Woudfontein: 'n Spanningsroman

Woudfontein is Hannes Haasbroek se debuut en vertel die verhaal van kaptein Roelf Bester wat in ’n onderonsie met ’n wiskunde-onnie betrokke raak.
26181
78-1-4152-0735-2
sofort lieferbar
neu
15,50 € *

Titel: Woudfontein
Subtitel: 'n Spanningsroman
Skryver: Hannes Haasbroek
Uitgewer: The Penguin Group (SA)
Kaapstad, Suid-Afrika 2011
ISBN 9781415207352 / ISBN 978-1-4152-0735-2
Sagteband, 13 x 21 cm, 208 bladsye

Beskrywing:

'Toe luitenant Roelf Bester die Wiskunde-onnie Tron Marais byna katswink slaan het hy geweet daar kom moeilikheid. Wat hy nie geweet het nie, is dat dié moeilikheid ’n verhoging en ’n verplasing sou insluit. Skielik is hy nou kaptein Bester, bevelvoerder van die piepklein polisiestasie op Woudfontein, naby Knysna. Hier moet hy en sy twee kollegas na vermiste luislange soek, spanning tussen die pater en pastoor ontlont en ou tannies wat groot rewolwers rondswaai paai. Totdat Tron Marais as moontlike psigopaat in die Pik Botha Sanatorium, net buite Woudfontein, opgeneem word. Tron is verbitterd en woedend oor die onreg wat Roelf hom aangedoen het. Hy is geslepe en hoogs intelligent. En hy is besig om sy wraakplan vir kaptein Roelf te verfyn.