Werfsonde

Werfsonde is ’n verwysing na verslawing aan swart prostitute, maar al is daar baie gemene delers, is Werfsonde ’n veel meer genuanseerde, menslike verhaal.
Kleinboer
26112
978-1-4152-0204-3
sofort lieferbar
neu
17,50 € *

Titel: Werfsonde
Genre: Fiksie
Skryver: Kleinboer
Uitgewer: Random House Struik - Umuzi
Kaapstad, Suid Afrika 2012
ISBN 9781415202043 / ISBN 978-1-4152-0204-3
Sagteband, 15 x 22 cm, 240 bladsye

Beskryving:

Die roman Werfsonde is oor die nuwe Johannesburg, met sy inwoners van regoor Afrika, waar 'n Afrikaanse man saam met sy Zoeloe-vrou Lungi en haar seun Jomo 'n lewe probeer uitkerf. Die verhaal begin met die gedagtes: My vrou Lungi bid soms ná sy in die bed geklim het. Sy sit met haar bene gekruis onder die komberse, haar oë toe. Sy buig haar kop vooroor, hou haar hande spits voor haar regop bolyf. Sy bid nie hardop nie. Dit duur slegs 'n halfminuut of so. Sy het 'n Zoeloe-inisiasiemerkie ('n kepie wat in haar vel gesny is toe sy 'n baba was) op haar voorkop en twee op elke wang, vertikaal, klein. Ook 'n ry kepies om elk van haar polse. Gisteraand, ná sy klaar gebid het, het sy gesê: "I like to pray under a tree when it's raining." In die 13 jaar wat ek haar ken, het ek haar nog nooit onder 'n boom gesien terwyl dit reën nie. "I'll remind you next time it rains," het ek gesê. [...]

Auszug aus diesem Buch: