Troos, vir die gebrokenes

Troos vir die gebrokenes gee 'n sondelinge binnekyk op 'n plattelandse bruin gemeenskap en die onvergeetlike karakters wat ten spyte van alles die lewe vol in die oë kyk.
troos-vir-die-gebrokenes
978-1-4152-0083-4
nicht mehr lieferbar
neu
17,50 € *

Titel: Troos, vir die gebrokenes
Skryver: Bettina Wyngaard
Typ: Roman
Imprint: Umuzi
Uitgewer: Randomhouse Struik
Kaapstad, Suid Afrika 2010
ISBN 9781415200834 / ISBN 978-1-4152-0083-4
Sagteband, 15x22 cm, 222 bladsye, Taal: Afrikaans

Beskrywing:

Die geslagte vroue se wel en wee is veweef in dié verhaal van hoop waar hoop soms wil beskaam. Dit is dié vroue, en 'n hele gemeenskap in die Overberg, se verhaal. Daar is Lilly, met die voorkindjie, en die pastoor wat sy oog op haar het. Sy probeer 'n skuiling vir die dakloses oprig, maar teen groot weerstand in. En haar ma, Frieda Daniels: 'n raakvatter, voorvrou by die appelfabriek, by die gebedsgroep en met liefdadigheid. Maar sy het blou kolle op haar, en gekraakte ribbes.

Frieda is 'n sterk vrou, maar hiervoor meet sy verskonings uitdink. Frieda se grootmaak-ma, Antie Miena, moet magteloos toekyk, maar net tot op 'n punt. Een nag tree sy op, sy wat Frieda se beskermengel is, sonder om die gevolge te ontsien. Troos vir die gebrokenes gee 'n sondelinge binnekyk op 'n plattelandse bruin gemeenskap en die onvergeetlike karakters wat ten spyte van alles die lewe vol in die oë kyk.