Verwoerdburg

Verwoerdburg is die verhaal van ’n twintigjaar-reünie wat aan die hoofkarakter die geleentheid bied om ’n bestekopname van sy generasie te doen.
07-0004
978-1-4152-0400-9
sofort lieferbar
gebraucht
29,95 € *

Titel: Verwoerdburg
Skrywer: Johann Rossouw
Genre: Fiksie
Uitgewer: Random House Struik Umuzi
Kaapstad, Suid Afrika 2014
ISBN 9781415204009 / ISBN 978-1-4152-0400-9
Sagteband, 15 x 22 cm, 160 bladsye

Oor: Verwoerdburg

In haar treffende resensie Naòmi Morgan skryf: In die jaar 2014, 20 jaar na die 1994-verkiesing, met land- en stadskaarte wat lyk asof ’n nuwe geslag ontdekkersreisigers en dorpstigters dieselfde gebied nuut opgeteken het, kan ’n roman met die titel Verwoerdburg nie ongesiens verbygaan nie. Verwoerdburg is die verhaal van ’n twintigjaar-reünie wat aan die hoofkarakter, die skrywer Jakes, die geleentheid bied om ’n bestekopname van sy generasie te doen. [...] Tussen Jakes se skooldae en ’n reünie van die Hoërskool Eldoraigne verloop 20 jaar; gedurende hierdie tyd was die plaaslike ontwikkelaars ook nie ledig nie. Jakes het vir hom ’n nuwe lewe in die buiteland, in Monaco, geskep (soos bevestig deur ’n paar Franse woorde in die teks; Rossouw is ook die Afrikaanse vertaler van Pascal Quignard se Tous les matins du monde), maar kan nie wegkom van die herinnering aan Verwoerdburg nie. Dalk nóg belangriker: hy kan nie aan die skryf kom nie. Verwoerdburg is in die eerste plek ’n skrywerkarakter se persepsie van “hoe dit was”; dit is ’n roman oor dit wat ’n mens bedoel is om te skryf. In ’n era waar die soeke na identiteit as ’n sleuteltema in talle romans, films en dokumentêre gebruik word (die voorbeeld van die Algerynse pieds-noirs is voldoende), ondersoek Rossouw die invloed wat Verwoerdburg op ’n paar hoërskoolmaats gehad het. Verbasend baie van die klasmaats woon die reünie by: “Want hulle soek ’n huis en mense waar hulle behoort. Hulle het huis toe gekom, Jakes, al is dit net vir ’n middag en ’n aand.” [...]

Auszug aus diesem Buch: