo in Strandstraat staan 'n huisie: In dié klein bruin huisie woon 'n klein bruin seuntjie, en sy naam is Abdoltjie. Op sy kop dra Abdoltjie 'n regop rooi doppie wat soos 'n waterbeker lyk en wat hy sy kofiatjie noem. Vir sy pa sê Abdoltjie booia en vir sy ma sê Abdoltjie oemi, want kyk, Abdoltjie is 'n Maleise kind en Abdoltjie se stories is Maleise stories.

Inhoud: Abdoltjie. Ses verhaaltjies oor 'n Maleiertjie van die ou Kaap

Abdoltjie Soek die Wit Bok
Die Prentjiespaleis
Die See-oupa
Die Wolke-doekoen
Die Danepitpes
Die Vuurvliegies en die Maanblom

Recommendations for Abdoltjie: ses verhaaltjies oor 'n Maleiertjie van die ou Kaap