Uit die dagboek van ’n wildbewaarder

Uit die dagboek van ’n wildbewaarder is oor die Etosha-wildtuin in die destydse Suidwes-Afrika.
Schoeman, P. J.
23513_
9781919825809
nicht mehr lieferbar
neu
12,50 € *
Outeur: Piet Schoeman
Uitgewer: Protea Boekhuis
Pretoria, 2007
ISBN: 9781919825809
Sagteband, 14x21 cm, 211 bladsye, Afrikaans

 

Beskrywing:

Hy kon nooit teruggehou word wanneer die oop ruimtes roep nie en toe Piet Schoeman aangestel word as hoofwildbewaarder van die Etosha-wildtuin in die destydse Suidwes-Afrika, was dit net die plek waar hy sy onbedwingbare avontuurlus kon uitleef.

Sy werk in die gelyk wêreld van gras en lae bossies, met orals troppies wild, laat aan hom baie tyd vir die rustige bestudering van wilde diere en die natuur. Hy besef dat die blote waarneming van wild meer vervullend is as om jag te maak op die diere.

In hierdie boek openbaar hy die stiller en dieper mens in hom, die een wat so dikwels alleen in die aand by sy kampvuur sit. Sy besef dat die mens in sy diepste wese eensaam is en bly, stel hom in staat om vir die eerste keer vrede met homself te maak.