Vereeniging: Die onvoltooide vrede

Vereeniging: Die onvoltooide vrede is 'n passievolle pleidooi teen rassisme en vir die regstaat, menseregte, die armes, en versoening.
Wessels, Leon
07-0031
978-1-41-520121-3
sofort lieferbar
gebraucht
39,95 € *

Titel: Vereeniging
Ondertitel: Die onvoltooide vrede
Skrywer: Leon Wessels
Uitgewer: Umuzi
Cape Town, 2010
ISBN 9781415201213 / ISBN 978-1-41-520121-3
Sagteband, 15 x 22 cm, 416 bladsye, enige s/w fotos, Afrikaans

Toestand:

Goeie tostand.

Oor: Vereeniging. Die onvoltooide vrede

Kommissaris Leon Wessels is 'n volslae storieverteller. Soos 'n tipiese Afrikaverhaal is Leon se stories altyd humoristies en ophelderend, met 'n les om te leer. Suid-Afrikaners is bevoorreg dat Leon Wessels sy insig in die Suid-Afrikaanse storie deel. Ek weet ook dat kommissaris Wessels oor 'n positiewe uitkyk beskik, dit wat gedragswetenskaplike ekonome en sielkundiges die 'happiness equation' noem. Hy weet dat die geheim van geluk doodeenvoudig is om jou tyd en aandag aan ervarings te bestee wat jou verryk en bevredig. Vir Leon is vriende, familie en 'n bekkigheid oor die Afrikanergeskiedenis dit wat hom geluk bring. Ek en kommissaris Wessels was vanaf geboorte bestem om apart te lewe, as tydgenote tydens ons universiteitsdae, studenteleiers in ons onderskeie daaglikse realiteite, en as gevolg van individuele politieke oortuigings wat ons tot konfrontasie moes lei, maar die noodlot het ons bymekaar gebring op die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie. Wat 'n bevredigende ervaring! Ek beveel hierdie boek aan vir alle Suid-Afrikaners, Afrikaanssprekend of nie. Dit straal 'n warmte en 'n eg Suid-Afrikaanse persoonlikheid uit. Leon Wessels moet geluk gewens word vir hierdie tydige ingryping.